Ferdi Greyling

Wat sê dit van ons hier?

2009-09-08 03:18

Die geval Brandon Huntley het die afgelope week ’n klomp bespreking ontlok.

Dié Kapenaar het asiel in Kanada gekry nadat hy aangevoer het daar word teen hom as ’n wit Suid-Afrikaner gediskrimineer en dat sy lewe – as ’n wit mens – in Suid-Afrika in gevaar is.

Selfs die Suid-Afrikaanse regering en die ANC het ingespring met verklarings.

In die algemeen is die kritiek – amptelik en om etenstafels – teen Huntley dat hy dinge oordryf en selfs dat hy dalk ’n bietjie spekskiet oor wat met hom gebeur het. Hy sê hy is verskeie kere beroof en by geleentheid het swart rowers hom ’n “wit hond” en ’n “setlaar” genoem.

Hy het ook gesê regstellende aksie en swart ekonomiese bemag­tiging diskrimineer teen hom as ’n wit Suid-Afrikaner.

Dit lyk my hier is ’n paar dinge wat geskei moet word.

In die eerste plek is Huntley ’n individu wat in Kanada ’n regs­bevinding in sy guns gekry het. So iets is niks om oor huis toe te skryf nie.

Hy is ook iemand wat permanente verblyf in ’n ander land gekry het. Dis ook niks om oor te praat nie.

Wat wel die woord-lawaai veroorsaak, is die redes hoekom hy die bevinding in sy guns gekry het. Dis waaroor alles gaan.

En dan moet ’n mens ook nog twee ander goed skei. Dit is die Kanadese en die Suid-Afrikaanse konteks. Die Kanadese owerheid het in ’n Kanadese konteks gekyk na wat hy aangevoer het, nie ’n Suid-Afrikaanse konteks nie. Die Kanadese owerheid was duidelik geskok. Dís die Kanadese se saak.

Wat ons raak, is die Suid-Afrikaanse konteks. Huntley is nou landuit, maar hy los ons met woede – dié kant toe of daai kant toe – oor óns konteks.

En hier is die vraag – so lyk dit my – of wat hy sê die waarheid is. Met ander woorde: Is die Kanadese reg om so geskok te wees deur wat na bewering hier aangaan?

So, is dit geloofwaardig dat iemand uitstaan in Suid-Afrika vanweë sy wit vel? Ek sou sê dit is.

Is dit moontlik dat iemand sewe keer beroof kan word én dat ’n nabye familielid vermoor kan word? Ek dink dit gebeur.

Is dit moontlik dat iemand rassisties beledig kan word in ’n rooftog of aanval? Daar is sulke gevalle geboekstaaf.

Is swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie diskriminerend teenoor wit mense? Baie sê so. Sommige praat uit ervaring.

Wat Huntley sê, resoneer by baie Suid-Afrikaners, lyk dit my.

En hier is ’n belangrike punt: By álle soorte Suid-Afrikaners.

Swart, wit, bruin, Indiër en Chinees word te gereeld beroof en met geweld seergemaak.

Ons almal beleef van tyd tot tyd rassisme. Wit op swart, swart op wit, swart op Indiër, Indiër op swart, bruin op wit, wit op bruin, bruin en swart op mekaar?.?.?. noem maar op. Ons het hier te doen met die moderne nie-rassigheid van die reënboognasie: Misdaad en belediging ontsien niemand nie.

En vir my lyk dít na die hart van die kwessie. Dit is die soeklig wat die Huntley-geval op ons as ’n land gooi: Hier is te veel misdaad en te veel geweld. Dit gaan ons vernietig.

Suid-Afrika is ’n land wat inherent rassespanning het. Dit is omdat ons soveel etnisiteite hier bymekaar is – met ’n bietjie te min hulpbronne op die oomblik.

En as misdaad en geweld in so ’n konteks tier, veroorsaak dit ’n klomp slegte goed, waarvan een rassisme is. ’n Ander naam daarvoor kan wees: “etniese verskille wat met geweld en onregmatige ontnemings onderstreep word”.

En vanuit die wit gemeenskap, voeg dié stukkie by: Die manier waarop regstelling en ekonomiese bemagtiging gedoen word, word as onbillik diskriminerend ervaar.

Hou op om Huntley te probeer bykom. Hy is nou by die Kanadese. Dalk gelukkiger, dalk nie.

Wat van ons kyk eerlik na wat die hele gevalt oor óns hiér sê? 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.