Ferdi Greyling

Wêreldklas oor 100 dae?

2010-03-02 09:00

Johannesburg, ons “world class African city”, is nog wild aan die bou vir WB 2010 wat oor 100 dae begin.

Teen dan moet die toepaslike dele van die nuwe busstelsel seepglad werk (met die taxibestuurders kalm en positief daaroor) en moet die paaie mooi, klaar en netjies wees. Dis nou al die paaie waaraan daar nog gewerk word.

In die omgewing waar ek bly, is die eerste deel van die busstelsel voltooi en dit het goed twee jaar geduur om klaar te maak.

In die omgewing waar ek werk, is ’n latere trajek van die busstelsel. Hy is nog ver van klaar nadat daar ’n klompie maande gelede daarmee begin is.

Dit gaan oor 100 dae klaar wees en dit sal vir my aangenaam wees om die feit te kontempleer dat dít wat vroeër naby my huis twee jaar gevat het om te bou, nou binne maande naby my werk voltooi word. Daar is beslis ’n opwaartse grafiek hier.

Die bouwerk aan die deel naby my werk het die hele Empireweg omgedolwe.

In die proses het die stadsraad van Johannesburg gedemonstreer hoe onverantwoordelik hy kan wees en hoe min hy vir sy belastingbetalers se veiligheid omgee.

Of dalk is dit net dat hy onbevoeg is. Wie sal ooit weet?

Van waar Jan Smutsrylaan Em-pireweg net onder Braamfontein kruis tot by Lothburyweg, waar ’n mens regs uit Empire na Melville draai, is daar ’n stuk of nege stelle verkeersligte.

Dis ’n besige en belangrike pad daardie. Die verkeer uit die stad, Braamfontein en Rosebank kruis Empire in daardie stuk of sluit daarby aan.

Ook die verkeer van en na die snelweg Pretoria toe.

En ook die verkeer (saans is dié deel belangrik) van en na Melville en Greenside kruis Empire in dié strook of sluit daarby aan – van en na die twee speelplekke van dié wat jonk (en baie kere dronk) is. Barry Hertzogrylaan, ’n groot voerpad, kruis ook hier.

Nege stelle verkeersligte op ’n stuk pad wat aan die kante omgedolwe word en waarvan daar gereeld en onvoorspelbaar bane gesluit is.

Met die maande van werk het die verkeersligte al hoe meer onbetroubaar geword en die straatligte se werking al hoe meer lukraak.

’n Week gelede het ek in die aand daar gery en van nege stelle verkeersligte het net een gewerk.

Van die agt wat nie gewerk het nie, het sommige net rooi geflikker en ander was morsdood.

Die straatligte by die stukkende verkeersligte was ook uit.

Die gevolg is dodelike donker kolle waar groot strate kruis. As ’n mens dit nie weet nie, sal jy dit nie kan sien nie.

Die padwerk aan die kante van die paaie het die gebruiklike pieperige rooi-en-wit linte en plek-plek geel plastiekbuffers, maar ook geen ligte nie.

Geel buffers en linte help nie veel in die stikdonker nie.

Ek het al ’n ongeluk in die aand daar gesien wat gelyk het of dit ernstig was. Het iemand gesterf? Is iemand vermink? Gee die Johannesburgse stadsraad om?

Die owerheid in ons land is deesdae baie lief daarvoor om die geskiedenis reg te skryf.

Politieke figure soos oudpress. FW de Klerk en Thabo Mbeki se rolle in die geskiedenis word eenvoudig toegeverf en uitgesensor deur die huidige bewind.

Daar is ’n ander, subtieler manier om dieselfde soort ding te doen. Dit is om Johannesburg eenvoudig tot ’n wêreldklas-stad te verklaar (soos mnr. Amos Masondo, burgemeester, doen) en die werklikheid te ignoreer.

Ons is nie op pad om ’n wêreldklas-stad te word nie. Gaan ry in die aand in Empireweg af en kyk self.

En dit is vervelig om aanhoudend te kla, ja, maar hier is die stand van die stad nou geboekstaaf in Februarie 2010.

100 dae voor WB 2010.  

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.