Gasrubriekskrywers

Dié herrie is net die begin

2010-02-02 22:04

Charl-Pierre Naudé

Kolonialisme se nalatenskap het nie met die koloniale moondhede, of apartheid, vertrek nie.

Niks bewys dit beter nie as die diskriminerende uitfasering van die hoër funksies van Afrikaans – die enigste inheemse Afrika-taal wat as moderne taal na wense ontwikkel het en ’n broodnodige voorbeeld vir ander Afrika-tale is.

Wat ter sprake is, is juis om die koloniale opvatting hok te slaan dat inheemse tale slegs geskik is vir private gebruik en nie vir openbare funksies, kennis en kultuur nie.

Ek betwyfel dit nie dat meer swart en bruin mense op universiteit moet kom. Maar die terugdruk van Afrikaans op Stellenbosch en sommige ander kampusse is retrogressief en neo-kolonialisties. Ons moet individue se lewens bevorder, maar ook die kulturele kontekste wat sin gee aan lewens. Myns insiens bedreig die volgende aannames die toekoms van klein tale:

- ’n Taal sal oorleef as mense op grondvlak dit praat. Verkeerd. Die eise van die tydsgewrig bepaal dit, en die tyd van globalisering verskil hemelsbreed van die verlede toe dié siening (gedeeltelik) waar was.

- ’n Kultuurtaal sal oorleef as sy sprekers die taal praat en skryf en met andertaliges deel. Verkeerd. ’n Taal se oorlewing hang in die eerste plek af van ’n taalveld se integriteit en samehang, wat bepalend is vir daardie taal se betekenisse en praktiese nut. Die individu se deelname volg op hierdie integriteit, en gaan dit nié vooraf nie. Waarom sou dit? Die taalbeleid aan Stellenbosch kelder hierdie integriteit.

- Wit mense sien Afrikaans as hul identiteit, bruin en swart Afrikaanse sprekers sien dit as kommunikasiemiddel. Dis jammer. As jy ’n taal as verbeeldings- en skeppingsmiddel begin gebruik het, word dit vanselfsprekend deel van jou identiteit. Bruin en swart mense wat hul moedertaal slegs as kommunikasiemiddel sien, sien dit só juis omdat apartheid hulle die gebruik van hul eie taal as verbeelding- en skeppingsmiddel ontsê het.

- Afrikaans moet nie anders behandel word as die ander inheemse tale nie; dit sal ondemokraties wees. Verkeerd. Daar moet gekyk word na waar ’n spesifieke taal in sy historiese ontwikkeling is om te beslis wat sy spesifieke oorlewingsbehoeftes is.

En dié punt is belangrik. ’n Taal se wyse van oorlewing verskil afhangende van die ontwikkelings-fase waarin dit is. Die oorlewingsprentjie van Zoeloe, waarvan die oorgrote meerderheid sprekers landelik, beduidend eentalig en in een streek versamel is, verskil byvoorbeeld van Afrikaans s’n. In Afrikaans se geval is die meeste sprekers verstedelik, geografies verspreid, beduidend middelklas en Engels of ander tale magtig.

’n Mens kan breedweg praat van ’n landelike/proletariese en ’n stedelike/middelklas-fase. Zoeloe is merendeels in die eerste. Afrikaans, as taal van bruin mense én wit mense, is verdeel tussen die twee fases.

In die eerste fase is die taal se maatskaplike integriteit meer vanselfsprekend, want die sprekers is óf hoofsaaklik in een gebied versamel óf het nie ander taalkeuses nie.

In die tweede (geproblematiseerde) fase gebeur sprekers se instandhouding van die taal nie meer vanselfsprekend nie. Gewoonlik wanneer ’n taal hierdie fase ingaan, is daar instansies en infrastruktuur om die taal as gemoderniseerde voertuig op ander wyses verder te dra. Dis hierdie infrastruktuur, die skelet van moderniteit, waarvan Afrikaans as ’n tweedefase-taal afhanklik is vir oorlewing, maar wat die regering nou stelselmatig afbreek.

Hiermee sê ek nie dat sprekers en tale in die eerste fase nie ook bedreig word nie, maar die bedreiging verskil. Sulke sprekers het byvoorbeeld beroerde vooruitsigte as hulle nie moedertaal-onderwys kry nie.

Doen die ANC-regering dit aspris? Deels ja, deels nie. Die ANC se beskouing van sy eie moedertale is beperk tot ’n pre-moderne fase, waarin die instandhouding van taal vanselfsprekend plaasvind.

Die werklike belhamel is iets anders. Dis die monolitiese, gelykmakende Suid-Afrikaanse identiteit wat die regering sistematies nastreef. En hier is ’n baie groot botsing aan die kom met die pluralistiese demokratiese ideaal van vele ander Suid-Afrikaners. Dié taalherrie is maar die begin daarvan.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.