Dana Snyman

Ons hou dit maar Dewoniek

2011-10-27 23:37

Dana Snyman

Nou die middag stap ek by die departement van binnelandse sake se kantoor op die dorp in om my nuwe ID-boek te gaan haal. Die oue is ’n ruk gelede saam met my beursie gesteel.

Ek sal nie lank hoef te wag nie, merk ek dadelik op. Op die rye stoele voor die toonbank sit net vier mense: ’n man, ’n vrou en twee meisies. Die een meisie dra ’n grys Pep-sweetpak, en op haar skoot hou sy ’n baba vas. Die baba is toegedraai in ’n kombersie, net die gesiggie steek uit.

By die toonbank is ’n ander man besig om met die vrou agter die toonbank oor iets te redekawel. Ek gaan sit langs die meisie met die baba – nommer ses in die ry. Dieper die gebou in klink musiek oor ’n radio op.

Die twee meisies was besig om oor iets te praat toe ek die vertrek inkom. Nou kyk hulle na my. Die een met die baba leun nader aan my: ’n kind wat ’n kind vashou. Haar een tekkie het nie ’n skoenveter in nie. “Kan ek meneer iets vra?” sê sy. In een hand het sy ’n vel papier, ’n amptelike vorm van binnelandse sake. Geboorteregistrasie, staan boaan die vorm.

Aan die oorkantste muur hang ’n foto van pres. Jacob Zuma.

Die meisie is hier om die kind amptelik ’n Suid-Afrikaner te kom maak. Dit is duidelik.

“Hoe oud is hy?” Ek wys na die baba.
“Dis ’n meisietjie, meneer. Sy’s elf dae oud.”
“En wat’s haar naam?”
“Devonique.”

Sy glimlag met haar mond, maar haar oë glimlag nie saam nie. “Kan ek meneer iets vra?” Sy hou die vorm na my toe uit. “Is dit hoe ’n mens Devonique spel?”

Ek neem die vorm by haar, en daar staan dit: Op 14/10/2011 is ’n kindjie op Vredenburg in die Wes-Kaap en die Republiek van Suid-Afrika gebore, en in die blokkies waar die kindjie se naam moet kom, staan daar: “Dewoniek Cloete.”

Die meisie wys na die blokkies waarin die naam staan. “Spel ’n mens dit só, hè, meneer? Dit lyk nie vir my reg nie.”

Ek kyk na die meisie se kortgekoude naels, en ek kyk na haar, en ek kyk na pres. Zuma se foto aan die muur, en ek kyk na die baba in die ander kind se arms. Dit lyk of pres. Zuma hard probeer om nie te lag nie.

“Na wie is die kind genoem?” vra ek. “Na jou?”

“Na niemand nie, meneer. Die kind se pa wil hê haar naam moet Devo­nique wees. Dis vir hom ’n mooi naam. Hy laaik dit net.”
“Is Devonique vir jou ook ’n mooi naam?” vra ek.

Sy glimlag flouerig. “Ek sou haar eerder Elshandré wou noem, meneer.”

Die baba lê geluidloos in die ander meisie se arms, met oop ogies. Op die kombersie is prentjies van voëltjies. Dit lyk na mossies.

“Waar is hy?” vra ek. “Die kind se pa.”
“Hy’s by die huis, meneer. Hy wou nie saamkom nie.”
“Hoekom nie? Hoekom wou hy nie saamkom nie?”
“Hy’s besig.”
“Wat doen hy?”

“Hy werk aan sy motor, meneer.” Sy hou ’n flentertjie papier na my toe uit. “Hy’t net vir my geld en dié gegee en gesê dis die kind se naam, ons moet haar kom register.” Ek vou die papiertjie op. Daarop staan: “Dewoniek”.

Die man het klaar geredekawel met die vrou agter die toonbank. Die ander man staan op en stap vorentoe.

Ek haal ’n pen uit my sak en wys op my handpalm vir die meisie hoe om Devonique reg te spel. Dan gee ek die pen vir haar sodat sy dit op die vorm kan verander. Sy neem die pen by my, druk die vorm op haar knie vas, maar net voordat sy wil begin skryf, lig sy die pen op.

“Ek dink ons los dit liewer so, meneer,” sê sy en gee die pen vir my terug. “Meneer ken nie die pa van hierdie kind nie. Hy is maar ’n moeilike man.”

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.