Jo Prins

Is daar mense wat móét rook?

2010-01-18 20:55

Ek gaan vanjaar meer op mense fokus.

Ek onderneem om my beste te doen om mense se optrede van hul menswees te onderskei – die hate the sin,
love the sinner
-beginsel.

So gaan ek nie die hoogswanger vrou wat hier in ons gebou in Auckland Park se rookkamer sit en rook, verdoem nie.

Ek gaan haar elke dag vriendelik groet en wonder of sy – op die oog af glad nie ’n oningeligte mens nie – nie wonder oor die skade wat sy haar fetus aandoen nie.

Dat elke teug rook daai klein mens in wording van belangrike suurstof ontneem – om nie eens te praat van eindelose studies wat dui op die impak van nikotien op ’n fetus nie.

Sy weet waarskynlik dat haar kind se immuunstelsel beïnvloed word?

Sy weet dalk dat haar kind se gewig nie dié gaan wees van ’n ma wat nie gerook het nie?

En wanneer sy soggens so heuglik sit en diep trek en ek loer daai kant toe, dan kan ek nie help om oor ander dinge te wonder nie.

Wat doen sy nog wat sy goed weet is skadelik vir haar kind?

Maar ek gaan nie oordeel nie – ek gaan die mens probeer sien.

Die mens wat afhanklik is van nikotien.

Iemand wat nie anders kán as om te rook nie – al groei ’n nuwe lewe hier binne in haar?

Iemand vir wie die craving te groot is. Of is sy iemand wat domastrant voortrook al weet sy wat die skade is?

Dan kry jy weer mense wat so lief is vir hul kinders dat hulle voor in die motor saam met Mamma en Pappa sit.

Nie in ’n babastoeltjie en vasgegespe nie, maar voor op Mamma se skoot in die passasiersitplek, wyl Pappa bestuur.

Dikwels staan jongste sommer op Mamma se skoot met Pappa wat trots elmboog by die venster uit leun.

Veral oor naweke. Lekker.

En as Pappa dan so in die ry ’n sigaret by die venster uit ash (daai rook is mos nie skadelik vir boetman nie), dan is dit éérs lekker.

Ek wonder of daai mense al gesien het hoe ’n crash test dummy teen 60?km/h deur ’n voorruit trek?

Wat sê jy vir jou kind (ás hy of sy dit oorleef) dat Mamma en Pappa so lief is vir jou dís hoekom ons jou nie veilig op die agtersitplek vasgegespe het nie en dís hoekom jou nekkie vandag gebreek is, my kind?

Want jy’t daar op die agtersitplek so gehuil my kind – daar op jou eie.

En dalk kom daai kind net mooi niks oor nie en die siklus herhaal hom eenvoudig tot op ’n dag dat iemand wel vermink word.

Dán is die hel los. Dán wil almal antwoorde hê.

Want ons is mos almal verantwoordelike ouers en niemand gaan vir my sê hoe om my kinders groot te maak nie.

Maar die rook ... ek ken min mense wat moet rook.

Meeste rook maar net om iets met hul hande (en koppe) te doen.

As daar één ou is wat móét rook, is dit ou Obbie, wat saam met my in die weermag was.

Elke sigaret wat hy aangesteek het, was ’n sigaret wat sy lewe gered het.

Hy’t dit gekoester en getrek en geruik.

Diép sy longe ingetrek – jy kon eintlik sien hoe sy pupille vergroot.

Die wêreld was ’n beter plek nadatObbie gerook het – maar veral terwyl hy gerook het.

En Obbie was ’n roker wat nie sy stompies by die venster uitgeskiet het nie.

Én hy was altyd bewus van waarheen sy rook trek en of daar kinders is wat aan sy lekker gewoonte blootgestel word.

In ’n restaurant was Obbie ’n modelroker. Rook daar niemand aan die tafel nie? Dan’t Obbie opgestaan om
elders die dampie te gaan maak.

Is daar mense wat moet rook?

Ja, Obbie móét.

Maar swanger vroue?

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.