Jonathan Jansen

Beleefd en vreedsaam

2009-10-06 23:06

Ek is lief vir mense en baie van my energie spruit uit die vreugde van diensbaarheid aan ander mense.

Maar nou en dan hou ek van ’n bietjie privaatheid, tyd vir nadenke en bepeinsing, ’n geleentheid om te ontlaai.

Niks is vir my meer ontspannend as ’n lang rit deur die landelike gebiede van Suid-Afrika, sonder die eindelose padwerk en verkeersknope van die groot stede.

Die uitnodiging om ’n onderwyserskonferensie in Bethlehem in die Vrystaat toe te spreek het op presies die regte tyd gekom.

Ek het gereis deur plekke in ons land waar ek nog nooit was nie en agtergekom hoekom Vrystaters so lief vir hul provinsie is.

Die wye, oop vlaktes en die helderblou lug is oneindig.

Volgens my horlosie is ek sowat 40 minute voor skedule. Ek stop buite ’n dorpie genaamd Senekal.

Met my pet laag oor die oë getrek, sluip ek die Wimpy aan die einde van die pad binne, gretig om oogkontak te vermy in geval daar iemand is wat my sou kon herken en dan sy of haar eksamenpunte of my planne vir die koshuise wil bespreek.

Die pet-plan is ’n mislukking, want net toe ek by die motor uitduik, groet ’n hartlike stem: “Goeiemiddag, Professor!”

Ek groet vinnig terug, maar hou my skaars, kies ’n hoektafel in die Wimpy en begin my konferensie­toespraak deurgaan.

Vrede en stilte in Senekal met koffie en ’n hamburger.

Dit is tog vreemd hoe ’n mens agterkom dat mense jou dophou.

Ek lig stadig my kop op en tot my verbasing staan daar ’n ry Senekal-boere tou om my te groet.

Hulle lyk na geharde manne; een met sy hand in gips, maar hy verseker my dit is nie die gevolg van ’n huismoles nie, maar van ’n boerdery-ongeluk. Dit is doodgewone mense wat die lande ploeg om Suid-Afrika van graan en groente te voorsien.

Maar ek is ietwat lugtig. Hulle lees ook tog die koerante. Gaan dit vir my nodig wees om moeilike besluite te verdedig? Sal hulle ’n rusie oor koshuisbeleid ontketen? Gaan hulle my oor die taalbeleid konfronteer?

Ek is nie seker nie, maar dít is nie wat ek beplan het nie.

Ek bedoel, kan ek nie eens ’n hamburger en koffie geniet sonder om die universiteit te moet verdedig nie?

Ek staan op, soos kultuur vereis, en die manne glimlag breed terwyl hulle die hande uitsteek om te groet.

“Ons het net gekom om jou te groet en dankie te sê vir die werk wat jy by Kovsies doen. Jy is op die regte pad en ons is vierkant agter jou.”

Praatjies oor koeitjies en kalfies volg, tot my verligting. Hierdie manne is trots op hul universiteit; dit is waarheen hulle hul kinders stuur.

En hoewel hulle ’n paar honderd kilometer van Bloemfontein woon, is dit húl universiteit, húl rektor, en wou hulle net kom groet.

Dit is duidelik dat daar twee Suid-Afrikas is.

Een waarin rasseprovokasie en rasse-arrogansie gedy, veral onder jong leiers wat gedurig debatte oor “minderhede” ontketen.

En waarin ’n groepie regsgesindes wanhopig probeer om die apokaliptiese vrees in te boesem dat swart mense beplan om wit mense aan te val en te verswelg.

Maar daar is ’n ander Suid-Afrika waarin mense daagliks probeer om mekaar tegemoet te kom en om gewoon beleefd en vreedsaam teenoor mekaar te leef.

Dít is die plek wat ek nou die dag gesien het, waar wit en swart saam aanbid, saam aan sport deelneem en saam vir mekaar se kinders omgee.

As jy goed kyk, sal jy hulle oral aantref.

En jy sal ’n hele paar van hulle in die Wimpy in Senekal kry.

* Prof. Jonathan Jansen is die rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...