Gasrubriekskrywers

Dis ’n beskaafde anargie

2010-03-09 22:40

Henry Jeffreys

Laat ek met die deur in die huis val: Die weiering van (meestal) wit inwoners om hul plaaslike belasting te betaal, is ’n onding.
 
Dit is na my mening onwettig en ondemokraties. Ek sal verstom wees as ’n hof die teendeel handhaaf.

Dis nes die weerhouding van dienstegeld en belasting in groot dele van die swart deel van ons gemeenskap ’n onverkwiklike en onaanvaarbare oorblyfsel van die stryd teen apartheid.

Die een is soos die ander: Dit rysmier ’n bousteen van die demokrasie, naamlik dat burgers aan die keiser sal gee wat hom toekom – mits die keiser demokraties verkies is.

As die oksimoroniese (!) keiser nie voldoen aan die verwagte teenprestasie nie, dan doen die kieser wat hy/sy die beste kan doen: onttroon die keiser by die stembus of dwing hom om deur slim, skerp, maar uiteindelik wettige protes tot ander insigte.

Burgers oor die spektrum heen is duidelik nie in ’n bui vir demokratiese prosesse om hul punt te maak nie – hulle is, in die gees van Boetman, die moer in – en dit is klaarblyklik vir hulle ’n saak vir aksies wat flankeer met sedisie.

Vergun my ’n storie oor hoe vinnig jy jou in ’n hof kan bevind op aanklagte van sedisie.

Terwyl ek skryf, kyk ek na my gunsteling-“kunswerk”. Dit is ’n foto-collage van ’n bitter klein kamee in die stryd teen apartheid.

Dit wys foto’s van my en medestryders teen die ou Konserwatiewe Party in Boksburg wat Klein Apartheid heringestel het in die laat 1980’s. Dis ’n uitbeelding van die stryd van die mense van Reigerpark, my grootword-township, om die KP te beveg.

Die leiers van die KP, dr. Andries Treurnicht en mnr. Beyers de Klerk, toe die burgemeester, het die voorblaaie (!) van internasionale tydskrifte soos Time en die Economist gehaal.

Ons leier, regter Mahomed Navsa (hy was toe ’n menseregte-advokaat en is vandag ’n gesoute en bewonderde lid van die appèlhof in Bloemfontein) was dié eer nie beskore nie.

Toe hy gevra is om ons veldtog – ’n ekonomiese boikot (weerhouding van geld in die ekonomie) van die dorp – te lei, was Navsa oor twee dinge vasberade: Ons gaan niemand dwing, op watter manier ook al, om aan die veldtog deel te neem nie.

Met ander woorde, ons gaan sonder enige voorbehoud vreedsaam wees.

Tweedens, ons gaan geen wette van die land oortree nie. Indien daar enige geweld sou wees, sou ons, as die leiers van die veldtog, daarvoor moes pa staan.

Ek onthou ’n aand. Prof. Jakes Gerwel was die gasspreker op ’n verpligte (soos ons aan die mense belowe het) maandelikse openbare verslagvergadering.

Wat ook al daardie aand gebeur het, die mense het daarna opgeruk na die huis van ’n plaaslike politieke leier met die doel om sy huis met mense en al in af te brand.

Dit het ons, met regter Navsa aan die voorpunt, gekos om die mob in bedwang te bring en die raadslid en sy familie van ’n gewisse dood te red.
 
By implikasie die vernietiging van ons ideaal om ’n vreedsame protesveldtog te voer teen ’n verwerplike regime.

Ons het by die beginsel van wettigheid gehou – en glo my, dit was moeilik. Ons is geteister deur anargiste in eie geledere, die veiligheidspolisie en die politiek-militêre staatsmasjinerie. Ons is uitgekryt.

Maar ons het uiteindelik die “system” ’n gevoelige knou toegedien. Ons het egter nooit ons belasting weerhou nie.

Ons het ons private geld diskreet bestee in buurdorpe wat aan ons verwagtinge as burgers voldoen het.

In drie jaar van slim veldtogte voer het ons ons doel bereik sonder die oortreding van landswette.

Madiba het self ná sy vrylating persoonlik erkenning gegee deur die nie-amptelike vryheid van Boksburg van ons in persoon te ontvang.

Die “wit” belastingbetalers het die vermoë om geld te weerhou en in kwasi-trustfondse te stort. Punt is, dis onwettig. Die arm belastingbetaler wat nie geld vir ’n trustfonds het nie, begeef hom op die afbrand van openbare geriewe.

Weerhouding van belasting is uiteindelik die beskaafde en gesofistikeerde gesig van anargie. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.