Gasrubriekskrywers

Mikpunt: Die Baas van Afrika

2012-01-27 21:44

Mandy Rossouw

Wanneer me. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, môre haar hand opsteek om verkies te word tot nuwe voorsitter van die Afrika-Unie- (AU)-kommissie, bring sy al Suid-Afrika se bagasie met haar saam.

Want hoewel Suid-Afrika deur die ander lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) aangesê is om ’n kandidaat vir hierdie top-pos voor te stel, het die veldtog wat die Suid-Afrikaanse regering namens Dlamini-Zuma onderneem het die probleme blootgelê wat die res van Afrika met Suid-Afrika het.

Suid-Afrika het tot dusver min gedoen om sy bynaam die “Yank van Afrika” af te skud en die besluit om Dlamini-Zuma aggressief te steun, laat dit ook nie lyk of hy regtig wíl nie.

Die veldtog was ernstig en omtrent elke senior Suid-Afrikaanse amptenaar in elke land in Afrika moes voelers gaan uitsteek.

Die enigste twee lande wat prontuit vir Suid-Afrika nee gesê het, is Ethiopië, waar Jean Ping van Gaboen, die kommissie se huidige voorsitter, sy stempel duidelik afgedruk het, en Kameroen.

Die eerste fase van die veldtog was maklik. Ná die Libië-fiasko en die veelbesproke Verenigde Nasies-resolusie was dit maklik om ander Afrikalande daarvan te oortuig dat die AU versterk moet word en dat Dlamini-Zuma met haar ervaring in internasionale politiek die regte vrou vir die pos is.

Maar namate meer daaroor gedink is, het die ou vrese weer by AU-lidlande posgevat.

Met die oorgang van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) na die AU was dit duidelik dat Suid-Afrika ’n groot rol in die nuwe organisasie sou speel.

Oudpres. Thabo Mbeki se naam staan steeds ingegraveer in die AU se voormalige hoofkantoor in Addis Abeba. Hy het die bottergeel gebou in 2003 onthul in sy hoedanigheid as AU-voorsitter.

Toe was daar ’n heftige twis oor die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (Nepad), veral oor waar sy hoofkantoor sou wees.

Die latere kompromis was dat Nepad in Suid-Afrika gesetel sou wees, met die veronderstelling dat die AU-hoofkantoor in Ethiopië sou bly.

Verder was daar ’n onuitgesproke ooreenkoms dat Suid-Afrika, saam met die ander groot lande soos Nigerië, nie kandidate vir topposte in die AU sou stel nie.

Dit sou te veel mag in een land setel, is gemeen, veral as dit een is wat grootskaals tot die AU-begroting bydra.

Dlamini-Zuma se kandidatuur verander hierdie ongeskrewe AU-reëls onherroeplik.

Dis duidelik dat Suid-Afrika die dae van saggies omgaan met dié reëls as verby beskou.

Selfs Suid-Afrika se poging om ’n permanente setel in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad te kry, het nou ’n ander geur. Ná pres. Jacob Zuma se toespraak verlede jaar by die Universiteit van Pretoria het diplomate laat blyk dat hy Suid-Afrika probeer posisioneer as ’n speler wat op sy eie gereken behoort te word, en nie meer as bloot ’n verteenwoordiger van Afrikalande of ’n “poort na Afrika” nie.

Boonop het die res van Afrika Suid-Afrika min gunste bewys. Net Suid-Afrika kry heeltyd die skuld vir die Libië-fiasko, hoewel Gaboen en Nigerië ook vir dieselfde resolusie gestem het.

En die besluit verlede jaar om nie die nasionale oorgangsraad in Libië as ’n legitieme owerheid te erken nie, was ’n besluit van die AU, al het Suid-Afrika dit voorgestaan.

Helaas het verskeie Afrikalande die oorgangsraad op hul eie erken en diplomatieke bande begin smee.

Genoeg van solidariteit.

Die veldtog vir Dlamini-Zuma se verkiesing het gewys Suid-Afrika wil nou wees wat hy altyd gedink het hy behoort te wees: Die Baas van Afrika.


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.