Gasrubriekskrywers

Gertanus, ontmoet vir Ambey!

2010-02-08 21:26

Jou moeder en vader het besluit jy moet eenvoudig familiename kry. Die oupa en ouma is so genoem, en jy sal ook!

Dit was nie onder bespreking nie en daarom spel jy vandag elke dag vir ’n telesales girl, stadig en beheers:“G-e-r-t-r-u-i-d-a, J-o-h-a-n-n-a, J-a-c-o-b-a, W-i-l-h-e-l-m-i-n-a” met saamgeperste lippies en opgeslane oë ten einde jou SAL Voyager-kredietkaart te kan bekom.

Hierdie ellendige spel – letterlik – van 30 minute word ná ’n paar dae herhaal wanneer die telesales girl se bestuurder jou bel, net om gou ’n paar goedjies met jou te bevestig ...

Dit is hierdie 60 minute se spelling van name wat jou bloeddruk van ’n gesonde 120 oor 70 kan verander in 180 oor ek-dink-nie-ek-wil-meer-die-SAL-Voyager-kredietkaart-en-al-die-bonuspunte-hê-nie!

Dit ontstel my dat die telesales-brigade deesdae blykbaar ook nie meer kan spel nie en ewe skielik ook nie Afrikaanse name kan uitspreek of herken nie.

Ek weet van ’n hele klompie mense wat die afgelope tyd besluit het om tog familiename vir die bloedjies te gee wat nou gebore word.

Die Johannesse, Stephanusse, Jacobas en Katarinas moet êrens voortleef, al is dit maar net om die ewige guns van die skoonfamilie te probeer wen of die familieplaas te kan erf!

Of dalk help dit as die bloedjie eendag wil aansoek doen om jou grond in die Wes-Kaap terug te kry?

Saam met die De la Rey-liedjie het die Afrikanervolk besluit om deesdae haaks vas te steek en die familiename te gebruik as ’n soort stille protes teen die huidige politieke klimaat in die land.

Die tendens is mos ook om ’n bietjie van die man se naam en bietjie van die vrou se naam te gebruik vir hierdie nuwe kunswerkie of, sal ’n mens maar sê ... “neologisme”. Wat die HAT nie kan skep nie, kán die nuwe generasie van “estate”-bewoners.

Die neologismes word dan in kleur en geur herhaal vir kuiergaste terwyl die neologismetjie nog veilig sit en broei in die “estate”-mammie.

So het Gertruida en Stephanus ook besluit op ’n neologismetjie vir hul klein pienkvoet.

Wel, helfte van Gertruida is “Gert” en helfte van Stephanus maak uiteindelik, wel – Gertanus?

Stephanus het blykbaar dadelik kapsie teen die naam gemaak, maar Gertruida het gedink hulle moet dit maar net vinniger probeer uitspreek:Gert-anus! Gert-anus! Gert-anus!

Maar dit willie werk nie en die woord val net nie so lekker op die tong nie.

Amanda en Beyers was net so opgewonde om ’n nuutskeppinkie te kon uitdink. En Amanda was mal oor iets wat Frans kon klink. Iets vloeiends sou vir haar kon werk – ietsie wat in ’n oop lettergreep eindig.

Die resultaat, Am vir “Amanda” en Bey vir “Beyers” maak, wel – Ambey? Ek vermoed hulle het toe weldra besef dat daar geen Franse geurtjie in daai naampie gevind gaan word nie.

Arme Johan en Yolandi het ook nie voorsien die samesmelting van hul name sal uitloop op Joh-yol nie, en arme ou Malindi en Fanie se baba word Malfa – en niemand wil hul kind na ’n poeding noem nie.

Ronel en De Waal word Rondawel ... mmm?

’n Mens kan jouself mos al in die ronde dink aan al dié soort van goeters!

Die volk gaan nog lank sukkel met name. Daar gaan nog baie slapelose nagte vir die “estate”-bewoners wees en Fanus en Magriet gaan nog lank skrik vir hul eie neologismetjie.

En agterna saam in die bad sit en tjank oor hul klein “Riet-anussie” wat verkeerd opgeneem gaan word deur die mense daar buite.

Susan Hattingh is ’n Beeld-leser en woon in Irene, Pretoria.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...