Lood se Praatjies

Lood se praatjies

2012-02-22 22:08

Gedagtig aan Pieter Mulder se toespraak in die parlement en die reaksie daarop, wys Lood graag daarop dat sy eie DNS tekens wys van minstens die volgende haplogroepe en dus genetiese afkoms:

- A (vermoedelik via die Khoisan)

- R-M207 (algemeen onder wit Suid-Afrikaners en Indiërs)

- G (interessante een dié: Baie seldsaam onder sprekers van Bantoe- en Khoisan-tale, maar een studie het dit gevind onder 5,7% van wit Suid-Afrikaanse mans. Maleisiese invloed?) Dit alles bring Lood by die besef dat hy eintlik maar ’n doodgewone Suid-Afrikaner is; die eindresultaat van ’n smeltkroes (by wyse van spreke) van mense wat hier aan die suidpunt van Afrika beland het, weggegaan en weer teruggekom het.

- En nog iets: Afrikaners kan maar dankbaar wees ons voorsate het van dag een af ook aan die ander kant van allerhande rassedrade gekuier, want as ons net by onsself gehou het, was ons vandag ’n patetiese spulletjie ingeteeldes... wat ons meestal nié is nie.

Sy... en sy, maar nie sý nie.

So van lekker kuier gepraat, Lood sien Dominique Strauss-Kahn, voormalige hoof van die Interna­sionale Monetêre Fonds en ook bekend as DSK, geniet homself steeds gate uit. Dié keer is hy in hegtenis geneem in verband met seksorgieë met prostitute in Parys en Washington.

Sy advokaat het aan die media gesê sy kliënt het nie geweet die betrokke vroue is prostitute nie. By sulke geleenthede dra mense nie klere nie, het hy ietwat pedanties bygevoeg. “Ek daag (julle) uit om ’n naakte prostituut van enige ander kaal vrou te onderskei.”

- In die belang van goeie regspleging is Lood beskikbaar om dié uitdaging te aanvaar, maar tot dan gaan dit moeilik wees om van DSK se klaarblyklik deeglik ingeligte mening te verskil.

Hier kom die liegpatrollie

Lood het die foto hierbo van ’n leser ontvang in reaksie op verlede week se foto van die polisievoertuig van “Brapan”.

- Vandag se foto is ook aan die Oos-Rand geneem, maar dalk is dit net toeval?

Nie goeie hotelle in Burkina?

Lood se bronne in Wes-Afrika laat weet dat ’n baie relevante onderwyskonferensie verlede week in Burkina Faso gehou is. Die fokus was op die bou van vaardighede wat meer en beter indiensneembaarheid van jongmense kan verseker.

Die openingsgeleentheid is bygewoon deur vier presidente en ’n premier en die kongres self is bygewoon deur tientalle ministers van onderwys van oor die vasteland heen.

In ag genome die relevansie van die onderwerp en ons ministers se voorliefde vir rondvlieg, sou ’n mens seker kon raai Suid-Afrika was goed verteenwoordig?

- Jy sou verkeerd wees. Nie een van ons twee onderwysministers óf hul adjunkte óf hul direkteurs-generaal was daar nie. Net ’n leë sitplek.

’n Ace in sy mou

Premier Ace Magashule van die Vrystaat het hom verlede week erg gewip toe ’n Volksblad-verslaggewer ’n baie geldige vraag vra oor die aanstelling van ’n oënskynlik korrupte amptenaar en toe verval in ’n tirade oor die rapportering oor sy eie paleis van ’n huis: “Ek is ’n gewone burger van hierdie land wat ook huise en motors kan koop. Ek is ryk. Julle kan my bankrekening kom kyk. Of die huis R10 miljoen of R20 miljoen kos, ek kan dit bekostig.”

Toe Volksblad se verslaggewer pligsgetrou die volgende dag bel om die bankstate te bekyk, sê Wisani Ngobeni, die premier se woordvoerder, Magashule is “verkeerd verstaan”. Die premier het volgens hom eintlik bedoel verslaggewers kan gaan kyk na sy salaris, wat openbare inligting is, en self somme maak.

- Magashule se jaarlikse salaris, terloops, is net onder R1,8 miljoen.

-lood@beeld.com


Sou die beskrywing op dié voertuig dui op buitengewone oneerlikheid of juis eerlikheid in die polisie?

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.