Jonathan Jansen

Voete af, sit regop, leer leef!

2012-02-07 22:35

Jonathan Jansen

‘Haal jul hoed van jul kop af,” het ek drie tweedejaarstudente aan­­­gesê voordat ek sou begin klasgee. Die reaksie was interessant.

Hulle het hul pap hoed afgehaal, stadig by hul gesig verby laat sak en hul lyf vooroor na hul skoot gebuig.

As hulle die hooftooisel vinnig verwyder het, sou dit ’n aanduiding gewees het van ’n oorgretigheid om die opdrag van ’n volwassene uit te voer – ’n handeling wat beslis nie cool is in die wêreld van dié wat tussen die tienerjare en volwassenheid vasgevang is nie.

Om eerlik te wees: Ek gee nie ’n bloue duit om of ’n student ’n lesing bywoon met ’n hoed op die kop nie.

Maar in ’n nasionale kultuur met weinig ontsag vir onderrig en leer moet ’n mens daardie kultuur vestig deur die handhawing van eenvoudige klasroetines.

“Haal af jou voete van die stoel voor jou.” En: “Sit asseblief regop.” Hulle is jou ter wille, maar met stadige bewegings.

Studente wat na die universiteit kom, is dikwels afkomstig van skole waar hulle kon maak wat hulle wil.

Skole waar die onderwysers klokslag laat is, waar huiswerk nie nagesien word nie, waar gebreekte ruite nie vervang word nie, waar onderwysers met skoolmeisies flankeer en saam met skoolseuns drink.

Ek sien dit so dikwels dat die skokkendheid daarvan my nie meer ontstel nie.

Sulke leerlinge kom dan by ’n universiteit aan met dieselfde oneerbiedigheid teenoor onderwys. Tensy hulle streng vasgevat word, sal hulle dieselfde middelmatige akademiese resultate behaal en dieselfde sosiale gedrag openbaar.

’n Universiteit is ’n plek waar ’n mens logika eerder as vuiste en woede laat hoogty vier.

Ek moes dus aan die studente verduidelik waarom dit belangrik is dat hulle hul hoofbedekking verwyder en regop sit.

“Wanneer julle gewoon ’n klaskamer binnestrompel en doen wat julle wil, minag julle die leerproses, nie my as jul professor nie.”

Dit is ’n vreugde om te werk met studente wat hierdie ouwêreldse gewoontes van respek vir ’n onderwyser en die onderwys aangeleer het.

Hierdie gewoontes begin stadig maar seker deur die studieterrein versprei.

Wanneer dit gebeur, word onderrig versterk en leer vergemaklik.

Die aanleer van die vaardigheid van gedissiplineerdheid is net een oogmerk van skool- of universiteitsonderrig.

Die ander is om te leer hoe om in die wêreld te wees en dít kan nie geleer word deur modules oor goeie burgerskap of lewensoriëntering nie.

Die kragtigste onderrig op skool of aan die universiteit vind plaas buite die kurrikulum en in die alledaagse roetines van ’n opvoedkundige instelling.

’n Onderwyser wat konsekwent in die klaskamer is voordat die leerlinge opdaag, stuur ’n sterk boodskap uit oor toewyding en koersvastheid. Geen kurrikulum kan dit oordra nie. ’n Skool wat sy stukkende ruite herstel, stuur ’n onvergeetlike boodskap uit oor omgee en sindelikheid.

’n Onderwyser wat huiswerk tydig terugbesorg én terugvoering verskaf, wek by leerlinge ’n gevoel van meelewing met en ontferming oor hul toekoms. Die meeste dissiplineprobleme wyk wanneer die roetines van respek gevestig is, want jy hoef beslis nie dié waardes by kinders in te moker nie.

Maar skole en universiteite kan dit nie alleen doen nie. Ons het ouers nodig wat die voorbeeld stel van hoe om op te tree.

Weet gerus dat ek terdeë besef hoeveel stof tot dankbaarheid ek het jeens my ouers, wat my dié waardes geleer het: As die son opgekom het, moes jy op wees.

Komberse sou van jou en jou bed afgepluk geword het as dit nie die geval was nie.

Totale vreemdelinge moes as “oom” en “tannie” aangespreek word. Nog voordat ’n gas in ons huis gaan sit het, moes die ketel aangeskakel gewees het.

Waaroor het dit gegaan? Oor leer hoe om op skool en universiteit en in die gemeenskap op te tree en te leef.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.