Mulder waai rooi grond-lap

2012-02-22 22:08

Dr. Pieter Mulder is leier van ’n party wat eintlik geen bestaansreg het nie. Tog slaag hulle om (net-net) te oorleef in ’n demokrasie wat plek het en maak vir almal.

Mulder en die VF+ veg ’n verbete stryd ter wille van uitgediende idees wat meer met ons verdeelde verlede gemeen het as met die visie van ’n nie-rassige demokrasie. Hulle is in ’n desperate situasie.

Daarom behoort die herrie wat Mulder verlede week ontketen het met sy uitlating dat swart Suid-Afrikaners nie aanspraak kan maak op 40% van die land se grond nie, nie werklik te verras nie.

Mulder praktiseer ’n desperate vorm van politiek; en soos die Engelse sê, desperate tye vereis desperate optrede of (in hierdie geval) uitsprake.

En as dit beteken dat jy skielik ontwaak as kwansuise spreekbuis vir die belange van die land se oorspronklike bewoners, hoekom nie? Die punt is egter dat Mulder na sy eie groep vry en hom min aan ander steur.

Die VF+ is ’n party wat op grond van sukses by die stembus (of dan die gebrek daaraan) konsekwent op die glybaan na nêrens boer. In 1994 het hy nege setels by die stembus verower. Byna 425 000 kiesers het vir hom gestem.

Dit was toe reeds duidelik dat groot dele van die (wit) Afrikanergemeenskap – wie se belange die VF+ beweer hy dien – die party verwerp.

In die mees onlangse algemene verkiesing, dié van 2009, het die party net vier setels met ’n skamele 147 000 stemme ver­ower. Die stempersentasie in dié verkiesing was 83% en daar was baie meer bedorwe stemme as wat Mulder-hulle kon kry!

Die VF+ se grootste sukses in 2009 – iemand het dit elders as ’n wegholoorwinning beskryf! – was in Orania, waar die hunkering na selfbeskikking (in die ou dae het ons dit sommer apartheid genoem) nog die heersende politieke strewe bly.

(Terloops, net ter wille van perspektief: Die ANC het in 2009 goed oor die 11 miljoen stemme op hom verenig.)

Mulder se uitspraak – vergeet vir die oomblik die geskiedkundige geldigheid daarvan al dan nie – was klaarblyklik bedoel om ’n uitwerking op sy kwynende steunbasis te hê en te red wat te redde is.

Sy besluit om ’n adjunkministerskap in die regering van pres. Jacob Zuma te aanvaar, is nie oral in sy eie dampkring positief aanvaar nie.

Dit is ook nie gewild in die geledere van die ANC nie, om nie eens te praat van die breër ANC-kieserskorps nie.

In die wandelgange word gefluister dat sy minister hom net verdra omdat hy deur die president aangestel is. Indien sy enige take aan hom toevertrou, is dit glo meestal net om op die nippertjie ’n toespraak of iets dergeliks namens haar te lewer.

Mulder self trap ongemaklik rond wanneer ’n mens hom vra oor sy besluit om hom by die regering aan te sluit. Nog meer so oor sy rol as adjunkminister.

Die vraag moet by hom spook oor wat hy in 2014 aan die kiesers gaan sê oor die waarde wat hy (vir hulle) gevoeg het deur in ’n (vir baie steeds gehate) ANC-regering te dien.

My vermoede is dat hy klippe gaan kou en nou reeds beweeg om hom van die regering te distansieer. Indien wel, kon hy kwalik ’n plofbaarder kwessie as grond as voertuig gekies het.

Dit is ’n riskante strategie wat lelik kan boemerang.

Mulder het ’n rooi lap voor die grondbulle gewaai en hulle is briesend.

Die risiko is groot dat die debat oor grond – wat op sy eie manier begin koers kry het in ’n sinvolle rigting – nou gevaarlik terug is in die onvoorspelbare waters van die emosionele en irrasionale politiek.

Wel, as dit Mulder en die VF+ help om te oorleef, hoekom nie?

- Henry Jeffreys is ’n onafhanklike kommentator. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.