Gasrubriekskrywers

Middel teen pessimisme

2009-11-04 21:42

Jaap Steyn

Armoede ken geen kleur-of taalgrense nie. Waarom moet Solidariteit dan op Afrikaners fokus met sy aksieplan teen armoede?

Dié vraag is gevra ná Solidariteit Helpende Hand se Reddingsdaad-kongres. Talle deelnemers aan die kongres het dit beklemtoon dat alle gemeenskappe moet saamwerk om armoede te beveg.

Maar daar is ’n goeie rede waarom Solidariteit veral en vir eers na Afrikaners moet omsien. Hulle is die groep wat die afgelope 15 jaar die swaarste gely het onder die gesamentlike uitwerking van drie nuwe soorte diskriminasie: rassediskriminasie met regstellende aksie (die Nederlanders, net so polities korrek as ons, noem dit posi­tieve discriminatie!), taal­­diskri- ­minasie en maatskaplike diskriminasie met byvoorbeeld staatstoelaes. So het die Tshwane-metroraad sedert 2000 van die 90?100 beskikbare Hop-huise net twee aan wit behoeftige gesinne gegee.

Helpende Hand het onlangs navorsing bekend gestel wat toon dat ongeveer 131?000 wit huishoudings nie voldoende huise het nie. Hulle woon in ou hoenderhokke, wit plakkerskampe, stukkende woonwaens, tente of informele sinkstrukture. Sowat 46% van wit gesinne kan nie meer ’n huis van meer as R200 000 bekostig nie.

Die aantal wit gesinne wat minder as R68 400 per jaar verdien, neem jaarliks met ongeveer 37000 toe. “Om die huidige agterstand van behuising onder arm wit mense oor die volgende tien jaar uit te wis, moet daar ’n gemiddelde van 14000 Hop-huise per jaar vir arm wit mense gebou word,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.

Die Afrikaners is een van die gemeenskappe wat buite die fokus van die regering se hulpprogramme val en hulle moet, soos Langner dit stel, “self verantwoordelikheid vir hul welstand aanvaar en hierdie verantwoordelikheid word nou weer aangegryp”.

In die groot Afrikaner-aksies van die 20ste eeu het die klem sterk op onderwys en opleiding in Afrikaans geval. Dit is goed dat dit ook nou op die voorgrond staan.

Een van die “Reddingsdaad-doenplanne” is die uitbou van die huidige Afrikaanse tegniese kollege, Sol-Tech, om opleiding in meer ambagte aan te bied. Iemand wat professor aan twee universiteite was, skryf aan my: “Ek was onlangs by Sol-Tech. Jy moet sien hoe netjies die plek lyk. En die studente lyk soos mense wat ernstig is oor die verwerf van vaardighede en kennis, nie asof hulle daar op die kampus kom boemel nie!”

Nog ’n plan is ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n sentrale buro wat Afrikaanse private en openbare skole kan ondersteun, asook ’n “multimiljoenrandse Afrikaanse beursplatform”. Hopelik luister die kerke na Helpende Hand se oproep om dit aktief te steun.

Solidariteit se ander planne sluit in die vestiging van ’n Afrikaanse beroepsleidingsinstituut wat jongmense in staat sal stel om in die regte rigtings te studeer; die vestiging van ’n Afrikaanse afstands­onderrig-akademie; steun aan bestaande Christelik-Afrikaanse onderwyserskolleges; ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n netwerk van Afrikaanse kleuterskole en nasorgsentrums; ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n private Afrikaanse universiteit; en druk op die regering vir ’n skikking oor Afrikaanse onderwys op alle vlakke.

Dit is, samevattend, die soort aksies wat alle lewenskragtige gemeenskappe aanpak wat deur onsimpatieke regerings gedwing word om hulself te help. Dit is die oprigting van eie onderwys- en ander instellings, aangevul deur taalaktivisme soos druk op regerings wat hul plig versuim. As belastingbetalers is Afrikaanssprekendes op onderwys in hul taal geregtig.

Ons geskiedenis, maar ook dié van ander taalgemeenskappe, leer dat ’n mens ’n taal op sy beste kan bevorder as jy saam met die onderwys ook loopbane kan skep waarin daardie taal bruikbaar is.

Die beste middel teen die heersende pessimisme is konstruktiewe aksies, die soort dinge wat Solidariteit beoog en in sommige gevalle reeds uitgevoer het.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.