Gasrubriekskrywers

Volkstaat hou g’n heil in

2010-01-12 20:59

Pieter du Toit

So, meer as die helfte van Beeld se lesers wil in ’n volkstaat gaan bly?

Dít volgens ’n meningspeiling wat vandeesweek op die koerant se webtuiste gedoen is.

Daarvolgens is 56% van Beeld-lesers (6 178 mense) wat aan die peiling deelgeneem het bereid om dit te doen. Net meer as ’n kwart (27%, of 2 933 lesers) sal dit nie doen nie, terwyl die res (17% of 1 908 lesers) dit sal oorweeg.

Dis verstommend dat hedendaagse, moderne Suid-Afrikaners – Afrikaners, dan – dink hulle kan van die land se legio probleme ontsnap deur in ’n geslote gemeenskap te gaan wegkruip en ’n geslote bestaan te voer.

Die peiling getuig waarskynlik (hopelik) eerder van die gatvolheidsfaktor onder wit Afrikaanssprekendes as ’n ware behoefte om só ’n skuif te maak.

Die idee van ’n volkstaat is doodgebore en diegene wat hulle daarvoor beywer, het weinig meer as water getrap sedert die grondwetlike onderhandelinge amper twee dekades gelede.

Orania, wat veronderstel was om die weg na só ’n volkstaat te baan, is ná meer as 16 jaar steeds niks meer as ’n bestaansgemeenskap nie met ’n bejaarde bevolking wat sukkel om jong bloed te lok.

Daar’s ’n paar knap mense wat daar woon en enkele skerp innovasies wat nogal interresant is, maar dis al. Die plek is gehawend, muf van ou idees en beslis nie deel van die toekoms nie.

Die VF+, wat hom beywer vir ’n volkstaat wat van Orania tot aan die Weskus strek (volgens die party se webtuiste), sukkel om die soort steun te lok wat ’n wit bantoestan enigsins op die kaart sal plaas.

Boonop dien sy leier, om welke rede ook al, in die regering onder ’n ANC-president .

Dus is die praktiese eksperiment van ’n volkstaat (Orania) en die enigste eksponent daarvan in die die land se staatkundige bestel (die VF+) eerder nader aan hul einde as hul begin.

Beeld-lesers wil tog nie rêrig na ’n volkstaat trek nie, want dan moet hulle tot siens sê vir Loftus, Menlyn en hul strooidaklapa’s langs die swembd.

Só ’n meningspeiling laat egter die ongelukkige gedagte by mens opkom dat meer as die helfte van die koerant se lesers terughunker na die dae van gedwonge segregasie, waar wittes vir hulle ’n leuen van ’n lewe geskep en daarin gedy het om mede-Suid-Afrikaners te onderdruk ter wille van hul eie, eng belange.

Niemand gee voor die land staar nié ernstige probleme in die gesig nie. Niemand ontken die land sit met ’n staatshoof oor wie érnstige bedenkinge bestaan nie.

Maar waarom baie wit Afrikaanssprekendes nie eerder kies om deel te wees van die soeke na ’n oplossing of te help om die Grondwet te beskerm nie, is kommerwekkend.

Waarom hou mense aan om vir hul skoolgaande kinders T-hemde aan te trek met die ou landsvlag en die woorde “100% Boeremeisie” op of sal hulle swartes uitkryt vir mense sonder verstand terwyl hulle om die etenstafel bid en dankie sê?

Wittes moet hulself eerder aan die kant van die honger, arm en vertrapte massa skaar wat deur die ANC misbruik, mishandel en weggegooi word.

Dáárin lê die redding, nie in Noord-Kaapse enklaves nie.

Die ANC het die afgelope naweek partytjie gehou: sjampanje, duur kos en koek vir sy leiers was volop. Die party sien nie werklik wat op grondvlak aangaan nie, anders sou hy lankal verander het. Die hongersnood daar buite is onbeskryflik, die gesukkel is kwaai en die raad is op.

Die gevierde Afrikaner-politikus Jan Hendrik Hofmeyr het in die vorige eeu gesê wit Suid-Afrikaners moet begin besef hul voortbestaan is afhanklik van die welwillendheid van die meerderheid van die land se bevolking.

Dit was nog nooit so waar soos nou nie.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
158 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.