Dana Snyman

Twitterklippe vir ’n land wat brood wil hê

2012-01-26 21:35

Dana Snyman

Donderdagoggend, 26 Januarie 2012. 10:54. Jy gaan sit voor jou rekenaar en kliek op die blokkie wat sê Twitter.

’n Paar oomblikke later is die rekenaar se skerm vol foto’tjies van bekende mense: Bryan Habana, Kurt Darren, Barack Obama – en Willem Botha, wat in 2006 tweede in Idols was.

Jy het Willem Botha nog nooit hoor sing nie, maar dit is nie regtig belangrik nie. Botha is ’n celebrity. Sy foto is dikwels in die koerant. Nou is hy ook hier op Twitter, waar hy reeds 2 345 volgelinge het – 2 345 volgelinge, plus jyself.

Jy kliek op sy gesiggie en begin lees: Op 6 Januarie was daar slegte nuus. “Het my kop flippen hard gekap op die super tube in Hartenbos. Nou sit ek met ’n opgeswelde voorkop,” laat weet hy. Maar op 8 Januarie is daar darem weer goeie nuus: “Ons kat op die plaas het babatjies gekry. Flippen oulik!”

Op 16 Januarie: “Ek is al so lank lus vir su­shi. Gaan dit nou eet soos ’n dinosourus.”

Jy verstar voor jou rekenaar: Weet die paleontoloë wat dinosourusse bestudeer hiervan?

Jy gaan weer terug na die ander Twitter-gesigte op die rekenaar se skerm en kliek op Bryan Habana s’n. Bryan skryf in tienertaal, nes ’n 12-jarige. “Wow, what a wacky wednes­day!!” laat weet hy aan sy 78?423 Twitter-volgelinge. “Coupla chores. Now sittng in traffic!!”

In jou verbeelding sien jy 78 423 mense hul koppe skud terwyl hulle dink: Ai, ou Bryan sit in die verkeer vanoggend, foeitog.

Jy kliek op Victor Matfield en word die volgende wys: Victor hou meer van Las Vegas as New York en hy het Sondagoggend voor kerk 70 km fiets gery. Jy kliek op Kurt Darren. Kurt is tans in Oostenryk, maar op 22 Februarie tree hy in die Lighuis-kerk op Welkom op.

Jy kliek op Ernie Els en ontdek Ernie is ’n aanhanger van Seneca, die Romeinse filosoof en dramaturg wat in 65 n.C. dood is. Of, wel, hy het ’n aanhaling van Seneca getwiet: “It is a rough road that leads to the heights of great­ness.”

Sit Ernie dalk iewers op ’n stil plek ná ’n ronde gholf en verdiep hom in die werke van Seneca, dalk selfs in Latyn?

Jy kliek op Dan Roodt. “Waarom is (sommige) Kapenaars so rassisties?” vra Dan in ’n twiet. “Ek dink veral aan Die Burger se rubriekskrywers. Wat sou Freud en Lacan daarvan sê?”

Was Freud en Lacan, toe hulle nog geleef het, dan gereelde lesers van Die Burger? wonder jy. Wat sal Freud en Lacan van Dan Roodt sê?

Jy kliek op Gareth Cliff se babagesiggie. Cliff het 226 922 Twitter-volgelinge in die land. “Payday is coming,” lig Cliff hulle in. “Are you re­lieved? January can be a bitch.” Iewers hoor jy 226 922 mense juig.

Een ná die ander kliek jy op die gesigte: Chris Chameleon, Evita Bezuidenhout, Helen Zille ...

Later skakel jy weer jou rekenaar af. Dis steeds 26 Januarie 2012. Dis nou 12:14. Die nasie vra brood, dink jy, en al wat ons kry, is klippe.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

RECEIPTION PA ADMIN

Pretoria, South Africa
LP Artisan Recruitment
R5400

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.