Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts
Cecile Cilliers

’n Swanevlerk bly vir die sibbe

2010-03-10 22:11

Geschwister, dié Geschwister, maan dr. Kellermann. Want, Cecile, dit is uiteraard altyd in die meervoud, synde ’n versamelnaam vir die kinders van een ouerpaar; broers en/of susters, dus.

Dit het ek in die Duitse klas geleer; later sou siblings bykom, uit die Engels. Maar die Afrikaanse woord het ek nooit geken nie, het die gebrek daarvan in my woordeskat aangevoel en betreur, totdat Boeta my eindelik daarop gewys het: sibbe, het hy verklaar.

Met as meervoud: sibbes. Hy doen baie Afrikaanse blokkiesraaisels, het dit só leer ken.

Want die woord is nie in algemene gebruik nie. Die Nasionale Woordeboek beskryf dit inderdaad as ongewoon. En dit vind ek jammer, want die woord hoort in die taal.

Soos die Engelse sibling, lees ek in die Concise Oxford Dictionary, kom dit uit Middel-Nederlands sib(be), vanuit Oud-Hoogduits sibbi, of sippi, en (nog vroeër) uit die Goties – sibjis.

Sibbes het egter nie net ’n lang taalgeskiedenis nie, feitlik so oud soos die mens self is die begrip van broers en susters.

Net ná Adam en Eva verskyn eers Kain en dan Abel, en helaas die eerste moord – tragies, want dit is tussen broers. Vreemd genoeg is daar in die Bybel min beskrywings van broederliefde, of eerder: sibbeliefde.

Kain en Abel, Jakob en Esau, Josef en sy jaloerse broers – noem maar op. In die Bybel, synde paternalisties, word daar van die verhouding tussen susters minder vertel, maar selfs tussen Martha en Maria was daar skynbaar wrywing: “Here, sê sy moet my kom help!”

Met groot begrip vir die dikwels moeilike betrekkinge tussen sibbes het Jesus eerder die groter, allesomvattende broederliefde – sý liefde, die agape – voorgestel.

Hoewel ons steeds Aspoestertjie se twee lelike stiefsusters in gedagte moet hou, vind daar tog iets van ’n ommekeer in die sprokieskat plaas.

In die Grimm-broers se weergawe van die ou volksverhaal ondersteun Hansie en Grietjie mekaar, maak hulle saam-saam die heks van kant.

En die susters van Hans Christian Andersen se meerminnetjie pleit dat sy nie haar visstert vir mensevoete ter wille van die liefde moet verruil nie ...

Een van die mooiste Grimm-verhale vertel van die liefde van ’n jongste koningskind vir haar sewe broers.

Hulle is deur ’n jaloerse stiefma in swane verander en om hulle weer hul menslike gestalte te laat herwin, moes die sustertjie sewe jaar lank stom bly en nooit lag nie. En moes sy sewe hemde van brandnetels weef.

Die sprokie loop baie draaie, maar eindelik word die meisiekind van heksery beskuldig en gevonnis om op die brandstapel te sterf. En selfs daar bly knoop en vleg sy aan die hemde.

Net voordat die vlamme aan haar klere begin lek, verskyn die sewe swane, is die sewe jaar verstreke en kan sy die sewe hemde oor die swane se koppe gooi.

Die swane verander in haar geliefde broers en hulle kan mekaar laggend en huilend omhels. Maar die een hemp was nie heeltemal klaar nie en die jongste broer het vir die res van sy lewe een swanevlerk gehad ...

Dit is ’n gedeelde agtergrond wat sibbes aan mekaar bind. Dit kan liefde vir die woord en kennis van die Woord insluit, die saamlees van sprokies, die saamlag oor ou grappe, dinge wat hulle in vrede saam laat oud word.

En wat hulle eindelik met een swanevlerk los wanneer die hemde klaar geweef is.

Twee susters wat van bedrog aangekla was en tot tronkstraf gevonnis is, het sewe jaar lank in dieselfde sel deurgebring.

En toe hulle eindelik vry uitstap en die tronkdeur agter hulle toeklap, draai die een na die ander en sê: “Ou Suster – ek wou jou nog gesê het ...”

Nou sal ons drie wat oorbly – ek en Boeta en Polla – ook nie meer vir die vierde sibbe iets kan sê nie.

binne beeld

Nuutste Cecile Cilliers-kommentaar

Deon sê... lieftse Timmie. Hierdie wit man wil ook verander maar nie op die manier wat julle wil nie. Ek wil verander in 'n soldaat wat 24/7 die ANC ondersteuners, wit en swart afmaai. My frustrasievlakke is lankal verbygesteek en ek kan nie sien hoe ons verby erge sosiale onrus gaan kom nie. Ek wil he dit moet kom. As my bydrae dan niks anders is as om my vyand op die slagveld te vernietig nie dan laat dit kom!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAEWOO

Matiz 0.8 SE 5-dr
2000
R 29,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2007
R 139,990.00

OPEL

Astra Classic 140i
2006
R 29,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...