Gasrubriekskrywers

Hoe los jy ’n moord op?

2009-10-16 04:10

’n Eienaardige ding het die afgelope week gebeur: ’n Moord wat maande gelede digby Cullinan gepleeg is, is opgelos. Deesdae is dit nuus wanneer moordenaars aangekeer word.

Maar in dié geval is daar ’n kinkel. ’n Private speurder van die Oos-Kaap het op sy eie koste na Cullinan gekom. Hy was aangegryp deur ’n uitsending van M-Net se Carte Blanche oor ’n wrede plaasaanval waarin die man vermoor, sy vrou in ’n kas toegesluit en die huis aan die brand gesteek is.

’n Oproep na die vermoorde se gesteelde selfoon, ’n paar deurdagte vrae om die nuwe “eienaar” se adres met ’n slenter te bekom – en siedaar! ’n Saak wat die polisie verbluf het, is binne ’n dag afgehandel.

Twee verdagtes in die hof op aanklag van moord.

Dit verbaas min mense dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens dikwels nie eenvoudige sake kan oplos nie. Ons verwag dit nie meer nie; ook nie skaamte oor sulke onbevoegdheid nie.

Misdadigers weet hulle kan maar hier ’n ou doodskiet en daar ’n vrou met ’n mes steek wanneer hulle in die vroeë oggendure by ’n huis inbreek om ’n skootrekenaar en sel­fone te steel. Die kans dat hulle gevang sal word, is skraal.

Miskien het pres. Jacob Zuma onlangs sy vinger op die oorsaak van die probleem gelê. Dis nou toe hy verwys het na ’n verslag wat toon voormalige wit skole se onderwysers bestee ses en ’n half uur per dag in die klaskamer, terwyl hul swart kollegas slegs drie en ’n half uur klasgee. “Dit is ’n ernstige kwessie,” het die president gesê. “Ons mag, sonder dat ons dit besef, dít wat apartheid ingestel het, handhaaf. Só skep ons ’n situasie waar arm skole en arm leerlinge agtergeblewe bly.”

Dié stelling weerspieël die ma­laise waarin Suid-Afrika hom bevind en waarvan gebrekkige dienslewering maar een simptoom is.

Dink Eskom. Dink SAUK. Dink Landbank. Dink Suid-Afrikaanse Lugdiens. Dink elke liewe staatsdepartement (die belastingdiens uitgesluit, vanselfsprekend).

Tydens die grondwetlike onderhandelinge was daar ’n plegtige ooreenkoms dat die diens van bekwame wit staatsamptenare behou sou word. Daar is hoog opgegee oor die oordrag van vaardighede.

Dis nie wat gebeur het nie. Daar was wel ’n oordrag – nie van vaardighede nie, maar van volledige institusies.

Apartheid was verkeerd. Wit mense is onregmatig bevoordeel; hulle het die geleentheid gehad om hulle behoorlik te bekwaam, wat (die meerderheid) swart mense ontsê is. Wit mense het dit uiteindelik self ingesien. Dit is presies waarom daar ’n onderhandelde oordrag van politieke mag was.

So het die ANC-regering ’n werkende staatsmasjien geërf. En toe met onbehoorlike haas van wit kundigheid ontslae geraak. “Instant gratification” bo funksionaliteit.

Gewese model C-skole funksioneer vandag nog behoorlik. Tradi­sioneel swart skole sukkel. Zuma erken dit self. So ook me. AngieMo­tshekga, minister van basiese onderwys, en mnr. Gwede Man­tashe, ANC-sekretaris-generaal.

Die probleem lê nie net in die aantal ure wat onderwysers in die klas deurbring nie. Voortreflikheid is ’n kultuur. Dis ’n manier van dink. Dit behels ’n volledige identifisering met die heersende sosiale orde. Dis te vind in ’n lewensbeskouing, en uiteindelik ’n lewensbenadering.

Wanneer dit kom by ’n oordrag van vaardighede is blootstelling aan hierdie kultuur ’n voorvereiste.

Vaardigheid is nie ’n gelukspakkie wat geskenk kan word nie. Dit word deur assimilasie verwerf.

Dink net wat sou gebeur het as die regering met dieselfde doelgerigtheid as elders ongebreidelde rassetransformasie op model C-skole afgedwing het.

Maar dis wat die ANC met Eskom gedoen het, met die SAUK, met die Landbank, met die SAL, met elke liewe staatsdepartement.

In elke geval is ’n kultuur van relatiewe voortreflikheid uitgekalwe ter wille van ’n rasgedrewe transformasie-agenda. En dieselfde malaise lê aan die grond van die SAPD se onvermoë om selfs eenvoudige strafsake op te los.

’n Kultuur van voortreflikheid ontbreek. En ek twyfel of Zuma die moed het – of selfs die politieke ruimte – om dit reg te stel. Só word dít wat apartheid ingestel het, gehandhaaf.

  • Chris Louw is ’n vryskutjoernalis wat dié rubriek op uitnodiging skryf. Tim du Plessis is met verlof.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.