Elise Tempelhoff

ANC deel in die wins én die verleentheid

2012-01-20 22:25

Elise Tempelhoff

Die Wêreldbank, Eskom en die regering – en hopelik die ANC ook – sit met rooi gesigte oor Medupi.

Dié reuse-kragstasie in die droë Waterberg by Lephalale (Ellisras) het nog nie eens ’n kilowatt elektrisiteit opgewek nie en die hele projek is weer eens in omstredenheid gehul.

Dit het begin toe die Wêreldbank in April 2010 ’n lening van R30 miljard aan Eskom goedgekeur het om Medupi op te rig.

Die omstredenheid het verdiep weens die betrokkenheid van die ANC se Chancellor House by die Hitachi-konsortium wat die kontrak vir die vervaar­diging van die stoomketels gekry het.

Nou lyk dit of die Hitachi-konsortium nie die mas opkom nie en Medupi se bouprogram vertraag is.

Lank voordat die Wêreldbank die lening aan Eskom toegestaan het, het lede van die burger­like gemeenskap in Suid-Afrika hom gewaarsku om dit nie goed te keur nie omdat die projek onvolhoubaar is.

Voorts word die sand wat vir Medupi se konstruksie gebruik word onwettig in die Mokolo­rivier gemyn.

Die inwoners van Lephalale (Ellisras) het die onwettige sandmynery onder die aandag van al wat owerheid is gebring, maar is met stilswye begroet.

En terwyl die departemente met mekaar haaks is oor wie nou eintlik teen die omgewingsvernietiging moet optree, gaan die plunderaars voort.

Inspekteurs het trouens gevind dat die Wêreldbank sy eie reëls oortree het toe hy die lening goedgekeur het en dat Eskom hom lelik om die bos gelei het.

Dié verslag het gelukkig by COP17 uitgelek.

’n Mens kan nie anders nie as om aan te neem dat as niemand die verslag laat uitlek het nie, sou g’n haan weer daaroor gekraai het nie.

Maar nou is dit in die openbare domein en kan die burgerlike gemeenskap aanhou druk uitoefen dat daar ’n volledige ondersoek kom.

Wêreldbank-amptenare het aan my erken hulle het nog nie al die leninggeld aan Eskom oorbetaal nie.

Dit sal goed wees as hulle die res glad nie oorbetaal nie en dat die ANC die wins­ wat hy uit sy belegging in Hitachi gemaak het, gebruik om die projek te voltooi.

Die inspeksiepaneel het bevind die water in die Waterberg gaan opraak nog voordat Medupi behoorlik aan die gang is.

Onthou, benewens al die water wat Medupi gaan gebruik, het daar intussen ook ’n massiewe dorp rondom die kragstasie ontstaan.

Daarbenewens het die een steenkoolmyn ná die ander nou ook sy kleim daar afgesteek – en almal het water nodig.

Die wrang ironie is dat diegene in die Wêreldbank wat die lening goedgekeur het in hul verweer sê hulle was onder die indruk dat Suid-Afrika van die beste omgewingswetgewing ter wêreld het.

Dit is waar, maar dié wetgewing word nie toegepas nie en bly dus net woorde.

Hierdie sage is nog ’n voorbeeld van hoe korrupsie met Suid-Afrika se hulpbronne die land stadig op sy knieë dwing.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.