Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts
Gasrubriekskrywers

Gereduseer tot slegs 6%

2009-11-17 22:34

Chris Louw

Dit hinder my dat omtrent al wat ’n Afrikaner is deesdae net kritiek op die ANC lewer. Kwalik ’n jaar gelede sou daar leedvermakerige beskuldigings oor ’n magsverliessindroom en ’n terughunkering na apartheid gewees het.

Interessant dat dít deesdae nie so dikwels gebeur nie. Nagenoeg al ons gewese lefties kla nou saam in die koor.

Ek wens ek kon iets konstruktiefs oor die ANC sê. As ek hard probeer, kan ek seker. Maar telkens vind ek my komplimente het bloot betrekking op gevalle waar die ANC regmaak waar hy verbrou het.

Daar’s Eskom en die Godsell-geval, Atletiek Suid-Afrika en die Chuene-fiasko, die nuwe bedeling by die SAUK, die regruk van die Landbank, erkennings dat uitkomsgerigte onderwys misluk het, die herstel van die polisie van ’n “diens” na ’n “mag”, Tokyo Sexwale se planne om korrupsie by die bou van laekostebehuising hok te slaan ...

En as u dink ek verwar die politieke organisasie met openbare instellings, dink weer. Solank kaders ontplooi word, staan al dié instellings in diens van die ANC.

Intussen staan Afrikaners as magtelose toeskouers die gebrou en gade slaan.

Dinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980’s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.

Die gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan – demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, ’n regstaat ...

Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.

Ek onthou ’n nag in 1989 in Indris Naidoo se woonstel in Oos-Berlyn, met Russiese vodka en eisbein, en gesels tot in die klein ure van die oggend.

Vandag klink dit sentimenteel, maar in die benouende dae van apartheid was dit ’n opwindende ervaring om in die buiteland ’n gemeenskaplike Suid-Afrikanerskap te ontdek met mense wat tuis as die “vyand” gebrandmerk is.

En gesprekke met ’n nog joviale Thabo Mbeki in ’n hotelkamer in Lusaka, pyprook en die klank van KWV in die lug, en drome oor ’n regverdige, menslike Suid-Afrika.

Sonder mag en met baie idealisme was die ANC ’n aantreklike alternatief vir apartheid, vlamme in die townships, bomme in winkelsentrums en wit polisiemanne wat reg en orde met sambokke en R4’s handhaaf.

Ek onthou ook ’n anti-apartheidsbyeenkoms in Parys, Frankryk. In die gehoor Ricky Naidoo – later een van Mbeki se segsmanne – wat dié onsterflike woorde in sy onmiskenbare Indiër-tongval uitroep: “Our people are tired of dying!”

Nou, twee dekades later, kan ek ook met my Afrikaner-tong sê: “Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word!”

En dan verwys ek nie net na haataanvalle in ons huise en op ons plase nie. Dit ook, ja. Maar ek praat van die listige moord op taal, kultuur, geskiedenis, waardes, selfs menswees. In die 15 jaar van demokrasie het Afrikaners bykans uit die openbare oog verdwyn.

Ons deelname aan die openbare lewe word stelselmatig afgetakel om ons aandeel in die bevolkingsamestelling te reflekteer: 6%. Dit is wat ons standpunt vandag werd is.

’n Druippunt.

Die gevolg van hierdie stroping is dat dié Afrikaners wat kan, al hoe meer sekerheid in materialisme soek. Sonder idealisme is dit al wat oorbly – geld, spoghuise en deftige motors wat, ironies genoeg, juis die sekerhede ondermyn. Want dit sonder ons uit en maak van ons teikens vir afguns en van misdaad.

Ek glo die meeste Afrikaners sal vertroue in die staat bo wêreldse besittings verkies. Maar dan moet dit ’n doeltreffende en regverdige staat wees, wat vertroue verdién.

Afrikaners word voortdurend van rassisme beskuldig. Maar rassisme gaan nie deur beskuldigings of wetgewing uitgewis word nie. Dit gaan net kwyn wanneer individue in gesagsposisies optree op ’n manier wat respek ontlok.

Dis nie wat die ANC doen nie. Die ANC wat vandag aan die bewind is, verraai almal wat aan ’n regverdige toekoms geglo het – insluitend dié Afrikaners wat op hul manier die huidige bedeling help moontlik maak het.

Lewer kommentaar op dié storie


Don Maasberg 11/18/2009 7:19:58 AM
Saam, stem ek saam. Die grootste fout wat die afrikaner van daardie tyd gemaak het, was om die kulturele interpretasie van Demokrasie mis te kyk. Die manier hoe die ANC demokrasie bevorder, is ver verwyder vanaf die Afrikaner interpretasie.
Juanne 11/18/2009 7:24:31 AM
Ek stem 100% saam met Chris Louw. Hoe motiveer ek my kind dat daar 'n toekoms is vir hul jongmense in ons (almal se) land?
Marion Oelofse 11/18/2009 7:25:59 AM
Ek is 6o, wit, vroulik en lief vir my land. Ek glo ook aan 'n regverdige demokratiese stelsel, en bid dat GOD ons leiers, die in die polisie, die regslui, die nooddienste, die medici die insig en wysheid van Salomo sal gee, want saam kan ons 'n reenboog nasie wees met trots ons eie kultuur en taal hê, rassehaat is 'n leun uit die hel. Ons kan saamwerk, daar is fout, groot fout in baie kringe, as mens moet begin vinger wys, is dit soos altyd gesê is, kyk hoeveel vingers wys terug na jou. Ek sal nie my land verlaat nie, al het ek al die geld in die wêreld, inkosi sikilele Afrika. Dat die wittes die afrika lande ontwikkel het, is so, met hulp van swart arbeid, kom ons kyk hoe gaan ons leiers voortbou op dit wat begin was, en help een en elk waar ons kan. Al is dit net by jou huis en by jou werk met jou werkers en kollegas. Dis 'n begin.
Colonial 11/18/2009 7:43:00 AM
En om te dink ek, 'n whitey, het ook soos die meeste whitey p@epols daar buite die ANC se beloftes geglo en die party in gestem. Ek is NIE 'n rasis nie, maar hoekom as daar nonsens aangejaag is, is dit onbevoegde mense in die verkeerde posisies? Ergste, hulle word eers uit gehaal as dit heeltemal te laat is. En ander, swart of wit of gekleur of Indiër, wat bevoeg was en is, moet ten ons belasting betaler se koste regmaak. Ek sal maar boet vir my onkunde.
alkie 11/18/2009 7:45:09 AM
Welkom by die realiteit wat jy help skep het. Welkom terug by jou volk wat jy help uitverkoop het. Pleks jy liewers daardie tyd gaan sit het en gaan kyk het na altwee kante van die saak dan sou jy gesien het dat dit wat beplan was die regte oplossing was. Ek het altyd gewonder,wat het van die geld geword wat vir die tuislande gegee is vir ontwikkeling.Soadat hulle teen vandag as onafhanklike state op hulle eie sou kon funksioneer. Dit is gebruik om in hotelkamers rond te kuier en mense soos jy wat nie sterk gronbeginsels het nie,te verlei en julle deel van die ANC se gierigheid te maak.Want hulle was te lui om te bou en om hard te werk en op offerings te maak. Hoekom moes hulle,die witman het moes klaar die werk gedoen.Ons kan maar net instap.Intussen kuier ons maar in hotelkamers terwyl die arme gekke op die grond hulle lewens waag en hard werk. En vandag nog gaan dit voort. Ek hoop jy leer van vandag af ons volk en sy kinders om nie hulle ore uit te leen aan die ANC se liegstories.Selfs ons volk se geskiedenis word verdraai en aan ons jeug opgedis as die waarheid.Begin nou net so hard werk vir jou volk soos jy destyds vir die ANC gewerk het.
Marietjie 11/18/2009 7:49:14 AM
Ja, hoe ironies. Dis nou 'n geval van 'n hond wat die hand byt wat hom gevoer het! Ek kan maar net die arme Afrikaners wat gedink het dis 'n goeie idee dat die ANC aan bewind kom, baie jammer kry. Ons land is op 'n vinnige afdraande pad en ek kan maar net hoop dat daar iets drasties gebeur wat ons uit hierdie gemors sal kry want die ANC is nie in staat om hierdie land doeltreffend te regeer nie!
Pieter 11/18/2009 7:49:28 AM
Nou ja Chris, het nooit gedink ek sou dit se nie maar dis seker die eerste keer wat ek jou iets sinvols hoor se. Eindelik het jy die lig as 'verloopte' saam met my as 'verkrampte' gesien! Ek, ek glo meeste ander Afrikaners, het vrede met wie die land regeer solank dit goed gedoen word het ek werklik geen probleem nie. Die wortel van kritiek is nie magsverlies nie maar die verlies van erfenis, waardigheid en erkenning aan dat ons ook deel aan die nuwe SA het, immers het ons FW tog destyds die maandaat gegee met 'n meerderheid, wat die enigste kanaal was waar dit uitgedruk kon gewees het. Sien uit na jou volgende artikel.
Chris Visser 11/18/2009 7:49:52 AM
Chris; 'n Skitterende opsomming van hoe ons land na 15 jaar onder ANC bewind lyk; So hartseer jammer; Daar was so baie moontlikhede; Dit is verbrou;
Jammer ANC; Jule het julle kans gehad; Nou hang dit nog net af of die kiesers die eerlike 'guts' het om hulle uit te stem... en of hulle die 'guts' gaan he om dit te aanvaar en nie soos Mugabe te begin vasklou aan mag nie."Demokrasie" het 'n ander betekenis oral in Afrika.
Ons kan darem nog bid! Mag God ons land genadig wees en bewaar.
VisChris
Stefan Van Rensburg 11/18/2009 7:57:15 AM
Ja vriend Chris... Dit was lekker dae toe ons boetmanne so die b#&** in was nè? Maar goed so. Hoe meer ons oor die dinge praat wat regtig saak maak, hoe meer begrip sal daar wees vir wie ons is, waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan, met die nodige apologie aan Voltaire, wat dit darem ook lankal ingesien het. Groete en vrede vir jou.
Cobus 11/18/2009 8:02:33 AM
Ja, Chris. Dit kon ek al in die 80's vir jou vertel het. Maar toe is julle spul lefties mos slim verby gewees. Kry vir jou!
Hennie 11/18/2009 8:33:43 AM
Ja Chris, met al die vodka en KWV kan julle dalk nie onthou wat die strekwydte van julle gesprekke was nie. Ek wil nei graag Bybelverse rondgooi wat uit konteks aangehaal word nie, maar omdat ek dit 'n dag of twee gelees het is dit nog vars in my geheue:
Jes. 5 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly terwyl die wyn hulle verhit. En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
JP 11/18/2009 8:39:47 AM
Dis duidelik arme Chris was baie naief in die verlede.
Frans 11/18/2009 8:40:30 AM
Dankie Chris. Jy slaan die spyker op die kop. Wanneer gaan ons wakker word en iets gesamentlik aan ons eie lot begin doen.
Abie Blaauw 11/18/2009 8:49:50 AM
Ek luister nou die dag na Chris Louw op TV en ek sien 'n ander maens as die een wat as "Boetman" beskryf is en ek sien dieselfde ander mens in hierdie artikel. Nie een van ons geslag Afrikaners (ek is wit, Afrikaanssprekend en 54 jaar oud) sal ooit vir diegene soos Chris vra "Wat het julle verwag?" nie. Die gespreksgroepe waarna Chris verwys was uiters noodsaaklik omdat daar nie in SA voortgegaan kon word op die manier waarop destyds aangegaan was nie. Die (apartheid)stelsel het homself vernietig, maar die tragiese is dat daar nie genoeg wysheid beskikbaar was onder die nuwe heersers om dit wat bepraat is, te maak werk tot voordeel van almal in SA nie. Daarom was die res van die Afrikaners apaties, onbetrokke en met stomheid geslaan. Hulle het maar "gewag en kyk" en nou eers besef hulle dat hulle te lank gewag en kyk het. Tipies is ook die verdeeldheid onder die Afrikaners, die "verkarikaturing" (eie woord) van voorheen gerespekteerde leiers, die opkoms van opinievormers bestaande uit rampokkers uit die Afrikaanse musiekwêreld en 'n totale afwesigheid van Afrikaanse kundigheid in die hoër eschelons van die korporatiewe omgewing. Daarom, Chris, wil ek ook vandag vra: "Waar is al die wit (kundiges) heen" nav die "where have all the white brains gone - gone to graveyards everyone?"
Gert Botha 11/18/2009 9:05:24 AM
Jammer dit het jou 15 jaar gevat om te erken dit was n fout.En wanneer gaan De Klerk en Meuer en Pik Botha dit erken?En wat nou,Chris?
Brentie 11/18/2009 9:11:11 AM
Ja Chris, soos met alles in die lewe,komspyt te laat.Waar is die dae toe die mannedestyds, toe ek 'n sekretaris van 'n regse-tak was, my meewarig aangekyk het en probeer oortuig het dat as hulle die 'verligtes' nie weet wat die oplossing isnie vir die land se probleme, weet niemandanders nie.Nie solank gelede loop ek toe een van die'Verligtes' raak en vra hom toe uit wat vansy voorspellings geword het,nou dat sy party op die politieke ashoop beland het.Heel verlee met gehum en geha, amper soosjy Chris, erken hy toe baie verlee dat hynie gedink het dat dit so sou uitdraai nie,maar dat hy nou darem as troos die regte party ondersteun, nl die VF+.Sien Chris dit was julle lot se probleem,julle het nie gedink nie, wat nogal redelikgou gebeur as die brein deur rook en drankaangetas is.Kyk versoening en al die mooi ideale het netop topvlak gewerk,daar by die tafels van Kodesa waar die wereld se kollig geskyn heten die manne teesinnig kon blad skud.Maar dit wat daar gebeur het is op grondvlakheel anders vertolk.Dit is gesien as die oorgawe van 'n wit gehate minderheidsregeringwat verslaan is.Nie solank daarna het briewe ook in die linkse pers verskyn dat aangesien swartes nou die oorwinnaars is, is dit tyd dat diewittes hul bekke hou en hul as oorwindesmoet gedra of gee pad.Nou Chris moet jy begin skryf nie oor dieANC se sondes nie maar oor die behoud vandie Afrikaners se taal,kultuur, geskiedenisen skole alvorens dit ook alles in diepolitieke asdrom van die ANC beland.
Richie 11/18/2009 9:14:15 AM
Vir die wat geluister het in die geskiedenis klas. Onthou wat met Piet Retief en sy manne gebeur het toe hulle met Dingaan gaan onderhandel het. Niks het verander nie, dit is hoe dis is en hoe dit attyd sal wees
JLR 11/18/2009 9:17:12 AM
Ek kry die gene jammer wat ooit gedink het dat 'n regering onder ANC sal kan werk! Hoe kon mense so blind gewees het? Die hele Afrika het vir julle "lefties" as voorbeeld gestaan, maar die blinde gevoelens van die liberale moes op voorgrond gestel word. Julle kan niemand anders as julself blameer vir die gemors wat Suid-Afrika vandag is nie.
heinrich schaefer 11/18/2009 9:28:49 AM
Wat het Chris verwag. Die geskiedenis het mos net weer homself herhaal. Onthou nog hoe Piet Retief en sy manskappe met goeie bedoelings in n Zoeloe kraal in is. Ontwapen is en toe vermoor is. Wit Afrikaners julle toon te veel respek en glo te veel al die nonsens wat media, mense en politiekuste in jul ore fluister. Beveilig julself en jou bure hou op weg kruip agter hoe mure en sekeriteit kyk dit help nie. Mnr. Chris Louw jy en die ander  hensoppers het dit mos gevra. Julle het jul afgevee aan waarskuwing van die regse leiers daai tyd
Corra 11/18/2009 9:29:03 AM
Welkom by die res van ons Chris! Die van ons wat al lank met 'n bekommernis in ons harte loop oor ons kinders en ons eie toekoms. Ek is 'n optimis, maar dit lyk bleek! Maar tog wil ek hier bly en my kinders hier groot maak want ons moet aanhou glo en vertrou!
Louise 11/18/2009 9:29:53 AM
Ag hemel, dit maak my so moedeloos, die een ou spul verwyt net, en die ander haal uit die Bybel aan. Dis so tipies van die versplinterdheid van Afrikaners en die gebrek aan leierskap. Albie is reg, ons kon nie op die pad van apartheid voortgaan nie. Maar wat ons gekies het in 1994 was idealisties, en 'n eksperiment wat tragies genoeg nie gewerk het nie, daarvoor is die kulturele en ideologiese gaping tussen swart en wit te groot. En die getalle-oormag te geweldig. Daar is na my mening geen toekoms vir blankes in Afrika nie, behalwe as toerisme operateurs, mynbestuurders en hulp organisasie verteenwoordigers nie. Ons voorouers het op die verkeerde kontinent afgeklim, hulle moes verbygehou het na die ander kolonies, waar die bevolking eers uitgeroei is, en later vrae gevra is.
Tragies, want elke keer as ek dit se, wil my hart huil oor die Karoo, die Kalahari, die Drakensberge, Pretoria vanaf Meintjieskop, die Vrystaat se oop landskap en die Boland, wat ek agtergelaat het.
En ek wonder,was daar regtig nie 'n alternatief nie.
Gedorius 11/18/2009 9:56:23 AM
Daar is wel die van ons wat as intelligentes maar meer berekend en ervare in die weg van Afrika was en van beter geweet het. En op rekord is dat ons dit gese het. Maar meewarige en smalende snedigheid is nie wat gevra word nie. Soos Koos Kombuis se erkenning `n paar weke gelede dat hy basies `n "sucker" was om naief te glo dat die nuwe heersers die morele waardes en integriteit sou he om hulle nuutverworwe mag aan te wend vir `n beter SA, moet mens Chris se eerlikheid (alhoewel dit nie in die vorm van `n ondubbelsinnige erkenning kom nie)erken en bewonder word. Snedigheid sal min waarde he. Ek weet nie wat die oplossing is nie. Ek self het gekies om `n jaar gelede, terwyl ek nog jonk genoeg was, my vaardigheid te gebruik om in `n land met `n beter toekoms `n opsie vir burgerskap te beding. Maar as daar regtig `n "fight" sou uitbreek, weet ek dat ek waarskynlik sal teruggaan. Anders as menige slimgat linkses wat waarskynlik uit die buiteland slim rubrieke sal sit en skryf oor wat eintlik in SA verkeerdgeloop het. Die skrif is aan die muur. Maar die uur van beklemming sal die manne en die oplossings bring. Die Afrikaner het nie tot hier gekom op korrupsie en verrottende waardes nie. Daar sal lig wees. Maar laat ons geen illusies he oor wat die ANC (lees swart Afrikane) met ons wonderlike vaderland gaan aanvang in die jare wat kom nie. Intussen sien ek nie kans om in vrees te lewe vir my dierbares se veiligheid nie, in `n land waar ek gereduseer is tot `n veragte minderheid, wat gemelk word vir my bydraes, maar verder bespot en uitgemoor word. Daar is baie wat nie sal kan padgee nie. My eie geliefdes tel onder hulle. Mag God ons in genade aansien.
Elsabé 11/18/2009 10:00:22 AM
Slaan waar dit die seerste gaan maak... stuur ALLES oor ALMAL wat doodgemaak word en seerkry na die buiteland vir die media.
Piet 11/18/2009 10:07:45 AM
Uitstekende artikel! Wil iemand dit nie asb in Engels, Sotho, Zoeloe vertaal en dan voorlees vir die ANC en hul ondersteuners en dit ook asb aan hulle verduidelik en weer verduidelik asb. Dit sal in elk geval nie werk nie, want daar is geeneen in die ANC wat enigsins enige verstand het nie! Kyk maar na die res van Afrika!! Die ANC en Mugabe koop hand aan hand en is so in mekaar se agterente opgekruip, en dis donker daar, en ook die rede waarom daar slegs 'n donker toekoms is vir Afrika! Is daar iemand daar buite wat kan H E L P ? P L E A S E ! !
Harregat 11/18/2009 10:24:45 AM
Weet jy Chris, ek kan nou, en wou uitvaar teen jou en jou maats waarna jy verwys in jou artikel, maar wat sal dit bereik? Nog meer gal wat gebraak word, doen niks aan ons huidige saak nie. Artikels soos dit, doen niks vir die afrikaner nie, as jy jouself wil verskoon, doen so, met liefde. Maar dit doen niks vir ons volk, ons mense en ons kultuur nie. Ons as afrikaners moet opstaan, ons moet die skuld wat voor ons koppe gegooi word verwerp! Ons moet weer die stryd aanpak, die alewige stryd wat die afrikaner se lot is, weer aanvat. Ons moet opstaan, ons stem dikmaak en hard en duidelik verkondig - "NIE EEN DRUPPEL BLOED MEER NIE!" Ons het genoeg gehad, en ons gaan nie meer vat nie. Afrikaner, hou op om onder mekaar te struwel. Hou op om jou naaste te na te kom. Begin om te help om weer ons volk te bou. Ons is een nasie, een volk, en ons moet ons eie toekoms nastreef! ONS HET DIT AL GEDOEN, ONS KAN DIT WEER DOEN! Staan op afrikaner. Staan Op!
HettieB 11/18/2009 10:29:35 AM
Ek dink die Afrikaner gaan nog lank aan skok lei omdat sy volmaakte ideologie van apartheid (dit is mos wat die Bybel voorgeskryf het en moes dan mos die regte pad gewees het), vervang is met die gebrokenheid van die wereld. 1994 was nie die sondeval nie! Daar was nie volmaaktheid "in die ou dae nie" Die gebrokenheid is net baie goed weggesteek. Ons Afrikaners was mos die uitverkore volk van God, staan opsy Isrealiete! Die gebrokenheid van die mensdom is eenmaal sy lot en sal eers tot op einde kom met Jesus se Wederkoms, of jy nou daarin glo of nie. Tot dan, bid en glo en werk!!
Leon 11/18/2009 10:32:43 AM
Ag siestog ou Chris. Al hierdie samesprekings in die 80'2 klink nou meer na 'n gekonkel onder die tafel as iets anders. Waar pas jy nou in die nuwe gemors? Moet ons nou pph'e soos jy en jou leftie vriende weer nooi vir die nuwe samesprekings of kan ons julle maar verlos uit julle onnoselheid en vra dat die stadsraad julle kom uitsit!?
Louise 11/18/2009 10:43:00 AM
Elsabe, die wereld het SA eenvoudig afgeskryf. Daar word bitter min elders berig oor wat in SA gebeur. Die blankes se klagtes word as "verdiende loon" beskou. En met die wereld reeds in so 'n warboel, is SA se probleme eenvoudig nie meer wereldnuus nie. En geen land wil erken dat die eksperiment - van een man een stem - 'n klaaglike mislukking was nie. Want dan moet hulle erken dat rasseharmonie eenvoudig nie moontlik is nie. En die hele Westerse wereld sit vandag met die probleem van anderskleurige en andersdenkende immigrante wat oor hul grense binnestroom en regte opeis.
Maw, SA moet vir homself sorg. Afrikaans en Afrikaners bestaan miskien voort in die kuberruim, maar op SA bodem is dit besig om te kwyn. Soos een navorser 5 jaar gelede gese het, teen 2030 sal daar slegs klein enklaves van blankes nog oor wees in Afrika.
Ek het nog nie gehoor van 'n ander opsie nie, die pad vorentoe is die van Afrika.
KKK 11/18/2009 10:49:41 AM
Die verlede is onomkeerbaar en beskuldigings en teregwysings nutteloos. Apartheid was onvolhoubaar en ‘n skikking onafwendbaar gegewe die politieke klimaat in die 1980s. Die voorheen geisoleerde Nat onderhandelaars was egter totaal onopgewasse en naief en het bloot ‘n simplistiese magsoorgawe bewerkstellig na ‘n enorme mistasting oor die motiewe en vermoens van die teenparty. Die vraag is egter wat blankes en die Afrikanervolk spesifiek vandag te doen staan ten einde hul oorlewing te verseker na aanleiding van die ongenaakbare aanslag op hul kultuurgoedere, eiendom en fisieke. Onvermoe en afguns sal die onderdrukking bly stook en vreedsame naasbestaan haas ontmoontlik maak. Die reenboognasie is ‘n illusie met geen gemeenskaplike normes en waardes nie en is eenvoudig besig om te verkrummel onder die aanslag van toenemende anarchisme en onverantwoordbaarheid. Wet en orde word toenemend aan die kaak gestel en die ANC en hul kaders is bloot besig om die land stelselmatig te plunder vir eie gewin. Nasionale belang en patriotisme bestaan net geensins nie. Die enorme toename in die bevolking (25% oor die afgelope 14 jaar!) is verder onvolhoubaar en gaan die land se infrastruktuur verpletter. ‘n Moderne land kan vervolgens slegs met kundigheid en uitnemendheid gebou word en ‘n verkrummelende onderwysstelsel bied geen rede tot optimisme nie. Afrikaners kan hul ook beroep op hul godsdiens tot in lengte van dae maar sonder ‘n daadwerklike plan, is hul gedoem tot hongersnood en ellende. Dit is die storie van Afrika. Mag is geskoei op grondgebied en oorlewing op selfbeskikking. Retief het in goedertrou onderhandel en die prys betaal, terwyl Pretorius tesame met sy geloof ‘n plan gehad het wat oorwinning en oorlewing verseker het. Die tyd vir rebellie en vir die Afrikanervolk om sy selftrots en waardigheid te bevestig het weereens aangebreek en alhoewel dit vele passiewe Afrikaners wat sou verkies om langer potpaddas te bly, teen die bors mag stuit, is daadwerklike optrede en aktiewe weerstand teen ‘n magsbehepte ANC al oplossing. Na 15 jaar van vertrapping en duisende wit moorde is opstandigheid en onregeerbaarheid die enigste uitweg om uitwissing te ontkom.
paula 11/18/2009 11:14:17 AM
Ek stem saam met Elsabe doen dit maar onhou net die persentasie balnkes wat dood gemaak word is die swart mense sin 7 keer meer so vir een blanke word daar 7 swartes dood gemaak wreed en ook onnodig, maar ons steur ons nie daaraan nie hoekom sal hulle hulle aan ons steur. Ons moet 'n oplossing kry vir almal in SA dit help nie ons doen dit net vir die blankes nie.
Danie 11/18/2009 11:19:21 AM
Gooi ek my arms in die lug! Daar is nog waaragtig "Afrikaners" wat ordentlik, versoenend, toegeeflik, nederig of wat ook al teenoor mense soos hierdie Chris is! Ek wil nie eintlik met of oor jou (julle) praat nie, julle maak my die bliksem in en ek is nie regs nie, nee eintlik baie normaal en het ook "JA" gestem!!! Vir wat? Ja jy en die De Klerk spulletjie het toe reggekry wat die Engelse Empire gesukkel het om reg te kry. En ja julle moet weet "julle" is 100% verantwoordelik vir my "doringboompie" wat nie deur die wawiel vernietig kon word nie, se finale knak, regtig! Die Afrikaner nasietjie gaan verdwyn, ek glo so! Ek wens jy wil net weggaan, ek het nie n behoefte aan jou "bieg" snert nie, jy/julle maak my die m*&r in. Raak van jou twak in "julle" koerante ontslae! Wat se Dr Chris Barnard half snedig in n onderhoud met Sandra? De Klerk het vir hom gese daar is "check and balances" ingebou, in wat? EK IS NIE REGS NIE!!!!
Deon 11/18/2009 11:21:31 AM
Vir almal wat repliek lewer met:"ons het julle mos ges^e .." wat 'n klomp snert raak julle nie kwyt nie. Ons land kon nie aangaan soos wat dit gedoen het voor 1994 nie. Vandat die Europeers hulle voete op Afrika gesit het, het hulle net een ding in die oog gehad - heers, regeer, neem oor, buit uit, verkleineer, en verryk. Dit is hoe die voorsate van die swart-regerende generasie vir geslagte lank hanteer is. Die manier van doen het w^ereldwye steun gehad, aldus kolonialisme. Genadiglik het die rondom-1994 generasie die wysheid gehad om dit te probeer verander - maar om 'n eeue se verdrukking om te draai na wedersydse erkenning, intellektuele ambisie, morele etiek en menslikheid, gaan nie net in een geslag gebeur nie. Ons demokrasie is nog in sy vuil-doeke stadium - ons kan dit nie net gelate aanvaar nie, maar as nuwe-suid-afrikane, swart en wit, moet ons daagliks opbouend optree en nie afbrekend nie. Inderdaad is die huidige ANC-generasie vol korrupsie, onbevoegdheid en immoraliteit en hul opvolgers hou nog minder belofte in, maar, om nou net die houding in te neem van "ons het julle mos ges^e" bereik niks nie. Ek dank die liewe Vader elke dag dat ek nie my kinders in 'n apartheid-samelewing groot maak nie - dit was rasisties, en immoreel. Ek bid ook dat hulle staande kan bly in 'n korrupte, immorele ANC-suid-afrika. Maar Chris, jou 6% argument maak nie sin nie, dis omdat ons onsself wil eenkant hou en nie ons as deel van ons medemens wil beskou nie - daar is baie swart, bruin en indier mense wat voel soos ons voel. As ons almal wat so voel nou net ons na-binne-gerigte sindroom wil laat vaar en saamstaan, kan dit baie beter gaan. Dank Vader vir 1994!, nou is dit weer tyd vir 'n verandering!
petros 11/18/2009 11:27:04 AM
Liewe, liewe Chris. Hoekom vat jy nie maar weer jou KWV en gaan "bepraat" die ou sakie met die vrinne nie? Jy was en is verskriklik naief!
BigD 11/18/2009 11:29:36 AM
Ja wel... ek het nee gestem in die referendum. Ek glo daar was `n geldige rede vir Apartheid. Die mense het nie sommer net een oggend op gestaan en besluit dat wit mense beskerm moes word nie. Hulle het gesien wat sal gebeur as jy die Duiwel los laat. Maar die massas het geskree... Kruisig ons... kruisig ons!!!
Tom Bisschoff 11/18/2009 11:45:18 AM
Louise ek voel vandag soos jy. Sit hier in Engeland in 'n universiteitspos by een van die 50ste beste universiteite in die wereld en wonder wat het in my land gebeur dat 'n land wat smag na kundigheid, kundigheid aan die ontwikkelende ekonomiee van die wereld afstaan. Afrika is die verkeerde kontinent vir my. Alles waarvan ek hou (veiligheid ingesluit) soos operas, klassieke musiek en westerse skilderkuns is aan die kwyn. Sterkte julle ek het nog familie en vriende daar en wil he dit moet goed gaan.
Anton 11/18/2009 11:52:38 AM
As die omstandighede tot klug verklaar word(the rainbow doen't work!), kan dit sonder twyfel gese word dat die manier waarop die "struggle" gebeur het ook 'n klug was???? Is apartheid nou weer in die mode? Is die land dan werklik die Afrikaner se eiendom? Is Mandela werklik 'n engeltjie? Hoe het dit alles tot die punt gekom waar SA 'n kookpot is wat wag om oor te kook? Het FW slegs die onvermydelike uitgestel? En so kom vele ander vrae na vore as jou oe oopgaan - en die laaste vraag wat elke een wat homself 'n Afrikaner(ek is 'n Boer) noem is, hoe vereenselwig ek hierdie "nuwe" ondekiing met my Geloof? Het hierdie "regse barbare" 'n punt beet? En dan ja slegs dan raak die oplossing duidelik. My voorstel aan al ons mense is: Soek! Soek! Soek! anders glo ek die oplossing sal jou vind en jou verras. En wanneer ons almal klaar gesoek het sal ons weer na mekaar luister sonder om broers en susters te blameer dat hulle "JA" gestem het en nie wakker was nie. Chris ek hoop en ek sal graag wil glo dat jy opreg is in dit wat jy skryf en dat soveel ander ook hulle oe sal open.
Hermann 11/18/2009 12:24:26 PM
Deon, Hierdie kind gaan jy nooit in der ewigheid van die doeke afkry nie. Die sogenaamde demokrasie gaan homself nog betjorts tot in sy hoër ouderdom in. Jy is ook een van daai mense wat maar net nie die skrif aan die muur wil raaksien nie.Die ANC kan nie uitgestem word nie.
S.P van Niekerk 11/18/2009 12:27:31 PM
Chris ek is ook skuldig daaraan dat ek meer van die ANC leierskap verwag het as wat hulle kon lewer .Vir die wat nog droom dat ons eendag een groot "happy family" van broeders en susters gaan word hier in SA - "Wake up and smell the roses".Die boustene van n nasie is wedersydse respek , iets wat by die dag verder kwyn in hierdie geliefde SA van ons.
Peet Smit 11/18/2009 12:32:06 PM
Chris,
Jou oordeel oor die huidige situasie is nog net so sleg as destyds toe jy jou omdie bos laat ly het.ek stel voor jy verdwyn en laat ons Afrikaners met rus sodat ons self 'n oplossing vind
groete
Juan v Pta 11/18/2009 12:43:50 PM
Apartheid is die enigste stelsel wat in RSA gebruik kan word om minderhede te beskerm. Ons bly tog immers in Afrika, daar is geen alternatief nie. Dr Verwoerd het die wysheid gehad om dit te sien, Oom Jaap Marais het dit geweet! FW het dit geweet, daarom sy slinkse manier om die kiesers te mislei. Liberaliste glo hulle sal hulle eie utopia op aarde skep sonder God & Sy Woord. Baie voel soos Chris, hulle ervaar dit aan hulle bas waaroor hulle gewaarsku is gaan gebeur, maar ten spyte van kan hulle nie oor die drumpel v geloof stap nie. Hulle moet te veel "vryheid" opgee. Die vryheid om liberaal te wees is n te grote prys om te betaal v hulle. Wat dink julle sou met Israel gebeur het indien Moses n verkiesing sou uitroep toe hy v d berg af terug gekom het met die 10 gebooie. Hy sou los hande verloor het en Israel sou v d aardbol verdwyn het. Dankie tog dat Moses nie sy eie eer gesoek het nie, maar God sin. As al die joiners ook maar eerder God se eer hoer gestel het as hul eie sou RSA n rol model staat kon gewees het.
Hannes 11/18/2009 12:48:17 PM
Watter grap? "ek dank die liewe Vader my kinders word nie groot in 'n apartheid samelewing nie" Deon my Ou, jy weet nie waarvan jy praat nie. Wat noem jy BEE en regstellende aksie, die feit dat wittes uitgemoor word, elke dag uitgekryt word as die vyand en verdrukkers, dat ek op elke amptelike vorm my ras moet invul? Jy's nog steeds op 'n dwaal spoor nes die heer Louw was destyds. Gaan praat met my suster, op wie drie jaar gelede gespring is in haar huis, met skoppe, klappe en vuishoue neergevel is en toe verkrag is en moes hoor sy's 'n wit hoer of sy so lekker bly in julle nuwe SA? Ons stem saam dinge kan beter gaan in SA. Sonder die ANC wat dronk is van wellus na mag, geld en rassehaat. Louw en al die teologiese voete wassers, gaan vang 'n paas haas! Ek dank God elke dag ek het die visie gehad om my pragtige dogter 5 jaar gelede uit hierdie land te stuur. Vir my kan en sal hulle seker nog vermoor,olank sy darem net 'n goeie lewe lei sonder om die heeldag oor haar skouer te kyk of haar safety deur te sluit...
PPP Scholtz 11/18/2009 12:49:04 PM
Skuilnaam "Vergewe en vergeet?"

Ek kies as skuilnaam Ferdinand Deist se fenomenale boekie, met titel "Vergewe en vergeet?" 1997 geskryf. By JL van Schaick.
Ons as Afrikanervolk moet hulle eie waarheid en versoening hou en ALLE Afrikaanse kerke in hulle verbande kan deelneem. Laat die lidmate in jou kerk net begin en onder mekaar bely en ekskuus vra; gelykertyd harte leegmaak - oor al die seer van die verrer verlede en die latere en die nou. Beslis moet ons BID; Skrif soek en God se wil en aangesig; saam daarmee tot vergewe en versoening kom. Daarvandaan beweeg na die ander volke en rasse. Skiet gaan nie help nie. Isolasie ook nie. Blamering/verwyte slinger onderling ook nie.Selfbejammering ook nie.
Duppie 11/18/2009 12:51:08 PM
Ja dit is nou 15 jaar later en die werklikheid begin nou by mense posvat - nogal jammer hulle het dit nie al in 2000 gesien nie.Maar dan se hulle speit kom altyd te laat.Chris ek glo jy het goed bedoel maar 'n adder in jou huis kan net ongeluk bring.Jammer om dit te moet se maar ons het daai adder mooi verwelkom in 1994 - en nou kla ons. Nee my maat ons het die bed op gemaak - ons moet dit nou maar vat - al is ons hoe gatvol om dood gemaak te word. Ek kan jou net een dinge belowe - dit gaan nog lekker raak - gatvol of te nie.
C Mesnard 11/18/2009 12:52:54 PM
Die proses wat in 1994 begin het, is onomkeerbaar. Skrik wakker en bekyk die SACP se webtuiste om te sien wat die toekoms vir ons inhou: sentralisasie van mag en ‘n uiteindelike Marxistiese diktatuur. Die enigste goeie gevolg van 1994 is dat De Klerk (sonder dat hy dit so bedoel het) vir die blankes tyd gekoop het om ons kans te gee om uit die land uit pad te gee. Die idee van ‘n reënboognasie is en was nog nooit haalbaar nie en is definitief ook nie volhoubaar nie. Dis bloot ‘n geval van onversoenbare Eerste- en Derdewêreldkulture. Dis net jammer dat dit linkses soos Chris Louw 15 jaar geneem het om hierdie harde waarheid uit te vind, terwyl meeste van ons voorouers na ‘n paar eeue in Afrika dit lank gelede reeds geweet het…
cecil b 11/18/2009 1:02:46 PM
ek verstom my aan die gekerm van die regses. Dink julle wragtig die paar duisend boertjies sou die "satan" van die deur af hou? Onthou julle hoe Wolfaardt en sy trawante soos brakke doodgeskiet is in Bop? Ons het geen ander keuse gehad as om tot onderhandelinge oor te gaan nie. Al wou die Afrikaner was daar nie genoeg krag, geld en hulp om aan te gaan met apartheid nie. Soos almal se, selfs die regsees, dit is die geskiedenis van Afrika. Toe ek laas gekyk het was Suid Afrika deel van Afrika.
Toeskouer 11/18/2009 1:04:40 PM
Chris, ek kry jou regtig jammer ou maat. Jy ly vreeslik.
Terwyl jy hand op die blaas destyds besig was met gesprekke met die joviale Thabo Mbeki in ’n hotelkamer in Lusaka terwyl julle die pyp van demokrasie rook en julle asems stink na KWV (van die kaap af), toe sterf my maats op die grens om jou familie hier in SA op te pas. Jou Fool. Ek distansieer my van jou en jou tipe. Ek skaam my vir jou, jou Sot!. Laer trek saam met jou, oor my en my familie se dooie liggame. Jou tipe is waarvoor die afrikaner moet passop!
Annamarie Olivier 11/18/2009 1:05:19 PM
Ons is regs in die politiek maar ons het nog altyd respek vir lewe en mense gehad, geglo dat elke mens op sy eie hoop 'n sukses kan maak en gun elkeen wat hom toekom. Apartheid was deel van ons grootword en dit kon nie so bly nie dit was verkeerd maar hoe langer ek in die nuwe Suid Afrika bly hoe meer besef ek waarom ons voorouers dit gedoen het. Almal het foute maar kyk na die maniere hoe mense vermoor word dit is absoluut barbaars, ek sukkel om dit te verstaan en te verwerk waarom 'n bejaarde vrou verkrag moet word, waarom 'n mens se vingers moet afgesny word, waarom 'n mens van 'n brug afgooi, as dit geld of goed is wat hulle wil he vat dit dan maar hoekom weerlose mense so verniel. Ek soek 'n regverdige gebalanseerde regering maar wat bepleit mense soos die Malema's dit is rassehaat aanhits, waar gaan dit ophou ons leiers laat dit goedsmoeds toe
Pieter 11/18/2009 1:29:12 PM
Chris,
Die reuk van Pyprook en die die asems wat na KWV ruik. Is dit hoe julle beplan ou maat - met 'n dop in die hand. Geen wonder die land is beginselloos op die rand van die afgrond nie.
Groete ou maat.
ellen 11/18/2009 1:33:02 PM
ek stem saam met julle ons moet nou eitlik nie meer se ons bly in sa nie maar wel in anc land kyk op die nuus as hulle iets oor die parlement wys wie sit en slaap almal van die anc ek is nie `n rassis nie maar wie het hierdie land in elende gele die anc waar de d$$$ sien jy zuma se kind kry so `n hengse party met haar verjaarsdag dit is ek en jy die belasting betaler se geld maar worry hulle nee ,anc en parlemt lede is mos veilig en baie sjefs plaas daar nou `n slag na die wit afrikaners ook omgesien word se maar net
`n feit is `n feit
Pieter le R 11/18/2009 1:37:53 PM
Ja Chris Louw - julle was toe die usefull idiots! Hoekom het ander toe al geweet wat julle nou eers agterkom? Skande ...
HettieB 11/18/2009 1:41:41 PM
Paula, ek stem so saam met jou! Juan van PTA: en jy glo wraggies dit wat jy so aanhang. Het jy in die Apartheidsera grootgeword? Duidelik nie. Jy het nie `n idee wat hier aangegaan het nie. Soveel haat moes by die anderkleuriges gewek gewees het... ek sidder om daaraan te dink. Een voorbeeld: ek as wit skoolkind is eerste in die kafee gehelp, al het daar `n ou swart omie voor my gestaan. EN EK HET NIE VAN BETER GEWEET NIE, want dit was die voorbeeld hoe dinge geloop het. Vandag nog kry ek skaam om te dink dat daardie waardige ou man vir my as snuiter moes terugstaan en DIT NET OMDAT HY SWART WAS. Sy geld was goed genoeg. Ons pluk die vrugte en gaan dit nog pluk omdat ons werklikheid so gebroke is. Bid, glo en werk!
Oudregs 11/18/2009 1:42:16 PM
"verraai almal wat aan ’n regverdige toekoms geglo het ".
Chris Louw, ek dink jy't die Afrikaner verraai!
As dit nie vir mense soos jy was nie, was dinge definitief anders gewees. (Kannie se of dit beter of slegter sou wees nie - hang af waaraan jy meet)
Jy's een van die laastes wat moet kla.
Jan v R 11/18/2009 1:46:19 PM
Daar het pas n boek op die rakke verskyn van n eks-Zim skryfster,wie se naam ek nie nou het nie,maar haar finale gevolgtrekking is dat die winde van Afrika al die witmense se spore uitendelik toewaai.Ek het ook "ja "gestem,ek het ook gehoop en gebid,maar helaas ek is bevrees die Afrika patroon sal nooit verander nie. Soos Chris Louw het Breyten Bretenbach ook gedink dit kan werk,maar sy jongste advies was duidelik in die pers gepubliseer onlangs met sy 70ste verjaarsdag:As jy wit is en hoop wil he vir jou kinders,vat jou goed en waai!Hier sal ons nie in n duisend jaar weer volwaardige menseregte as witmense geniet nie-en ek vermoed dis ook die geval met ons bruinmense.
U1 11/18/2009 1:46:53 PM
Ek haat politiek want dit is 'n tydverwyl vir luiaards en swakkelinge. Met FW se wigte en tee-wigte was my vraag: met at sy wigte en tee-wigte gaan sy hele balans inmekaar neuk. Onderhandelinge is soos huisbou, jy kan nie dak opsit as die mure nie gebou is nie. FW en Mandela het nie aan dieslfde struktuur gebou nie.
In '95 wou ons emmigreeg maar het nie want ek het geglo dat daar mense met gesonde verstand sal wees wat 'n BETER LEWE VIR ALMAL wou skep. Selfs vir my wat as armgat op 'n bankrot plaas grootgeword het. Vandag moet ek erken dat ek 'n fout gemaak het om nie in '95 pad te gee nie. Ek is vandag nog steeds in SA maar het PR in Oz wat ek sal gebruik om vir my kinders 'n beter lewe te help skep, kinders wat top presteerders is in akademie en sport. Die bottom line is "Afrika is nie vir die Boervolk nie." Terloops, Afrikaners is daai rooi goed wat in die veld loop en gras vreet met wye horings.
Leendert van Oostrum 11/18/2009 1:58:21 PM
Hmmmm..... Koos Kobuis se voëlvrygenerasie het nou die "O f*k!" -generasie geword, en die Boetmangenerasie die "O Bliksem!" -generasie.
noctus 11/18/2009 2:10:22 PM
Aan harregat en almal hier bo, ek het op die grens groot geword, ek was te jonk om te stem in die referendum, maar ek het ook geglo in die nuwe reenboog snert. Ek het gesien hoe jong manne afrikaanse seuns veg en doodgaan om my -'n klein snot kop op 'n plaas te beskerm. En waar is ons nou, breek ons rug so maklik, waneer is genoeg genoeg? Ek ken FW persoonlik, en hy weet wat wat hy gedoen het, ek kan die skuld in sy oe sien, wat hier aangaan in die land nou is verkeerd! hoe lank gaan dit vat voor die afrikaner stem weer met reg en mening oor die afrika landskap kan basuin oor wat juis en reg is? Hoe lank voor ons opstaan. Ek dink daar is genoeg afrikaners en boere wat regstaan, bring vir ons 'n Pretorius, selfs 'n de la Rey. Ek sal voor staan, eerste... ek is GATVOL!!
Ross 11/18/2009 3:46:02 PM
Ons voorouers het hier geland met Sendelinge, bybels en kort gewere. Die Engelse het in Australia geland met kort gewere en langer gewere. Die resultaat; minder as 500 000 naturelle in Australia en hier oor die 30 miljoen. Die 1994 demografiese samestelling hier het ons 'n absolute minderheid gemaak met die gevolg dat ons in elk geval geen kans gestaan het nie. Onthou die hele wereld het ons as 'n muishondstaat beskou ( huidiglik Israel ), natuurlik om hul skuldige gewetens te sus. Die blanke jeug moet hard studeer en emigreer want hulle sal nooit hier waardeer word nie. Kan 'n land vooruitgaan as 'n belangrike segment van sy burgers onpatrioties is? Opvallend, ou Fred is baie stil deesdae.
Ross 11/18/2009 3:53:35 PM
@JanvR
Ek stem 100% met jou saam. Wat van die Indier mense. Hulle is skrander en werk slim wat moontlik in die toekoms antagonisme by die meerderheid gaan verwek. Onthou nog vir ou Idi Amin.
Danie 11/18/2009 3:57:47 PM
Wie van die Lefties se 9jarige dogter is al verkrag, wie se 89jarige pa/oupa is al met n hamer dood geslaan? Hier bly na bewering 200 in die bos. Waar is n leier wat die probleem in die bos gaan oplos? Waar is die DA of die VF+ of die ANC om die probleem op te los? Dis n klein voorbeeld van ons onvermoee om globaal n oplossing vir ons probleme te kry. Hoekom betaal ons Stadsraadslede wat wat vir ons beteken? Ek is te oud en te dom om te verstaan hoe dinge werk en ek was nog nooit n rassis nie. So sal Deon asb handopsteek en alle kleure mobiliseer om oplossings vir al die probleme te vind?
Ons het nie n leier nie!!!!
Anita 11/18/2009 4:01:03 PM
Met die referendum destyds het 'n niggie van Pik Botha gesê: Oom Pik sê ons kan JA stem, want alles sal reg wees. Ek het nie JA gestem nie, en het die twee opsies vergelyk met 'n skeepshouer wat jou skielik morsdood val (oorlog) en 'n stadige lydingsvolle dood aan HIV/Vigs. Waar is die outjies nou wat ons NEE-Afrikaners so bespot en gekoggel het oor die ROOI GEVAAR voorspellings? Toe is ons as die publieke idiote geag, want dit was mos 'n "land-slide" JA-oorwinning. Nou ja, nou "slide" ons almal ewe vinnig. Wié dink julle regeer nou hierdie land? Nie die ANC met wie ouens soos Chris lekker hand-op-die-blaas suip- en gatgabbas was nie, maar die kommuniste wat nie eers een keer in 'n verkiesing gestaan het nie. Soos ek vir die niggie gesê het toe sy al voor 1997 begin kla het oor die JA-stem toestand in die land: Julle wat JA gestem het moet net julle monde toehou!!!! Enige mens met logika en oë wat noordwaarts kon kyk moes geweet het dat dit nie sou werk nie. My ouma het altyd gesê al broei hy onder jou bed uit, hy bly 'n adder, en sy het geweet, want sy het ook 'n weeskind van 'n ander kleur aangeneem en grootgemaak, en hy het hulle ook byna in hulle beddens vermoor van pure dankbaarheid.Die feit is dat daar te vinnig mag oorhandig is, na die verkiesing, toe ongeletterde, onbevoegde en onervare swart lojales in die poste ingegooi is, en dié het toe dadelik hulle gewig begin rondgooi - eers die blankes in die werksplek uitgegooi - en toe met entoesiastiese oorgawe hulle hande in die spaarvark ingedruk. Van FW se sotlike drome het niks gekom nie, en die RNE was presies net dit!! Ons het nie eers die 20 jaar grasie wat Zimbabwe gehad het nie, as die geld gaan hou tot 2010 sal dit op sigself 'n wonderwerk wees, en dan gaan die vonke spat. Die onvermoë van die regering om die blankes te ontwapen (skande dat daar wragtig mense is wat hulle vuurwapens gaan inhandig het) gaan hulle dalk so bietjie dwarsboom wanneer hulle die kiesers wat al hoe meer ongeduldig raak met "goedere" gaan probeer paai. "Goedere" soos in blankes se mediese bydraes, elektrisiteitsbetalings, eiendom, huise, motors en bankrekenings? Daar is alreeds duidelike tekens hoe hulle enige weerstand gaan oorkom - arresteer die boere, vir enige rede en los die werklike misdadigers om die vuilwerk te doen. As julle enigsins die boek "Verwoerd Speaks" in die hande kan kry, dan sal julle sien dat voordat die (blanke) kommuniste hom laat vermoor het, hy presies wat nou gebeur voorspel het en wou vermy.
ALWYN 11/18/2009 4:19:39 PM
Dankie Chris,weereens n akkurate beskrywing van die huidige situasie. Ek vertrou die liberales gaan met dieselfde ywer die verkeerde dinge( met die huidige bewindhebbers), as met die vorige dispensasie beveg.. Jul sal moet vroeg opstaan as jul suksesvol wil wees!
Elize Campbell 11/18/2009 5:02:09 PM
Nadat Chris Louw deel was van die aftakelingsproses en nou met die realiteite van die waansin van sy aandeel in die oorhandiging van mag aan die massa, gekonfronteer word - soos elkeen van hulle op daardie pad - durf hy nog skryf, sentimenteel raak oor sy rol en belwenisse en die beste van alles - verdien hy sy brood en versterk sy materialime deur oor sy aandeel hierin te skryf. Is hy nie gelukkig dat sy ideaal nog nie volle wasdom bereik het nie - in Afrika demokrasie sou die bundu hof geweet het hoe om met hom af te reken. Hy verdien Afrika demokrasie.
Johan P Schutte 11/18/2009 5:19:20 PM
Ons kan nooit almal saamstem nie, maar ons kan weer probeer om konsensus te bereik.
Dit kan nie alles net gaan oor die verlies en vernedering van wit Afrikaners alleen nie. Engelse Suid-Afrikaners deel net soveel soos ons in die verlies en vernedering.
Swart en bruin mense van verskillende kulture het die verlies en vernedering onder Afrikaners se bewind oor generasies ervaar, en ervaar dit steeds.
Die demokrasie kan nog nie in Afrika leef nie want daar is te veel ongeletterdes wat te maklik opgesweep raak met demagogiese oproepe op rasse-eenheid en verwyte van onderdrukking.
Ook in die mees ontwikkelde lande beduiwel ongeletterdheid en boelie-agtige oproepe op nasieskap nog altyd vooruitgang.
Daar is genoeg siele in die reenboognasie wat norme en waardes deel wat tot konsensus kan lei wat weer 'n politieke verandering kan bewerkstellig.
Wat ons kan doen is om met ons organisasie vermoëns eenheid te smee om oplossings te vind teen armoede, teen misdaad, vir die handhawing van kulture en tale, vir onbevooroordeelde bewaring van geskiedenis, vir die handhawing van vrye individuele beskikking in 'n ekonomiese oorlewings plan wat ons almal noodwendig moet deel, en teen die geboelie van die sensasie joernalistiek wat dikwels gerig is op indiwidue, 'n geboelie wat oënskynlik sterk onderstrome het in veral ons Afrikaner kultuur - in die algemeen gesproke.
Laat ons ondersoek of daar genoeg mense is in die ander kulture om saam met ons hande te vat om kwaliteit oorlewing te bewerkstellig. En dan stry ons saam met hulle daarvoor. Dis wat ons gedink het ons sou kry. Maar FW-hulle se aanvanklike plan het sommer in die begin al ontspoor en toe mistroostig en skandelik misluk om 'n mooi ge-ordende samelewing hier tot stand te bring. Ons kan weer probeer. Wat anders?
Veritas 11/18/2009 5:32:10 PM
Ek kan dit nie klein kry dat mense kwaad is vir FW omdat hy hul kwansuis "uitverkoop" het nie - dink hulle dinge kon regtig voortgegaan het soos wat dit was? Dink hulle regtig dit was volhoubaar? Hoe? Dinge sou baie erger gewees het as wat dit nou is. Kyk na ander werelddele waar 'n meerderheid deur 'n minderheid onderdruk is (ongeag kleur) - ons het eintlik goed daarvan afgekom. Ja, daar is baie probleme wat mens negatief en bekommerd maak, maar bid vir die toekoms en die leiers van ons land - wat dink julle gaan julle met die rebellie vermag wat julle hier bymekaar kry?
Theo 11/18/2009 5:44:33 PM
Lyk my Breyten Breytenbach was reg toe hy al in 2001 verklaar het: “Die Afrikaner is in sy moer in.”
Martin 11/18/2009 5:48:30 PM
Ek kom terug na SA uit Atlanta na 4 jaar. Geniet dit baie hier ook. Maar sien uit na ons seisoen weer in SA en sy mense, ons almal is in elkgeval wereldburgers deesdae. Dit is uit eie keuse - het groenkaart en werk hier. Twee jaar terug sou dit nogal vir my moeilik gewees het na Eskom etc. Hier is VSA het ek egter ook gesien hoe vol krake hul werklikheid is -op vele vlakke - polities, ekonomies etc. Die VSA (en baie ander lande wat ontwikkel is) is in n 5 ster "timeshare resort" maar die lede kan net 3 ster "levies" bekostig en baie van die eenhede is nuut gebou en kan nie verkoop nie. Standaarde gaan ver val. Waar in SA ons n binnelandse sekuriteits krisis het is hulle krisis internasionaal. Ek het ook die voorreg geahd om 20 plus lande te besoek en sy gemeenskaps leiers mee te werk die afgelope 4 jaar. Hulle realiteit is vanuit my prentjie maar vol donker dinge maar meestal is die mense baie meer tevrede met hul land se lot. SA doen relatief goed en is n geseende land -natuurlik is die misdaad onaanvaarbaar en op n relatiewe basis erger as ander plekke. Mag die Here genade gee en mag dit draai met die regering wat hul plig nakom om sy mense te beskerm as die spesifieke bewys daarvan. Ek volg NEWS24 weekliks en het SA besoek elke jaar - ek sien tog hoop dat polities ding nie net aftraande is nie. Die land is darem tot n mate verantwoordbaar aan die reg en media. Ekonomies en ontwikkelings gewys gaan dit relatief tot ander goed met SA. Ek is ook bly mense is "gatvol" - dit is nodig vir verandering. Ek dink net nie my heil is in die 6% alleen te vinde nie. Ek ken en weet van ander vriende en kollegas in die 94% wat my waardes deel en ook in die pyn en vooruitsigte deel wat ek het. Kom ons soek sulke mense ook op en versamel nie as volk of blankes op n manier wat nie volhoubaar is nie. Ek voel ook goed oor Chris - hy is nou by n somber realiteit sonder om hatig en totaal moedeloos te wees. Chris, die ANC is slegter en beter as wat hy hulle beskryf - daar is soveel meer om oor te kla en kritiseer - maar soveel wat ook reg gebeur onder en ten spyte van hul heerskappy (en ten minste dat hulle nie alles opdons nie moet voor waardering wees). Regerings is in elkgeval nie die antwoord op alles nie (behalwe dat hulle volle mandaat moet aanvaar vir wet en orde). Chris, ek glo jy gaan help om weer n katalisator te wees om die bestel te help verander. En dankie tog ons is uit die SA van die tagtigs - wat ook al ons siening van nou. Aan my baie regse, minder linkse en die paar in die middel landsgenote - mag die Here julle seen met hoop, heling en maniere om die gety te help draai. EN meet SA aan globale standaarde en realiteite - dit maak n mens baie meer dankbaar en positief.
Bles 11/18/2009 5:56:27 PM
Alles net "window dressing",mooi praatjies om in die buiteland guns te wen tot al die whiteys's die land uitgevlug het en die res in die merkwaardige oorlog uitgewis is, want myns insiens is die "moorde" net n ander manier van Gorilla oorlog! Intussen word die armes armer, die manne in die parlement ryker en die whiteys minder.
Cisca Wagner 11/18/2009 6:09:48 PM
Dit is vir my duidelik uit meeste van die kommentaar voor my dat daar geen toekoms vir ons in Afrika is nie. Nie agv. die ANC en trawante nie.Onsself het die bed oor jare gemaak en moet nou daarin slaap.FW De Klerk het, soos tereg gese is, vir ons tyd gekoop.Ons blankes in Afrika het ons hand oorspeel en dra die gevolge.Mag die Here ons behoed .Ek kan nie glo dat daar soveel stiksienige mense in die land oor is nie.Mense weet julle nie dat ons hiervoor gesoek het nie.Wil julle nogsteeds nie verstaan dat ons nooit n volk of nasie was nie maar n dwarstrekkerige spul mense met wit velle wat nog nooit eers met mekaar oor die weg kon kom nie.Dit was nog nooit ons land om mee te doen wat ons wil nie.Ons het net ons rentmeesterskap misbruik.Die wat in die waan lewe dat ons iets verloor het wat ons toekom.Word wakker!

African4 11/18/2009 6:25:35 PM
Ja ou Chris. Toe was die wereld waarin julle geleef het en tien en een nog steeds leef, glad nie geskoei in realisme nie.Apartheid kon nie werk nie, maar graad een's sou beter kon onderhandel as julle lot.Verwoerd se plan was n volkstaat vir al die volke van Suid Afrika. Ongelukkig kon hy nie sy plan voltrek nie.As die bouers en ontwikkelaars van Suid Afrika is ons mos ook geregtig op n stukkie aarde wat ons ons eie sou kon noem. Julle het geonderhandel met die hef in die hand en julle kon nie eers n stukkie land vir die Boer verkry nie. n Lappie grond waar die Boer homself en sy kultuur sou kon uitleef.Soos skapies het julle met die kommunistiese wolf onderhandel en hy het julle ore aangesit.Pateties
Afrikaner 11/18/2009 6:32:08 PM
Ja Chris, jy onthou jou sigare en KWV. Ek onthou hoe die verkramptes gewaarsku het oor wat in die toekoms van RSA gaan gebeur as die ANC regeer. Ek onthou hoe hulle uitgemaak is as fools.

Tussen die verkramptes en die suipg@tte, is dit heel duidelik dat hulle 100% realisties was en julle pleinweg gesuip.

Wat vir my die beste is, is dat die MEDIA die verkramptes as idiote. Of laat ek liewer se dat dit die media was wat die realiste die verkramptes gedoop het.

Laat ek liewer nie uitwei oor die liberalis nie, want hulle is is eintlik sielsiek.
Verkrampte Wessel 11/18/2009 6:54:44 PM
Wat huil jy nou, Chris Louw? Toe ek vir julle in '82 vertel wat gaan gebeur, toe weet julle my te vertel dat "...as julle gaan oorneem, gaan hulle ons doodmaak." Suffer my vriend, suffer.
Ek-skaam-my! 11/18/2009 6:55:21 PM
Ja dis tragies hoe die ANC die land verwoes...

Die hartseerste is egter hoe ons jong meisies en vrouens daagliks afgemaai word!

Ons lees die week van 'n meisie wat oor 'n brug gegooi is, 'n ander een wat verbrand langs die pad laat lê is en nog een wat dood staangemaak is teen 'n heining!

WAT DE HEL doen ons mans terwyl ons ma's, vrouens, susters en dogters vermoor, vermink en verkrag word??!!

Hoe kan ons wit mans, (waarvan almal ouer as 38 jaar militêre opleiding gehad het), aangaan asof die huidige gemors maar OK is?
White & Enlish 11/18/2009 7:48:12 PM
I was still in school when apartheid was abolished, I never knew what the implications of it or what it really meant. What I do know now as an adult is that while I work hard to make a success of myself and contribute to the "wealth" of my country,others are just indulging and reaping my rewards. In my opinion it shouldn't be a colour issue, it's time for all South African's who believe in this country and actually contribute to running it to stand together and do something about it!
Realis 11/18/2009 8:54:40 PM
'n Volkstaat vir Afrikaners is die enigste uitweg uit hierdie gemors. Ons sal eers as minderheid erken moet, word en dan kan ons van daar begin onderhandel. Die Van Zyl Slabberts, Chris Louws Helen Zilles ens., moet tot hulle sinne kom en besef dat demografie hulle nerens gaan bring nie. Ons sal ook ons eie sekuriteits mag op die been moet bring voor ons almal uitgemoor is, die verligtes is welkom om  agter te bly, in die wonderlike reenboognasie.
Louise 11/19/2009 1:21:22 AM
Dit laat my dink aan die ou Jood wat destyds gese het toe die boere vir reen bid - Julle ken traai, ma' die wiend waai wes! Dis nie Chris se skuld nie, ook nie FW s'n nie. Indien mens enigiets aan SA se welvaart wou doen, moes dit vroeg in die 1900s gebeur waar almal inklusief deel ingetrek is in die verantwoordelikheid van regering, demokrasie en dies meer. Nie dat iemand toe daarvoor sou val nie, die gaping tussen wit en swart was toe net so groot. Al wat ons gedoen het is om goeie medies uit te rol - immunisasie en dies meer - maar nie die bevolkingsontwikkeling wat daarmee moes saamgaan nie. As dit oor jare heen toegepas is, kon daar mettertyd 'n naderbeweeg aan mekaar se waardes oor jare gekom het. Dit het nie, en dis niemand se skuld nie, so loop die wereld maar. Vandag voel ek maar net dat eintlik werk wit waardes - van "accountability" en verantwoordelike bestuur, van ouditering van state en dies meer, van beplanning vir die more se behoeftes en van infrastruktuur bewaring, net eenvoudig nie in Afrika nie. Afrika se kop werk anders, en as jy in hom wil bly, moet jy ook so raak - die gemeenskap dikteer, niemand neem alleen verantwoordelikheid vir iets nie, vriende en familie bo alles, leef van dag tot dag - of jy is vir altyd 'n outsider. Ek het die land verlaat omdat ek eerder 'n vreemdeling in 'n westerse demokrasie wou wees, as 'n outsider in my geboorteland. Ek kon nie 'n verskil maak nie. Die wat wil bly sal by meer as net hul 4x4e en hul ommuurde huise en inkopies in winkelsentrums en saterdagrugby betrokke moet wees. Dis 'n uitdaging waarvoor ek nie kans gesien het nie - die van arm bakhande en van die alewige gestoei met die rouheid van Afrika. Maar as ek so luister, na die verwyte van die met of sonder die Bybel onder die arm - Vaderland, daar is net geen plan nie, geen "werk saam en bou" nie. Elkeen op sy eie kluit aan die skree. Wat 'n los gemaal, planloos, ankerloos, rigtingloos. Versprei in die diaspora, dis wat van ons word. Ons voetspore in Afrika sal deur die wind weggewaai word, dis gewis. En ons sal altyd onthou word vir apartheid, meer as vir enigiets anders.
Beno 11/19/2009 7:09:41 AM
Daar is die ou gesegde van die vyand wat van veraad hou maar nie noodwendig van die veraaier nie! Chris Louw was een van daardie veraaiers gewees. Soos altyd kom spyt te laat. Gelukkig is daar sommige van ons wat geen rede tot spyt het nie. Net soos die vyand nie van die veraaier hou nie, het hy darem ten minste gewoonlik altyd agting vir 'n waardige teenstander. Suid-Afrika se blanke mans was nooit 'n waardige teenstander nie, daarom dat hulle na hartelus uitgemoor word en hulle vrouens verkrag word. En wat gebeur? Nog steeds niks nie! Ek sit eerder as 'n vreemdeling in 'n vreemde land alvorens ek 'n vreemdeling in my eie land is!
Hugo Geldenhuys 11/19/2009 9:24:33 AM
Laat ek my mening verklaar en die realiteite erken: Suid-Afrika is nie Blommeland nie. Nie eens amper nie. Maar dit was nog nooit. Soos wat die vorig regime swak regeer het, doen die ANC. Swak regering is nie al wat hul in gemeen het nie, daar is ook sake soos ongevoeligheid en die onvermoë om die burgerry ter wille te wees. Maar: vir eeue al, en veral sedert 1652, toe wit koloniste hul hande aan die land en ander se lewens en menswaardigheid geslaan het, is dié land vir swartmense 'n plek van bloedsweet en swaarkry. Sedert Jan van Riebeeck en sy Hollandse skollies hier geland het, was die land min of meer een van melk en heuning vir wittes. Dit is eers onlangs, sedert 1994 dat die melk suur en die heuning bitter geword het. Voor manne en vroue so diep wroeg oor die gatvolgeid van die Afrikaner, moet hul miskien die swaakry en verdrukking van swartes, voor 1994, oorweeg. En ja, onder die huidige regering kry hulle steeds so swaar soos alle ander kultuurgroepe. Wanneer ek oor die verbitterde opmerkings van Afrikaners lees, wonder ek of hulle dan wragtig so naïf is om te glo dat alles net in minder as twee dekades moes normaliseer en dat die kospotte van Jiems en fasciste se land vir hulle vol bredie sou bly. In 1994 was die land disfuksioneel. Dermate dat FW móés onderhandel en mag verplaas. Hoekom glo die Afrikaner dat swartes vir hul moet bly glmlag terwyl wit rassisme en wit meerderwaardigheid voortduur? Waarom glo Afrikaners steeds dat hul op meer as ander geregtig is? Waarom meen hulle hul lot is meer droewig as die van ander? Dit is nie! Die moorde op witmense in die algemeen en Afrkaners in besonder is om van te braak. Dit is egter nie meer weersinwekkend as die grusterftes van mense van ander kultuurgroepe nie. Onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika is walglik, maar ewe verwerplik is die mening dat meer wittes as swartes sterf en dat daar reeds ’n mate van ‘n volksmoord op wittes plaasvind. As daar ’n volksmoord plaasvind raak dit alle kultuurgroepe, en wittes waaskynlik die minste. Die antwoord op die probleme is dat die ANC polities verslaan moet word en dit is onafwendbaar. ’n Regering vir alle Afrikane is nodig. Intussen kan die Afrikaner ’n slag innig oor sy historiese sondes tob en opreg wroeg en verskoning vra en uit eie oortiging voete was, en nie deur dwang nie. Die soeke na vergifnis deur die Afrikaner en die verkryging daarvan sal die land vir ’n beter lewe na die ANC rat.
KKK 11/19/2009 11:08:33 AM
Arme oom Hugo is duidelik 'n sot. Wie pleeg die moorde en wie het dit nog altyd gedoen? En waarom moet dit vir Afrikaners aanvaarbaar wees solank die relatiewe verhoudinge met ander groepe net reg is! Dalk deel van jou sg. normalisering? En waarom sou dit kwansuis eindig as die ANC nie meer in bewind is nie? Het jy al Retief se manifes gelees voordat die Trekkers die Oos-Kaap verlaat het? Duidelik een van daardie hand wriemende, selfveragtende, jammer-dat-ek-leef liberale wat uiteindelik vlug as die water vir hom te warm word. Kruip uit jou gat in Bredasdorp en kom vertoef hier in die noorde vir 'n wyle (verkieslik op 'n plaas). Jy het duidelik net geen idee van SA en die Afrikaner se geskiedenis nie...en SA was geen blommeland voor 1652 nie. Was jy maar voete in jou stiksienige onkunde en sien waar bring dit jou. Dalk 'n Zim uitkoms...maar dit sal ook waarskynlik vir jou aanvaarbaar wees. Wel, nie vir ons nie...
Johann Eksteen 11/19/2009 11:45:35 AM
geldenhuys - hoekom voel jy dit is nodig om jou vreemde afrikaan voetfetish aan ons normale mense te kom afsmeer?!?

Ek sê jou wat...

Die volgende keer wat ek in SA is, sal ek spesiaal vir jou kom kuier in Bredasdorp...dan kan jy my AFRIKANER voete na hartelus was. Hoe's daai vir 'n plan, beesblaas?

Soentjies en drukkies vanuit Tromsø.
emiel 11/19/2009 12:38:47 PM
Ek dink meeste blankes sal saam stem dat ons(blankes) nie kon voortgaan met die bestel soos dit in die 1980's was nie. Die blanke middelklas kon nie meer bekostig om 'n bevolking van 40 miljoen te dra nie, dit was net ontmoontlik. Dan was daar die morele en ekenomiese aanslag van binne en buite die land wat ook 'n groot emosionele effek op die algemene blanke gehad het. Tog was dit tragies dat ons so 'n gemors van die paar geleendhede wat ons gehad het gemaak het. Ons het tog almal geweet wat gebeur het met die bevryde Afrikalande noord van ons grense.Ons het almal gesien hoe die ANC sy politieke opponente met sy halsnoermoorde en sy Qutro strafkampe behandel het. Waarom sou hulle ons enigsins anderste behandel? En dit is nie asof ons geen goeie kaarte gehad het nie. Die ANC se hoof borg (Sowjet Unie) was in die 19190's aan die kwyn. Die ANC het amper geen militere of ekenomiese mag gehad nie. Die ANC moes was ook onder druk om aan 'n verwagtdende massa te " deliver", iets wat hy nie sou kon doen sonder die samerwerking van blankes nie. Sederdien het dinge net versleg. Dat 'n blanke vakbond soos Solidariteit op prinsiep geen besware met "Affirmative Acion" teen blankes gehad het nie spreuk boekdele van ons ontmagtiging. Dinge sou beter gewees het as blankes in die algemeen en Afrikaners in besonder 'n toekomsvisie gehad om na te streef, maar op die oomblik emmigreer ons een-een of word ons een-een uitgemoor. Intussen kerm en kla ons oor 'n situasie waaroor on geen mag het nie en wat ons self help implimenteer het.
Hugo Geldenhuys 11/19/2009 12:43:42 PM
Retief was 'n takhaar en sy manifes is antikwaries. Hy was een van die die wat gemeen het hy kon grond by "goedgelowige" mense steel toe sien hy sy jis. Ek is juis nie 'n "hand wriemende, selfveragtende, jammer-dat-ek-leef liberale" nie, maar meen dit sal die land loon as jy en mede volkstaatgedrewe Afrikaner-fasciste so word. Ek vertrou nie mense met doeke oor die koppe en gesigte nie. Gaan weg KKK!
MJ 11/19/2009 1:32:10 PM
Chris, Gee Pres. Zuma asb. `n kans. Mbeki en Selebi het ons land tot op die afgrond gedwing. Dit kan nie oornag regkom nie! Manuel gaan Pres. Zuma help om die ANC tot verantwoording te bring en daar is nou `n anti korrupsie afdeling gestig.
Of wil jy onder Vavi se presidentskap staan? Die Broederbond het die land groter skade aangerig as wat die ANC sover gedoen het. Bid vir ons leiers en moenie met klippe gooi nie--dit bring net verder verwydering. Jy is gewoonlik nie so swartgallig nie!
Hugo Geldenhuys 11/19/2009 1:46:34 PM
Natuurlik val dit my ook op dat die ergste kritiek, teen die bittereinders in die Suidste land, die stembandfetish van uitgediende ekspats is. My aarde, wonder ek, waarom gaan hulle tog so aan? Dit is nie hulle wat die gesang van die vet vrou moet keer nie. En die kanse dat sy gaan sing is daar. En hoe erg moet dit nie wees dat die "vyand" swakkelinge na ander, verre lande gedwing het nie? Dat Suid Afrika sekeres se dapperheid getoets en te lig bevind het nie. Met hul holderstebolder vlug het die "vyand" die ekspats gewen en nie vir Hugo en die ware Afrikane nie, want laasgenoemes staan nog stewig en takel die ANC hou vir hou. Die dat die ekspats so tekere gaan, is omdat hulle skaamkwaad is omdat hulle soos oorle Paul Kruger gevlug het toe dit wou lyk of "Rome" sou brand. Nee magtig ekspats, ruk julle reg! Swyg eer die nasie te lande julle verder minag!
MJ 11/19/2009 1:51:55 PM
Johan Eksteen: WIE IS JOU ONS?
Des 11/19/2009 2:53:20 PM
Ek het niks meer te se oor die ANC regering nie - ek wil net my eie grondgebied he sodat ek weer kan asemhaal en lewe sonder degenerasie om my.
KKK 11/19/2009 3:21:52 PM
Retief mag dalk 'n takhaar in jou onkundige en selfverloënde verwysingsraamwerk wees, maar het selfrespek, 'n etiese kode en sterk geloofsoortuiginge openbaar. Antikwaries? Gaan doen eerder bietjie navorsing of soek jy dalk na aandag met hierdie tipe ongefundeerde snert - of is dit dalk simptomaties van 'n meer dieperliggende kwaal. HG is seker maar 'n afstammeling van Saartjie...hoe lyk jou polse, ou grote?
Koos de la Rey 11/19/2009 3:35:03 PM
Hei, manne, skink gou daar 'n brannewyn en coke sodat ons die land se probleme kan oplos! Onthou hoe ons die onderhandelingsentrum in Kemptonpark bestorm en in die openbaar teen die mure gepie het! Ons regses het die ANC darem lelik op die neus laat kyk. Brannewyn het mos nie brieke nie. Laat ons weer skink en storm!
Kaltie 11/19/2009 3:35:50 PM
Die afrikaner is pateties. Nou raak hulle nog lieries oor 'n baster volkslied wat kamstig deur 'n roker verkrag is. Julle het gestem vir die bedeeling, leef daarmee.
Rampokker 11/19/2009 7:04:09 PM
Dalk verlaat ekspats die land vanwee die gebrek aan werkgeleenthede agv AA en demografiese diskriminasie en natuurlik hul oorwoe morele verpligting om na die fisieke veiligheid van hul families om te sien juis omrede die "SAse staat" erken dat hy nie meer oor die vermoe beskik om dit te kan waarborg nie. Ek glo egter nie arme Hugo verstaan dit so lekker daar in Bredasdorp nie? Verder verstaan ek ook nie dat hy die ANC as sy nemesis beskou terwyl hy tegelykertyd hul voete wil was ten einde van sy diepgewortelde skuldwroeginge ontslae te kan raak nie. Ek wonder ook oor wie sy voorvaders was aangesien Hollanders "skollies" is en hy Retief as 'n "takhaar" beskou?!
Brentie 11/19/2009 7:31:51 PM
Hugo GeldenhuysMagtig mens, wie het op jou battery gepiepiedat jy van groot deel van die Afrikaners sevoorvaders as 'skollies' praat en PietRetief as 'n takhaar beskryf?En dan is jy nog dom genoeg om mense wat dieland verlaat het as skaamkwaad te beskryf.Dit is juis mense wat die moed gehad om hulgeboorteland te verlaat en hul hier opdie Suid punt van Afrika kom vestig hetwat tot jou ontstaan gelei het en alleswat jy om jou sien.Dit is eintlik nie die moeite werd om metjou 'n gesprek aan te knoop nie want ek isseker jy is erg op skool geboelie en is nounog getraumatiseer vandaar die galbrakery.Sjoe mens Watson wou op die springboktroukots so naar was hy en hier kom jou en kotssommer oor die voorouers van baie.Was jou voorouers nie ook van die wat sommernadat Jan van Riebeeck vertrek het naam indie Kaap gemaak het nie?Was hul ook deel van die Hollandse skollies?
aspatat 11/20/2009 8:30:22 AM
Hay almal al wat ek wil noem is dat afrikaners nie naastenby kan saamstaan nie die dag as dit gebeur eet ek weer choclates lol of ondersteun n party lol...Nou wil ek ook net noem ek het respek vir Malema gekry wag eers voordat julle my kritiseer dink biki as hy iets sê luister almal dink nou net as daar so blanke was lol en dan word hy ondersteun ook nog maak nie saak watter belaglike uitlatings hy maak nie die dag wanneer ons so leier het is die dag wat dinge gaan verander...:-)
DeonA 11/20/2009 12:21:34 PM
Hi Chris
Ek dink dis uitstekend dat ons vandag oor hierdie dinge vrylik kan praat. Ek hoop ons sal dit se n paar jaar van nou. Ek dink ons n land wat GOD verloor het, ons moet meer bid vir GOD se wil om te geskiet, en vir GOD om ons leiers te lei, hulle wysheid te vermeder e ons genadig te wees. Dankie vir die Suid Afrikaners wat die lewe hier vir verbeter, mag GOD met ons stap.
100% 11/20/2009 1:36:11 PM
Hy is reg oor die ANC wat self die vertroue in die party/staat ondermyn het. Maar hoekom fokus Afrikaner-kritici altyd op hul eie situasie en speel minderheidspolitiek? Die ANC het ook die ander 94% van die bevolking verraai met hul mislukkings op die gebied van Vigs, armoede ens. Dalk as Afrikaners minder dink aan hulself as 'n 6% en meer as deel van die ander 100% sal hulle beter gehoor word. Maar die teenargument is seker dat hulle nie posisies gegun word om hul stemme te laat hoor nie. Maar hulle het nog ekonomiese mag wat hulle kan gebruik om 'n verskil te maak.
Dalena 11/20/2009 2:38:50 PM
Ek kan regtig nie sien hoe hierdie kritiese uitkyk op die ANC help nie. Die punt is hulle doen nou baie beter as vyf jaar terug, toe Vigs nie vir hulle bestaan het nie. Hulle is nou in beheer, in plaas daarvan om alles met hulle fout te vind kan 'n mens eerder saamwerk en kyk na hulle intensies en op die oomblik blyk dit goed te wees.
Kaltie 11/20/2009 3:49:08 PM
Dalena, dit vat nie veel om jou te beindruk nie. Vigs is nie ons grootste probleem nie. Korrupsie, moord, verkragting, wanregering, wanbestuur, regstellende aksie en swart bemagtiging is. Jou president Zuma behoort in die hof, en sy vriend Shaik, in die tronk te wees. Jy het maar lae standaarde, dit is 'n probleem in SA.
Cisca Wagner 11/21/2009 12:38:52 PM
Hugo Swanepoel,jy gee my moed.Hierdie Xpats wat so die boot van die wal af stuur amuseer my.Besef julle nie dat elke witte in hierdie land n afstammeling van n Xpat is nie.Die Hollanders Franse Hugenote Engelse Duitsers etc etc het hulle as xpats hier gevestig en nooit n ordentlike nasie geword nie.Hoekom vra die huidige xpats nie in Australie Engeland, Kanada ens. ens. of hulle kan volkstate vir die Afrikaners stig nie?Ons het dit dan hier gedoen tot 1994.Julle respekteer die inboorlinge van die lande waar julle nou bly.Ons het dit nooit hier gedoen nie.Nou wil ons huil oor n siek baasskap wat ons moes prysgee.Man die wiel het net bietjie gedraai."Africa is not for sissies" Pas aan en aanvaar die partydjie is oor!
Boerie 11/23/2009 3:49:08 PM
Cisca se dat die Afrikaner moet aanpas en dat "Africa is nt for sissies"

Sy laat my baie dink aan die minister wat gese het dat as jy nie van die misdaad in SA hou nie, jy eerder die pad moet vat.

Sy bedoel dat ons moet maar gewoond raak aan die moord, die korrupsie, ens. want dit is bloot "the African way"
blikkies 11/24/2009 2:49:26 PM
Om te AAnvaar of om nie te AAnvaar.vir my is om dit wat gebeur het te aanvaar en dit se nie ek gee op nie of gee in nie .
vir my is dit om n stap terug te tree en die feite van n situasie te sien en dan neem ek die besluit wat gaan ek daaromtrent doen.liefde en tolerransie vir almal is my kode al werk dit nie altyd nie-ek probeeer soos wat die Messiah my laat probeermaar ek het die willingness dis al wat ek hetso ek lewe in die oomblik dit is al wat ek het. gister is weg more kom so ek sal more deel met more se probleem
Gustav van Rooyen 11/24/2009 9:51:34 PM
Die lewe beweeg in 'n siklus, ek voorspel dat Boetman van gatvol tot die Bliksem in sal beweeg, again.... (met apologie aan Forest Gump) Lefty's van vorige bedelings sneuwel meestal langs die politieke pad, Peter Hain van Brittanje, Carl Niehaus, Alan Boesak se name kom vinnig op. Praat met jou Afrikaner hart en nie met jou Afrikaner tong nie, jy gaan hom nog afbyt, again..
Maverick@koos de la rey 12/21/2009 12:39:25 PM
Dit is dronkgatte soos jy wat die Afrikaner bespotlik maak en ons saak oneindig beskadig. Jy doen die naam Koos de la Rey 'n oneer aan, gebruik eerder 'n ander skuilnaam.
Wilma 3/17/2010 7:23:19 AM
Ek was een van die witmense wat nee gestem het, nou sit ons in hierdie gemors. Daar was nie soveel apartheid in die ou bedeling soos dit nou is nie. Die swart bevolking haat ons met 'n passie en wil ons uit die land vedryf. Hulle doen dit subtiel, want kyk net hoe word ons boere vermoor. Wat doen die regering daaraan, daar is Malema wat nog steeds aanhits, "kill the boer, kill the farmer" en ons sit stil. Ek self is nou ook 'n slagoffer want jy wil 'n verskil maak. Jy wil wys dat jy beter is en ook vir hulle werk gee om te kan lewe. Maar wat gebeur, die vuilgoed besteel jou want hulle dink dit is hulle reg. Die polisie is niks, hulle wil jou nie help nie, want jou vel is dan nou wit. Ek is nou gatvol dat hulle dink ons is net goed genoeg om te moor en te besteel. Wanneer gaan die Afrikaner volk opstaan en sê genoeg is genoeg. Die land wat ons opgebou het, kyk in watter toestand is dit. Shacks staan oral langs ons mooiste gedeeltes en ontsier dit. Die paaie is so vol slaggate dat jy nie eens meer in die nag (skemer) wil ry nie. Jy kan nie in die strate loop nie, dan kom bedel hulle, maar hulle bedel nie by hulle eie mense nie. Waar is die Mandela's, Mbeki's en Zuma's met hulle miljoene wat hulle verdien. Hoekom kom hulle nie vorendag en help hulle sogenaamde agtergeblewens nie. Ons Afrikaners het nie alles in ons skoot gekry nie, ons moes ons hande uit ons sakke haal en werk. My Pa het net sy STD 4, gehad en moes uitspring om sy ouers uit te help, maar hy was gewillig om 3 werke te doen en sodoende bo uit te kom. Sy kinders het geweet hy kan net help om hulle tot by STD 10 te laat leer. Daarna moes ons uitspring en werk, werk en deeltyds leer. Ons het dit gedoen. Ons het nie gekerm en gekla oor die onregverdigheid van die regerings wat ons onderdruk het nie. Die Afrikaner het altyd plan gemaak om bo uit te kom. Demokrasie, vir wie? Selfs vir die swart man is daar nie demokrasie nie, want hy wil net Hê en Hê. Hulle wil nie werk nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Application Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Mechanical Project Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2007
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Touareg 2.5 R5 TDi 4x4 Dsl
2005
R 279,995.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2008
R 185,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...