Gasrubriekskrywers

Vir oulaas die bliksem in

2009-12-01 23:08

Chris Louw

Ek het behoorlik slae van lesers op Beeld se webwerf gekry oor my rubriek twee weke gelede in dié ruimte onder die opskrif “Gereduseer tot 6%”.

Sommige lesers reageer met woede op my nostalgiese versugting dat wat die ANC in die 1980’s belowe het vandag ’n amper makabere grap is. Van hulle hou my persoonlik verantwoordelik vir die gemors omdat ek destyds lede van die toe nog verbode ANC (tot in Oos-Berlyn!) ontmoet het.

Dis natuurlik ’n onsinnige argument. Die aard van my werk as joernalis bepaal dat ek met mense oor ’n wye spektrum praat.

En oor my ontmoetings met ANC-lede en kommuniste het ek destyds in openbare media verslag gedoen; dit was geen geheim nie.

So het ek in die 1980’s ook onderhoude gevoer met mense wat geswore vyande was, soos Swapo se mnr. Sam Nujoma en genl. Jannie Geldenhuys, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. En later het ek vir Eugene de Kock in die tronk gaan kuier om te skryf hoe dit met hom gaan. Dit beteken nie ek aanvaar verantwoordelikheid vir wat hy alles aangevang het nie.

Maar daar is ’n ander aspek van die reaksie waarna ek wil kyk.

Wat jou op die krop van die maag slaan, is die frustrasie en woede onder gewone Afrikaners oor die politieke situasie in die land. Wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder voel klaarblyklik verraai deur die korrupsie, wan­bestuur, selfverryking en onbevoegdheid wat onder die ANC-regering aan die orde van die dag is.

Ek deel dié opstandigheid.

Die vlaag van misdade waaraan ons in my omgewing – die kleinhoewes van De Wildt en Silkaatsnek in Noordwes – onderwerp is en die polisie se bykans misdadige onvermoë om op te tree, is maar net een voorbeeld van die breër verval in die samelewing. Omdat ’n ou dit aan jou eie lyf voel, lei dit nog gouer tot gevoelens van moedeloosheid en magteloosheid – en woede.

Dan lees ek gewapende huisrooftogte kom nou tot in die hart van die Boland voor. Is dit toeval of hou dit verband met die feit dat Zimbabwiese “vlugtelinge” al so ver suid getrek het, soos die xenofobiese aanvalle in De Doorns toon?

Is daar nog ’n veilige skuiling in die land oor? Goed, ons is kwaad. Maar wat is die oplossing?

Laat ek eerlik wees: Ek ervaar voortdurend teenstry­dige gevoelens daaroor.

Soms wil-wil ’n ou ’n vorm van selfbeskikking idealiseer. Maar dis klaarblyklik onhaalbaar. Op persoonlike vlak kom ek boonop goed met individuele swart mense oor die weg. Dis lekker om in ’n kosmopolitiese restaurant te ontspan met mense van alle rasse teenwoordig.

Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.

En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.

Dan maar aanbly in die nuwe Suid-Afrika met al sy lelike groeipyne. En dan weer: Verteenwoordig die korrupsie en misdaad groeipyne of sterftepyne? As ’n ou na die res van Afrika kyk, lyk dit eerder asof die land onherroeplik op pad is graf toe.

Soms wonder ek, al weet ek dit is bloot praatjies vir die vaak, of Roelf Meyer-hulle harder sou onderhandel het as hulle geweet het wat van die land onder die ANC sou word.

Kón hulle vanuit die posisie van morele bankrotskap waarin die Nasionale Party hom bevind het iets anders onderhandel het?

Ek verstaan Roelf is nou ’n ingeskrewe lid van die ANC. Beteken dit hy kondoneer die manier waarop sy gewese vyand die land regeer? Miskien moet iemand dit hom ’n slag reguit vra.

Ek sal graag sy eerlike antwoord wil hoor, selfs al kan dit nou geen verskil maak nie.

* Chris Louw het die bostaande rubriek verlede Donderdag voltooi en gestuur vir publikasie vandag. Hy is gisteroggend dood aangetref op sy kleinhoewe in De Wildt buite Pretoria.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.