Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts
Gasrubriekskrywers

En as ons klaar gekla het

2009-10-23 06:32

Chris Louw


Kom ons wees eerlik en erken dit. Die toekoms is swart.

Die toekoms is nogtans ’n ding wat voortdurend verander. Soms selfs in ’n oogwink, soos wanneer ’n donker skaduwee onverwags in die nag oor jou bed buk en sê: “Keep quiet. Where is the money?”

Maar meestal is die verandering nie so drasties nie. Mense pas hul toekomsverwagtinge geleidelik aan en dit word beïnvloed deur baie dinge – materiële omstandighede, werkvooruitsigte, persoonlike veiligheid, ouderdom, politiek?.?.?.

Die toekoms het die laaste paar jaar ’n metamorfose ondergaan.

Ek het nog nooit so ’n algemene moedeloosheid onder Afrikaners ervaar soos tans nie. Ingeligte rubriekskrywers – mense wat die nuwe politieke bedeling meestal met oop arms verwelkom het – sien min om oor bly te wees; inteendeel.

Jy dink nog jy wil ’n mening lug wat ’n paar maande gelede erg stroomop sou wees, dan lees jy een van jou kollegas skryf dit al.

Miskien is dié Jungiaanse sinchronisiteit te verstane. Baie van my kennisse wil nie meer koerant lees nie. Hulle is walgensvol vir slegte nuus.

Maar die meeste van ons verkies om ingelig te bly. En koerante sal hul plig versaak as hulle nie verslag doen oor wat in die land aangaan nie. Wat aangaan, is dikwels om van te huil. Stadigaan begin ontleders dit toegee en met groeiende selfvertroue daaroor skryf.

’n Mens is nou maar eenmaal geneig om jou verwagtinge uit te stel totdat die toekoms jou ingehaal het. Miskien daarom dat dit so lank gevat het voordat ons toegegee het dat die land se wiele al lelik wiegel en waggel, al het hulle nog nie heeltemal afgeval nie.

Die maatskaplike en politieke kultuur in Suid-Afrika het die laaste paar jaar onherroeplik verander. Goedgesindes wat wou bly glo aan ’n liberale demokrasie met sy ingebedde waardes het hul eie vertolking bly projekteer op wat hulle om hulle waargeneem het.

Totdat die teenstrydighede eenvoudig te groot geraak het.

Dis net nie meer moontlik om die blatante sistemiese korrupsie te versoen met ons idealistiese verwagtinge nie. Institusionele wanbestuur – net soos misdaad – is nie bloot onverwante aberrasies nie. Dis ’n kultuur. En dit het gekom om te bly.

Dis nie net Afrikaners wat so dink nie, hoewel die aanslag op ons taal en kultuur – en ja, laat ons dit prontuit sê: op ons ras – meer gefokus is as dié op enige ander herkenbare groep in die land.

Selfs daardie onrehabiliteerbare ANC-bielie Kader Asmal is bekommerd. Baie ontleders glo Asmal – in sy selfopgelegde rol as “minister van alle sake” – is verantwoordelik vir baie van die gemors, veral sover dit onderwys en die vrot stand van watersake betref.

Nou bestempel ’n ontnugterde Asmal mnr. Jeff Radebe, minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, as ’n “politieke analfabeet”. En hy sê hy hoop nie hy lewe meer wanneer mnr. Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, die dag sekretaris-generaal van die ANC word nie.

Goed, Asmal was ’n Mbeki-ondersteuner en sy bitterheid moet in daardie konteks beoordeel word. Maar sy houding is breedweg verteenwoordigend van ’n algemene misnoegdheid onder middelklas-mense.

Die armes gooi klippe, breek geboue af en steek buitebande aan die brand om uiting aan hul politieke griewe te gee.

Middelklas-mense het nie daardie vryheid nie. Ons het te veel om te verloor.

Miskien het dit tyd geword dat ons bestekopname doen. Dat ons eerlik, sonder sinisme of oordrewe idealisme, vasstel waar ons staan.

Dis die enigste basis waarop ons, ten minste gedeeltelik, beheer oor ons eie toekoms kan herwin. Dis nou te sê as ons nie maar net ons eie gemor wil aanvaar as die morbiede simptome van die onafwendbare oorgang na aftakeling nie.

Om by die regte antwoorde uit te kom, moet die regte vrae gevra word. Een so ’n vraag is: Wat lê anderkant kla?

)?Tim du Plessis is met verlof.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

HettieB 10/23/2009 6:57:33 AM
Wel, ek ervaar die negatiwiteit daagliks om my. Ek kan nie ander mense se opinie verander nie, maar ek probeer om my stukkie wereld waarin ek beweeg, `n beter plek te maak. Ek hou by die padreels en stop by elke stopstraat al is die nie "nodig" vir my mede padgebruikers nie. Ek beskou elke mede padgebruiker as die "onverwagte" en probeer my gereed hou vir wat ook al mag gebeur. Ek groet my medemens vriendelik al is die diens nou nie so waffers nie. Wat weet ek tog wat vandag in hierdie arme mens se lewe gaan gebeur of reeds gebeur het. Ek probeer altyd onthou dat nie almal het die stoflike middele wat ek uit genade ontvang het nie. Ek weet dat ek ook verdien om met die voet te loop of te staan en bedel langs die pad. Ek is niks beter as die dronkaard nie want slegs deur genade het ek gekies om nie te drink nie, maar ek is nie verhewe bo so `n "val" nie. Suiwer Afrikaans gaan my nie in die hemel bring nie, maar die toehoorder moet my onthou vir my vriendelikheid en nie my gevloek nie. Ek ag sy/haar taal met die nodige respek en probeer die pyn raaksien agter die beledigende optrede. Christus is my voorbeeld.
Pro-waarheid 10/23/2009 7:38:10 AM
Bravo Chris Louw. Die eerste rubriekskrywer wat bereid is om die waarheid te skryf, en dit in 'n linksgesinde koerant. Tim gaan jou braai! Wie van julle joernaliste het nou die moed om die waarheid oor Mandela te skryf. Dat hy nie is wat die media sê hy is nie.Dat die gemors wat ons vandag mee sit by hom begin het, baie jare terug al. Miskien is ek stupid om dit te sê, maar dink bietjie. In die vroeê tagtiger jare is Mandele deur die Engelse as 'n Moordenaar uitgekryt.(Federation of Conservative Students. Hang Nelson Mandela and all ANC terrorists: They are butchers) Vandag word Mandela en sy pelle deur dieselfde mense opgehemel.
Fred 10/23/2009 8:11:28 AM
So waar. Maar ongelukkig gaan diegene wat hierdie skrywe moet lees en iets daaromtrent moet doen, dit nooit lees nie. En as hulle sou, sal hulle dit nie verstaan nie, want hier word groot woorde gebruik wat vir hulle niks beteken nie.
Leon 10/23/2009 8:15:44 AM
Wel, uiteindelik gaan ons moet besluit of dit die moeite werd was om in 1992 ja te stem. Ek dink ons weet heimlik reeds wat die antwoord daarop is. Ek stuur juis vanoggend my emigrasie-dokumente per spoedpos na Oz. Op 41 het ek en my gesin darem nog 'n kans om te ontsnap (na 45 raak dit moeiliker). Vir die wat agterbly is 'n uiteindelike oorlog onvermydelik - een wat hulle ongelukkig nie sal kan wen nie.
JR 10/23/2009 8:32:23 AM
Aan HettieB. Jou kommentaar is soos 'n onverwagte blom in 'n dor woestyn. Dankie.
Joe Swanepoel 10/23/2009 8:40:49 AM
Dis moeilik om positief te bly. Veral wanneer 'n mens nie meer op die polisie kan staat maak nie, ook nie op enige staatsdepartement nie, en nie op jou stadraad nie. 'n Ou het nie meer lus om belasting te betaal nie, want dit gaan na soustreinryers se sakke. Middelklas-mense subsidieer die hele land met elektrisiteit. Maar as ons klaar gekla het...? Ek dink dit gaan eers baie slegter moet gaan voor Afrikaners iets daaromtrent gaan doen. Die tussenin-tyd gaan nie lekker wees nie, en kla bly voorlopig maar die enigste uitlaatklep.
Dries 10/23/2009 8:54:58 AM
Leon, indien jy nou nog worstel met die JA/ Nee stemmery van destyds, mag iemand wat destyds ja gestem het en steeds glo dat dit die enigste sinvolle ding was om te doen vir jou se dat jy jou briefie aan "Oz" soos jy dit stel maar kan los. Hier in Australie jen mense net van werk en meriete, vir twak soos rassespeletjies het hulle nie tyd nie. Ek glo dat die enigste oplossing vir blankes in Suid Afrika nou maar eenmaal is om die land te verlaat. Hier in Australie is dit nie die hemel nie, maar dis wragtig duisend maal beter as die twak raspeletjies waarmee mense soos Leon en Julius Malema hulle ophou.
Kaltie 10/23/2009 9:11:28 AM
As ons nog nie oortuig is om land te verlaat nie, ten minste laat ons geld ons vooruitgaan. Laat ons ons huishulpe, tuinjonge, en almal wat vir die ANC stem, maar van ons afhanklik is, afdank. Nie om wraak te neem nie, maar om 'n besef by hulle tuis te bring. Ons maak hierdie korrupte lewensstyl van die ANC moontlik. Ons kla, sonder 'n strategie. Terwyl ons sit en kla en niks doen nie, maak dit eintlik van ons ANC ondersteuners.
Kaltie 10/23/2009 9:24:01 AM
@Dries. Gee my asb advies oor hoe om Australia toe te immigreer (ernstig).
Lizelle 10/23/2009 9:44:23 AM
Ek het al 10 jaar terug gehoop en gewens dat mense hul sê wil sê oor die stand van sake. Ek het moeg geraak vir mense wat te papbroek is om die waarheid te spreek. Vandag is daar nog baie sulke mense, maar dit raak al hoe beter. Die media is ook baie meer openlik bv. Carte Blanche en die nuus. Party kan sê dis om te kla, maar eintlik is dit net die waarheid wat geuiter word sonder om bang te wees hoe ander jou sal oordeel.
KKK 10/23/2009 10:28:11 AM
Uiteindelik! 'n Eerlike erkenning in die Afrikaanse pers van die sombere realiteite wat die land in die gesig staar en die aanvaarding dat die sg. reenboognasie slegs wensdenkery en 'n media-gefabriseerde drogbeeld is wat onhaalbaar is in die werklikhede van Afrika. Wel, dit is duidelik dat blankes en spesifiek Afrikaners maar slegs 3 keuses het: 1) emigrasie na 'n land waar hulle altyd as 2de klas burgers geag sal word maar waar hul kinders wel 'n beter toekoms mag he - lg. sal egter assimileer in die nuwe gemeenskap en weldra hul Afrikaanse identiteit verloor (1.2m blankes het reeds hierdie opsie sedert 1991 uitgeoefen); 2) om in SA aan te bly en verder te verafrikaniseer, maw stelselmatig aan te pas by die geleidelike aftakeling van infrastruktuur en die kultuur van institusionele verval
- die onafwendbare Zim uitkoms - met die
ooglopende risikos wat dit inhou vir fisiese oorlewing in 'n wettelose rampokkerstaat; of 3) die aandrang en doelgerigte agitasie vir 'n staatkundige bestel waar Afrikaners self-regering in 'n eie grondgebied kan toepas, in veiligheid kan woon, self oor hul kinders se opvoeding kan besluit en inspraak het in besluite wat hulle voortbestaan raak. Die huidige bedeling stuur op 'n ramp af, fiskaal en andersins, waar die maghebbers in die ANC duidelik beheer verloor het en in 'n deurlopende onderlinge magstryd betrokke is. Hierdie pad gaan noodlottige gevolge vir die Afrikanervolk he...so, dit het dringend tyd geword dat ons besin oor ons verdere deelname aan hierdie gekkeparadys van omgekeerde normes en waardes. Jou voortbestaan en reg op lewe hang daarvan af...
Leon 10/23/2009 10:38:20 AM
Dries, jy verstaan verkeerd. Ek het my laaste dokumentasie deurgestuur om my oor twee maande by julle te kom vestig, permanent. Ek kom dus, soos jy, ook in Oz werk en bly. Vergeet van Malema, ons gaan hom nooit weer sien nie.
Gerrit 10/23/2009 10:53:03 AM
Ek's darem blerrie bly ek en my gesin knus in Nieu-Seeland kan sit en dat ons toekoms darem blink lyk.
Louisa 10/23/2009 11:03:29 AM
Vir die positiewes in SA -goed vir julle! My positiwiteis is besig om heeltemal te verdwyn. Hoe kan mens positief bly as jy elke dag moet lees van GELD VERMORSING, MOORD EN DOODSLAG. Wie gaan op die ou end vir al hierdie vermorsing betaal? R7,4 miljard per jaar ekstra vir toelaes tot 18 jaar. Hoeveel kan ons nou nog gemelk word. Nee wat, dankie aan die Here dat my drie kleinseuns weg is uit hierdie land. Hulle het soveel opsies om uit te oefen in hulle nuwe land en dit kan net tonne beter vir hulle wees. En ja dit is Sydney Australie. As jy nog nie daar gebly of gekuier het nie is stilbly 'n beter antwoord. Dit is lagwekkend om te sien hoeveel moorde ens daar plaasvind. Ja daar vind wel ook dinge plaas want dit is 'n baie groot stad en dinge sal gebeur. Die gevoel wat ek daar gekry het is soos toe ek jonk was in die sestiger jare. Hopelik sal my kleinseun nie daar aangeval word en arm met 'n knipmes afgesny word soos in Centurion nie en vele ander walglike dade. Ons gaan nog swaarder kry in hierdie land OMDAT ONS DIE MEES GEHATE NASIE IN SA IS. STERKTE VIR ALMAL EN MYSELF!!!!
Louis Kriel 10/23/2009 11:28:42 AM
Chris wat 'n puik artikel!. Hoop nie jy hoef nou ander werk te soek nie. Die waarheid maak mos maar seer. Aan die blankes in SA, die wat kan, gaan werk oorsee, die wat nie kan nie MAAK GEREED!
Christo 10/23/2009 12:02:27 PM
Ons Europese voorouers het ons stamlande verlaat toe dinge daar moeilik gegaan het - in ruil vir 'n beter toekoms in Afrika. Na 350+ jaar is dit weer sulke tyd: maak die skuif terwyl jy nog kan.

Wanneer mens emigreer, verruil jy een stel probleme vir 'n ander. Gelukkig kan jy jou nuwe stel probleme sonder vrees vir moord, aanranding of verkragting in jou nuwe vaderland oplos.

Party mense kla oor die slegte weer oorsee. My antwoord is: wat is belangriker, die weer of jou kinders se toekoms?
Deon 10/23/2009 12:04:28 PM
Lizelle, wat help dit om nie bang te wees om uitsprake te maak nie, sal dit iets aan die saak verander as al die wit afrikaners nie bang is en skryf wat hulle dink nie. Ek dink ons poep teen donderweer want ons is uitverkoop met wigte en teenwigte en al.
ThW van Pretoria. 10/23/2009 12:09:23 PM
anderkant die kla
wag australia
Waarheid 10/23/2009 12:27:15 PM
Al wat 1994 gedoen het is om die burger oorlog datum uit te stel met 'n paar jaar. De klerk gaan seker eerste hardloop as oorlog uitbreek. Ek vra net sy adres want dan kan ons mense by hom gaan bly vir wie hy so lekker gelieg het.
estee 10/23/2009 1:07:15 PM
Is daar iemand wat dink 'n mens kan nog 'n bestaan in SA maak? Ons sit met die kwessie of ons in Aus moet bly en of ons terug SA toe moet gaan. Is daar hoegenaamd 'n toekoms in SA?
HKGK 10/23/2009 1:40:28 PM
Ek glo Afrikaners kan in ‘n paar groepe verdeel word: 1) Die wat reeds emigreer het. 2) Die wat probeer emigreer of besig is. 3) Die wat sê ander moet nie emigreer nie, maar wat self soveel geld het dat hulle kan skuif as ons piesangrepubliek in duie stort. 4) Die wat aanhou volstruis speel en nie kan sien die skrif is aan die muur nie. 5) Die wat wil emigreer maar nie die geld, opleiding of vaardigheid het om te kan nie. In watter groep val jy? My hart bloei vir jou as jy in groep 5 is. As jy in groep 4 is, hoop ek jy skrik vinnig wakker. Wanneer ‘n land se kiessers-basis nie omgee om korrupte leiers te kies nie, beteken dit daardie kiessers-basis het dieselfde korrupte waardes as die leiers wat hulle verkies. Ek voel nie meer tuis in so ‘n land nie, dus skuif ek.
Betsie 10/23/2009 2:04:06 PM
Kaltie, kontak my by betsievrey@hotmail.com vir raad oor Oz-emigrasie. Ek sal jou verwys na die regte mense toe. Op een voorwaarde dat jy NEE gestem het op 17/3/1992. Nou is dit te laat vir die witmense in SA. Die negatiwiteit is te verstane en te verwagte. Ek sien selfmoorde en gesinsmoorde neem toe onder die witmense. Dis nou tyd vir jul JA-stemmers van 17/3/1992
om te BELY. En ek hoop dis ONMOONTLIK vir julle om enigsins te kan emigreer. Julle het SA in die gemors waarin hy is. Julle moet nou daar bly en alles belê in die Nasionale Party.
Wakkerslaper 10/23/2009 2:06:47 PM
GUN MY OM EEN REGUIT VRAAG TE VRA, NET VIR INTERSSANTHEID: WIE VAN JULLE IS UITERS GATVOL VIR DIE HUIDIGE SITUASIE EN IS OP DIT PUNT OM ‘N OPSTAND IN EEN OF ANDER VORM TE OORWEEG?
Francois V 10/23/2009 2:11:09 PM
Ek staan verstom dat die ver-linkse Beeld vir Chris Louw toelaat om die waarheid (realiteit) te skryf. Ek sien dat Tim Du Plessis met verlof is. Dan is DIT seker hoekom Chris 'n vet kans gevat het?? Chris Louw sal nou beslis sy werk verloor. En Maandag sal Tim Du Plessis moet verskyn voor sy ANC-base. Want die ANC gaan NIKS van hierdie skrywe hou nie.
Sarah 10/23/2009 2:19:09 PM
Tot die wit ANC's emigreer ook nou Australia toe. Nogal na 'n wit land toe!! Skielik is hulle nie meer tevrede met hul eie base nie. Die skrywer en ANC-slimme (JM Coetzee) is al 4 jaar daar en gee klas by Adelaide Universiteit. Antjie Krog se broer (Kootjie Krog van Kroonstad) smeek enigeen op die internet om hom ook te help padgee Australia toe. Baie dae wonder ek of ekke die malletjie is ......
Chrispot 10/23/2009 2:27:29 PM
Chris, hoekom het ek geweet dit is wat vir ons wag in SA? Ek was nooit rassisties nie. Ek is nie dom nie, maar nie noodwendig slimmer as jy en FW en ander nie. Ek wil nie meer verwyt nie. Ek dink dis tyd dat Afrikaners saam werk. Dalk kan ons vir ons kinders weer vryheid gee. Maar vryheid vra 'n prys. Gewoonlik 'n duur prys, soos bloed.
lk 10/23/2009 2:34:07 PM
Aan julle in ander lande, bly waar jul is, jul kinders gaan nooit eers terugverlang na SA nie. Die mense wie ek jammer kry is die mense in plakkerskampe, want daar is goeies, want hulle is die eintlike mense wat deur ons huidige regering totaal en al uitverkoop word, hul besef dit almal nog net nie, alhoewel daar hier en daar dinge begin wys. Hulle is die mense wat vasgevang is in hul kontinent, want hul lewensomstandighede sal nooit, ooit verbeter nie, want ons leiers dink net aan hulself en hul voel vir hul eie swart medebroers en susters niks, niks, niks. Nkosi sikele Africa, en straf die wat korrup is met pes en siektes.
Ric 10/23/2009 3:15:26 PM
Ja dit is hartseer, ek moet maar my tassie pak en onse nuwe suid afrika verlaat.Ek gaan dit nie hier maak nie. As ek bly dan is my paadjie geteer hel toe. Ek wil nie meer my siel so versondig elke dag nie ons het net een lewe ek wil dit geniet.
Thinus 10/23/2009 3:59:00 PM
Chrispot, is die volgende paragraaf, wat Chris Louw hierbo geskryf het, nie 'n perfekte omskrywing van die sogenaamde padda-in-die-potsindroom nie:
" Maar meestal is die verandering nie so drasties nie. Mense pas hul toekomsverwagtinge geleidelik aan en dit word beïnvloed deur baie dinge – materiële omstandighede, werkvooruitsigte, persoonlike veiligheid, ouderdom, politiek?.?.?."
Boerseun 10/23/2009 4:27:38 PM
Ons almal moet doen wat vir ons reg is. Of dit gly is of bly is, die tyd vir finale keuses is amper verby. Daar's geen kans dat die ANC gelig gaan word nie, geen kans dat die WC=K onafhanklikheid gaan soek nie, so besluite moet gemaak word.

binne beeld

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Deon sê... lieftse Timmie. Hierdie wit man wil ook verander maar nie op die manier wat julle wil nie. Ek wil verander in 'n soldaat wat 24/7 die ANC ondersteuners, wit en swart afmaai. My frustrasievlakke is lankal verbygesteek en ek kan nie sien hoe ons verby erge sosiale onrus gaan kom nie. Ek wil he dit moet kom. As my bydrae dan niks anders is as om my vyand op die slagveld te vernietig nie dan laat dit kom!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Mechanical Project Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAEWOO

Matiz 0.8 SE 5-dr
2000
R 29,900.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2007
R 139,990.00

OPEL

Astra Classic 140i
2006
R 29,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...