Jonathan Jansen

Soos duikboot vir Zimbabwe

2012-02-21 22:34

Elke nou en dan maak ’n politikus ’n besonder prikkelende stelling wat klink soos ’n nuwe beleidsverklaring, wat Jan Alleman angstig of hoopvol maak en die nuusmedia laat skarrel.

Niemand vra of die minister die gesag het om so ’n uitspraak te maak nie en net enkeles sal vra of die impulsiewe aankondiging enigsins werkbaar is.

Hierdie gekke aankondigings word meestal weens ’n gebrek aan geloofwaardigheid in regeringsgeledere gedoen.

Wanneer ’n regeringsmaaksel klaaglik misluk, kan die aankondiging van die een of ander verregaande beleidsaksie die negatiewe aandag weglei van die ware sondaar – die regering self.

Onthou u hoe min. Fikile Mbalula, vasgewikkel in ’n seksskandaal, skielik aangekondig het alle skole sou weer liggaamsopvoeding instel? Die nuushonde het die skandaal soos ’n gestroopte been gelos en die nuwe bloedspoor gevat.

Nog ’n voorbeeld was die aankondiging deur die Gautengse LUR vir onderwys dat kinders wat laat by hul skool in Soweto opdaag, tronk toe gemarsjeer sou word. Ek het nog nooit iets so absurd gehoor nie.

Die minister was klaarblyklik gefrustreerd oor laatkommery; ons almal is.

Maar ’n mens hoef nie ’n gedragswetenskaplike te wees nie om te weet dat enige poging om kinders se gedrag met dreigemente van ’n besoek aan die polisiekantoor te verander, min of meer dieselfde uitwerking op hulle sal hê as op beroepsmisdadigers.

Jy hoef ook nie ’n regsgeleerde te wees om te weet dat die minister geen magte het om so iets aan kinders te doen buite die wetgewing wat laatkommery ’n strafbare oortreding maak nie.

En jy hoef nie ’n onderwyssielkundige te wees om te weet dat, selfs as dit moontlik sou wees in ag genome die groot aantal betrokke kinders, dit die emosionele lewe van talle onskuldige kinders sou skaad nie.

Ek het jare gelede as ouer geleer dat ’n mens wat kinders dreig en nie die dreigement kan uitvoer nie, daardie kinders se respek verloor.

Maar dié onnosele uitlating van die Gautengse LUR het dit darem ’n paar dae lank laat klink of sy in beheer van die provinsie se skole is.

Elders het ek geskryf oor die dreigement oor die vestiging van ’n nuwe universiteit in ’n provinsie wat meer Karoobossies as kinders het en waar die paar hoërskole se paar leerlinge wat wel vir universiteitstoelating kwalifiseer, onsigbaar is op die middelslag-kampusse van die naaste universiteite, naamlik die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-Universiteit.

Maar hier word dié gawe, populistiese aankondiging gedoen wat aanklank vind by arm mense wat moet leef sonder die basiese geriewe wat hul regering aan hulle behoort te verskaf. ’n Universiteit in die Noord-Kaap het in werklikheid min of meer dieselfde bestaansreg as ’n duikboot in Zimbabwe.

Toe doen die minister van hoër onderwys ’n aankondiging op die dag waarop ’n ma by die Universiteit van Johannesburg doodgedruk is weens die swak bestuur van studenteregistrasie – ’n sentrale aansoekkantoor sou binne ’n jaar in Suid-Afrika gevestig word.

Enigiemand met kennis van sulke stelsels weet dit het jare gekos om so ’n stelsel te ontwerp en te vestig in net een provinsie, naamlik KwaZulu-Natal, met sy vyf universiteite. Dié stelsel het weens data-oorlading dikwels in duie gestort.

Verbeel jou dit word gedoen vir 23 universiteite van die UWK in die suide tot die Universiteit van Venda in die verre noorde.

Dit gaan nie gebeur nie, maar wanneer die minister die aankondiging doen, klink hy kragdadig, in beheer en sensitief vir die vernietigende gebeure op die Johannesburgse kampus.

Wanneer u dus andermaal ’n wilde stelling van ’n politikus hoor, ontspan.

Moenie paniekerig raak nie, maar vra liefs: “Wat probeer hulle verdoesel?”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.