Gert van der Westhuizen

Die krieketblad kort nuwe gras

2012-01-25 21:48

Gert van der Westhuizen

As daar nou een ding is wat krieket, en veral Suid-Afrikaanse krieket, die minste kan bekostig, is dit nóg ’n skandaal. Die spel dra reeds ’n swaar las sedert bewerings van wedstryd­knoeiery met die eeuwisseling al hoe algemener geword het.

Baie mense neem krieket sedertdien nie meer ernstig op nie.

Die ongewone, soos wanneer die Australiërs of Sri Lankane vir minder as 50 lopies uitgehaal word, word afgemaak met stellings soos “hoeveel is hulle betaal?”

Dit is jammer dat daar so ’n klad op krieket se naam is, want dit is juis die een sportsoort wat daarop roem dat hy onvoorspelbaar is en dat enigiets kan gebeur.

Dikwels is die onvoorspelbare heeltemal verklaarbaar sonder dat sinistere verklarings gesoek hoef te word vir waarom dit gebeur het.

Maar as mense eers sinies is oor iets, word hulle moeilik van die teendeel oortuig.

Daarom is dit moeilik om te sien hoe enigiemand weer vertroue in die land se krieketbase gaan hê nadat die voortslepende bonusskandaal ook die administrasie van krieket onder verdenking gebring het.

Mnr. Gerald Majola, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), is di­rek hierby betrek omdat hy bonusse van R1,8 miljoen nie verklaar het, soos die Maatskappywet vereis nie.

Hy en dr. Mtutuzeli Nyoka, voormalige president van KSA, het daarna gereeld koppe gestamp en van die nasionale spelers het selfs begin kant kies.

Nyoka is in ’n stadium uitgeskop, weer aangestel en weer uitgeskop.

Krieket se beeld het daaronder begin ly, met die gevolg dat borge hulle nie langer met dié sportsoort wou vereenselwig nie.

Dit het naderhand so erg geword dat mnr. Fikile Mbalula, minister van sport, ingegryp het en die Nicholson-kommissie aangestel het om die saak te ondersoek.

Hoewel dié kommissie se magte beperk is, het dit tog nuwe lig op die saak gewerp. ’n Aanbeveling word die einde van die maand verwag.

Te midde van al dié verwikkelings het Mbalula hom gereeld sterk in die openbaar teen korrupsie in sport uitgespreek.

Hy het selfs luidens berigte gesê dat nie eens die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), ’n organisasie wat meer in die nuus is oor allerhande beweerde ongerymdhede as oor die gesonde administrasie van sokker, in sy pad sal staan wanneer korrupsie ter sprake is nie.

Mbalula se uitsprake behoort verwelkom te word en ’n mens kan net hoop hy sal die daad by die woord voeg deur korrupsie in sport te beveg.

Regeringsinmenging in sport is nie noodwendig altyd ’n goeie ding nie, maar die krieketbase het Mbalula nie juis ’n keuse gegee nie.

Dit sal in die lig hiervan interessant wees om te sien wat met die krieketbase gebeur.

’n Mens wil nie die Nicholson-kommissie se bevinding vooruitloop nie, maar dit is baie moeilik om te sien hoe krieket se beeld herstel gaan word as die huidige administrateurs in hul poste aanbly.

Dit is verstommend dat Majola deurentyd weier om te bedank omdat hy vas glo hy het niks verkeerds gedoen nie, en eerder modder na ander gooi.

’n Houding soos dié rig net nog skade aan krieket se beeld aan.

Ander voormalige administrateurs wat by die debakel betrokke geraak het, doen ook nie juis veel om ondersteuners se vertroue te herstel nie.

Dit sal daarom dalk beter wees as krieket in Suid-Afrika die spreekwoorde­like lei kan skoonvee en weer heeltemal van voor af begin – sonder adv. Norman Arendse, sonder Nyoka en sonder Majola.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.