Gasrubriekskrywers

Egte mense is goed vir mekaar

2012-01-22 21:21

Yolanda Dreyer

‘Voorspoedige nuwe jaar,” wens ons mekaar toe, nog tot diep in Januarie.

Almal wat mekaar vir die eerste keer die jaar sien, doen dit.

Maar wat is die wense werd? Dit gaan niks verander nie. Die lewe weet nie dat dit 1 Januarie was nie.

Dat mense tyd in kompartemente indeel en die kompartemente dan met mekaar vergelyk: “Verlede jaar was ’n moeilike jaar. Ons hoop dat dit hierdie jaar beter sal gaan.”

Die lewe rol meedoënloos voort, stoom bo-oor alles. Die werklikheid bestaan uit goed én sleg – ongeag die wense vir voorspoed.

Wat bedoel ons met die wense? Is dit ’n poging om die toekoms te beheer, om die goeie te probeer waar práát? So naïef is ons seker nie.

Of is dit meer ’n versugting van die hart? Miskien selfs een van daardie versugtinge wat die Gees namens ons vertaal in ’n gebed voor God.

Maar miskien het die wense niks te doen met naïwiteit of ’n poging om beheer te neem oor die toekoms of met gebed nie.

Dalk gaan dit net oor ons menseverhoudings.

Met goeie wense toon ’n mens jou gesindheid teenoor die ander.

Daarmee wil jy sê: “My hart is op die regte plek teenoor jou. Ek gun jou die beste, ook al weet ons almal dat die lewe tog maar sy loop sal neem.”

Teen middel Januarie 2012 het die lewe reeds sy loop geneem – met goed én swaar.

Vroeg in die jaar word ’n ou vriend 60 en trakteer sy vriende op ’n naweek saam weg. Dit is ’n besondere stel mense. Om saam met hulle te wees is ’n verrykende ervaring.

En die musiek – live konserte – “vars musiek”, soos my ma dit noem, – roer die siel.

Vir die sintuie is daar die fynste, keurigste geregte en die natuurskoon. See en fynbos. Uitsig uit die bad. Uitsig uit die bed. Uitsig as jy eet. Uitsig waar jy stap.

Terug in die gewone lewe word ek dadelik met verlies begroet. Die dood van ’n naby mens. Ek jaag Johannesburg toe met min ontsag vir kameras en boetes. En kom te laat. 20 minute te laat. Ons, haar geloofsfamilie, moet reëlings tref, opruim, ontruim, gedenkdiens hou.

Dieselfde tyd hoor ek dat longkanker gediagnoseer is by ’n liewe mens wat ek amper twee dekades ken. Die gesprek gaan oor lewe en dood. Oor hoop en wanhoop. Ook wens en werklikheid.

’n Hele klomp lewe is ingepak in die eerste minder as drie weke van hierdie jaar. Maar dit is egte lewe. Regte mense met goeie harte wat die lewe leef so goed hulle kan.

Dit is ’n voorreg om ’n deel daarvan te wees. Egte lewe in al sy fasette – vreugde én pyn.

Maar dan is daar ook onegte lewe. Mense wat vir hulself en mekaar ellende veroorsaak. Gun mekaar niks. Straf dié wat anders is. Belaster, beskinder, beswadder, beskadig. Kruip weg agter skanse. Vernietig verhoudings. Maak seer, maak klein, maak slagoffer, maak dood. Neem wraak. Verniel mekaar.

Gesiglose korporasies reduseer mense tot kommoditeite. Vonnis hulle tot ’n bestaan van stres en spanning. ’n Gejaag na onmenslike en onhaalbare teikens.

Elke nuwe jaar word die skroef verder aangedraai. Presteer, produseer, publiseer, maak wins. Die groot oog loer vir jou.

Lewe en vreugde word uit jou uit gewurg.

Onegte lewe hoef nie.

Werkplekke hoef nie gesiglose korporasies te wees nie. Dit bestaan uit mense. As regte mense egte lewens lei, sal hulle ’n egte lewe vir ander ook moontlik maak.

Gelukkige mense wat geniet wat hulle doen in ’n ondersteunende atmosfeer sal produktief wees en goeie werk doen.

As Nuwejaarswense werklik uitdrukking is van mense se egte, goeie gesindheid teenoor mekaar, kan die lewe maar sy loop neem.

Die goeie sal met vreugde gedeel en die swaarkry saam gedra word.

Egte lewe is leefbaar, wat dit ook al inhou. Egte mense is goed vir mekaar. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.