Gasrubriekskrywers

Dit hóéf nie ten koste van ander

2012-02-03 19:56

Leopold Scholtz

Dit is verstommend hoe die ANC sedert sy bewindsaanvaarding op verskeie terreine – gelukkig nie almal nie – goeie raad in die wind bly slaan.

Wat vandeesweek oor die Wetsontwerp oor Afrikatale berig is, is ’n tipiese voorbeeld. Die wetsontwerp bepaal dat staatsdepartemente in minstens drie tale met burgers moet kommunikeer, waarvan twee voorheen benadeelde Afrika­tale móét wees.

Geen departement gaan Engels uitskuif om Afrikaans naas twee swart tale te gebruik nie en geen departement sal die moeite en koste aangaan om viér tale te gebruik sodat Afrikaans ook ’n plek kan kry nie. As dié maatreël wet word, is
Afrikaans as owerheidstaal so dood soos ’n mossie.

Burgerlike organisasies soos Solidariteit moet maar solank hul vere be­gin regskud om dié maatreël met alle mag in die konstitusionele hof te beveg.

Wat nou duidelik geword het, is dat die ANC-LP me. Thandi Sunduza reg was toe sy verlede week gesê het Engels koloniseer Suid-Afrikaners se gedagtes. Te veel Suid-Afrikaners van alle groepe, selfs Afrikaners, kyk neer op hul eie kulturele erfgoed en aanbid Engels. Maar dit is ook gewoon onverstandige beleid.

Daar is wêreldwyd vyf verskillende modelle oor hoe om met taalverskeidenheid om te gaan.

Die eerste is welwillende verwaarlosing, wat onder meer in die ou Sowjetunie gevolg is. Lippediens is aan minderheidstaalregte bewys, maar in die praktyk is dié tale aan hul eie lot oorgelaat, met die gevolg dat Russies in die praktyk bevoordeel is.

Tweedens is daar die Amerikaanse smeltkroes, waarvolgens alles in één pot saamgegooi word om mee te ding, maar aangesien Engels die owerheids- en handelstaal is, bevoordeel dit hom.

Die derde is die Franse model, waarvolgens die minderheidstale aktief verdruk word ten gunste van Frans, wat as draer van die nasionale identiteit geld. Streektale soos Occitaans en Bretons is daardeur op sterwe na dood.

In die vierde plek is daar ’n Afrikamodel. Feitlik alle elites in Afrika beskou hul etniese verskeidenheid as ’n bedreiging vir die nasionale eenheid (waaraan hulle hul politieke mag en welvaart ontleen). Dus bevoordeel hulle die gewese koloniale taal – Engels, Frans of Portugees – ten koste van die inheemse tale. Af en toe – soos die ANC – maak hulle mooi geluide oor die bevordering van die inheemse tale, maar in die praktyk bevoordeel hulle net die koloniale taal.

Ten slotte is daar die Europese model, wat minderheidstale van staatsweë erken, koester en bevorder. ’n Hele wetlike raamwerk bestaan in lande soos Duitsland, Nederland, België, Switserland, Italië, Spanje en ander om minderheidstale aktief te bewaar.

Die idee daaragter is dat dit nasionale eenheid juis aanhelp as jy mense toelaat om naas jou oorkoepelende nasionale identiteit ook ’n etniese identiteit met trots te omhels.

Dus kan jy byvoorbeeld ’n trotse Fries wees wat jou kinders binne die grense van die provinsie Friesland in ’n Fries­talige skool plaas, na Friese TV kyk en na Friese radio luister, ’n Friese koerant lees en in Fries in die kerk aanbid, maar daarnaas ook voluit Nederlander wees.

Die wortels van die ANC se politieke denke kan hoofsaaklik in twee bronne gevind word: die voorbeeld van die Sow­- jetunie, wat vir die ANC in ballingskap feitlik hemel op aarde was, en Afrika. Sy taalbeleid word waarskynlik ook deur dié twee bronne geïnspireer.

Daar kan nie fout gevind word nie met die doel wat die ANC met die mond bely, naamlik om swart tale te bevorder. Dis uitstekend. Maar kan dit dan slegs bereik word deur Afrikaans op te offer? Waarom móét die een ten koste van die ander wees? Dit is ’n yslike tragedie.
- Dr. Leopold Scholtz is Media24 se korrespondent in Europa.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.