Dana Snyman

Kan jy so ’n plaaswerf ook hoor?

2011-12-01 22:58

Dana Snyman

Wie ken nie die klanke op ’n plaaswerf nie? Ek praat nou van ’n ou plaaswerf, een met ’n hoenderhok ’n ent van die opstal, en ’n stoor met ’n sinkdak, en ’n groentetuin, en ’n kraal, en ’n melkstal. ’n Werf soos Oupa en Ouma s’n.

Die geluide begin mos vroegoggend al: Jy lê daar op die katel in die spaarkamer, onder Ouma se komberse wat vaagweg na motbolle ruik. Dan word jy wakker van ’n geskuifel in die gang.

Dis nog donker. ’n Paar oomblikke later spoel daar water in die wasbak in die badkamer aan die onderpunt van die gang. Dis Oupa, weet jy dadelik.

Jy hoor hom by die badkamer uitkom. Hy gaan by die kombuis in. Dan is daar ’n klikgeluid. Dis die koolstoof se deurtjie wat so maak. Jy hoor Oupa met die vuuryster in die stoof se maag krap. Jy hoor hoe hy kole uit die kolekas haal en dit in die stoof gooi.

Netnou sal die koffiewater ’n Psalm in die swartgebrande ketel op die stoof begin neurie.

In die gang kom nog iemand verby, suutjies in die donker. Dis Ouma. Jy ken die gefluister van haar pantoffels op die vloer. Jy dink aan die vet beskuite wat jy netnou by die kombuis­tafel in die blikbeker met die koffie gaan doop, maar jy staan nog nie op nie. Jy lê onder die komberse en luister na die geluide terwyl die dag agter die toegetrekte gordyne begin deurslaan. Iewers koer ’n tortelduif.

Uit die kombuis kom nou so ’n uitgerekte trekkkk-klank. Dis Oupa wat by die sifdeur uitgaan. Ouma vra nou al hóé lank vir hom om daardie skarnier olie te gee, maar dis asof Oupa wil hê daardie sifdeur moet so kla wanneer dit oop of toe gaan. Jy hoor Oupa iets buitekant in die skemer sê, en dan weet jy hy praat met Boel, wat die hele nag op ’n opgevoude streepsak langs die agterdeur gelê en slaap het.

Jy hoor hoe Boel homself wakker skud: die ketting om sy nek rinkel en sy ore klap teen sy lyf.

Hoe ligter dit agter die gordyne in die kamer word, hoe meer klanke begin op die werf weerklink: Uit die kraal se rigting kom iemand saam met sy voetstappe aangefluit. Dis Lukas, weet jy sommer. In een hand het hy ’n dopemmer louwarm melk wat pas uit ’n koei se uier kom. Die roomkamer se staaldeur skuur oop. ’n Rukkie later begin sjoeing-sjoeing die roomafskeier terwyl Lukas die slinger draai.
“Kiep-kiep-kiep!” roep Ouma in ’n hoë stem by die hoenderhok.

“Kiep-kiep-kiep!”

By die stoor hoes en proes Oupa se bakkie ’n slag, dan vat die enjin. Iemand kap iewers met ’n hamer. ’n Grasbesem vee oor die grond. ’n Graaf stamp die aarde in. ’n Byl kloof deur hout. Onder die afdakkie langs die sementdam begin poef-poef-poef die Lister water uit die boorgat uit. “Helllp!” gil een van Ouma se poue uit die bloekomboom langs die stoor.

Jy staan later op en word ook een van die plaas se geluide: stemme wat praat en raas en roep en lag, enjins wat dreun, beeste wat bulk en skape wat blêr. Die hele dag lank is die werf vol klank, totdat dit laatmiddag al hoe stiller begin raak. Teen slaaptyd hoor jy net ’n kriek iewers krrrr.

Soms dink ek aan die stilte wat snags saam met die donker om ’n plaaswerf vou. Soms wonder ek hoe dit moet wees wanneer daardie stilte opeens verbreek word deur stemme wat smeek, en stemme wat raas of vloek, en skote wat klap.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.