Ferdi Greyling

’n Toring wat oor Afrika rys

2012-02-06 22:07

Ferdi Greyling

Daar is baie dinge op ons vasteland wat ’n mens gereeld kan ontstel.

Een daarvan is die klaarblyklike onvermoë van groot dele van Afrika om – ten spyte van minerale- en olierykdom onder die grond en die see – te ontsnap aan armoede en chaos in hul samelewings.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zimbabwe, Angola, Nigerië en Soedan is seker van die voor die hand liggende voorbeelde.

En die kolonialisasie-argument is hier nie meer van toepassing nie. Kyk maar na die Ooste – plekke soos Suid-Korea, wat ook ’n kolonie was en 60 jaar gelede armer as Kenia was.

Dit moet hier duidelik gestel word dat ek van Afrika is. Ek is ’n Afrikaan, maak nie saak wie in die ANC dalk in reaksie op my etnisiteit nié so dink nie.

Ek is soos my voorgeslagte hier gebore en soos hulle is die res van my dae hier op dié vasteland.

Hoëveldse donderstorms, die groen heuwels van die Oos-Kaap en die Klein-Karoo se vlaktes waar die son soet in waatlemoene en druiwe sing, dit is die grondslag van daardie deel van my geheue waarop my identiteit gebou is.

En as ’n Afrikaan het ek nie alleen ’n emosionele belang by wie my waar as sulks verteenwoordig nie, maar dood logies ook die soort belang van iemand wat afhanklik is van die ekonomiese omgewing wat op die vasteland (ten minste die deel daarvan waar ek woon) geskep word.

Dus, ’n mens praat hier van die Afrika-Unie (AU) – die organisasie wat aan die hand van veral oudpres.

Thabo Mbeki gemaak is uit wat nog oor was van die Organisasie vir Afrika-eenheid. En wat nuut gemaak was om ’n “Afrika-Renaissance” vooruit te loop.

En die droom van ’n Afrika-Renais­sance is dat die vasteland oplaas die maker van sy eie heil sal word.

Dat hy sy onderskeie staatsbesture sal skuif na fondamente van vaardigheid, dienslewering, demokrasie en goeie organisasie.

Dat die vasteland se state die juk van misdaad en oorlog sal afgooi deur daarin saam te staan.

Dat ons almal mettertyd sal inkoop in die idee van lande wat die beter ideale, ideale wat ook insluitend is, sal nastreef, lande wat die rykdom onder Afrika se grond sover hulle kan self sal ontgin en verwerk sodat die opbrengs regverdig en eerder gelyk as ongelyk versprei kan word. Met ander woorde dat knellende armoede uitgewis kan word.

En uit die greep van armoede – en in ’n goed georganiseerde samelewing wat nie korrup is nie – sal ons kinders ’n goeie lewe kan hê.

Ons, die Moses-geslag, op wie die droom gaan sit het dat ons ’n beter toekoms moet maak as die verlede waarvandaan ons kom.

En ek is oortuig dat die meeste van my mede-Suid-Afrikaners (as mede-Afrikane) ook laat in die nag in slapelose ure wens vir so ’n soort oplewing van menslikheid.

Ek sal verbaas wees as variasies daarvan nie oor al die streke van die vasteland gevind sal kan word nie.

En sulke drome het verlede week gemaak dat ’n mens nuusberigte oor die AU se nuwe hoofkantoor in Addis Abeba skerp raakgesien het.

Die blink nuwe toringgebou het blykbaar $200 miljoen gekos.

Die geld het alles van China gekom.

Die gebou is deur Chinese gebou – werkers ingebring uit China.

Van die materiaal het selfs van China gekom.

Die versierings binne het van China gekom.

Buite het die AU-amptenare verlede week glo met blink glimlagte gestaan. Ek raai ’n orkes sou dalk ook gespeel het. En die Chinese het die AU se gebou aan die AU oorhandig.

Het die mense nie oë om te sien nie? 


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.