Lood se Praatjies

Lood se praatjies

2010-02-18 10:26

Die staatshoof benut ’n seldsame geleentheid om alleen te slaap.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

En daar slaap die hele land toe verlede week saam met die president!
Hoe kon dit ook anders, want daai was waaragtig die verveligste toespraak sedert Oupa Gqozo destyds president van Ciskei geword het.

Nou verstaan ons ook waarom die president sy toespraak in die aand gehou het; dit onderbreek nie ’n mens se roetine so erg soos ’n oggendslapie nie.

Die presidensie dink vir ’n ander rede dit was ’n goeie skuif om die parlement vanjaar vir die eerste keer in die aand te open:

Meer as dubbel die aantal mense het glo ons hoofman se toespraak op TV gevolg vergeleke met verlede jaar se staatsrede deur die bykans vergete Kgalema Motlanthe.

Wat die presidensie gerieflikheidshalwe uit die oog verloor het, is dat sy toespraak uitgesaai is terwyl miljoene mense verbaas gesit en wonder het wat van 7de Laan geword het.

Lood se wenk vir selfs ’n groter gehoor volgende jaar: Kry die staatspresidentswag se orkes om die Laan se kenwysie te speel wanneer die president begin praat.

DA se swart klone

Nie almal dink natuurlik die vader van die nasie se toespraak was slaapwekkend nie. So sê die Kommunistiese Party in ’n verklaring:

“It is sad that the opposition has missed the point and sought to represent themselves as pressure groups whose sole intention is to appropriate the priorities as out­lined in the state of the nation address for their narrow class interests. The clever disguise in thename of meritocracy, efficiency and capacity of the class interests of the propertied class must be continuously exposed.”

Ja-nee, oppas vir die gevare van meriete en doeltreffendheid!

Die SASKP het ook ’n rooi eiertjie gelê oor die uitstappery vandeesweek deur parlementslede:

“The walkout yesterday by the DA and its black clone in the form of Cope represents how these mavericks have no interest in any open public debate whatsoever but grandstanding.”

Dis geen wonder selfs DA-lede begin al vloek in die parlement nie.

Ons betaal, so gaan maak reg die paaie!

’n Oulike foto-grappie is in omloop. Dit wys iemand se motorlisensieskyfie met ’n boodskap daarby aan ’n verkeersbeampte wat dit dalk sou inspekteer: “Ja, ek het my lisensie betaal. Gaan maak nou die f***** gate in die pad reg.”

In Lood se beskeie mening is dit ’n veel beter opsomming van die stand van die land as daardie narkofiliese oefening wat voorgehou is as die president se openingsrede.

SuperMulder kom tot die redding!

Die VF+ is steeds besig om alle krediet vir die behoud van Pretoria se naam op te eis – nogal vreemd dat AfriForum dít maar so gelate aanvaar.

Sê die Plussers: “Pretoria (kon) tans amptelik Tshwane gewees het indien die party se leier, dr. Pieter Mulder, nie in ’n posisie was om senior ANC-leiers, insluitend pres. Jacob Zuma, te oortuig om eerder die pad van gesprek en wedersydse respek ... te volg nie.”

Ja well no fine, soos hulle sê, maar Lood vermoed steeds die ware rede dat Pretoria nie Tshwane is nie, het meer te doen met die regering se vrees vir ’n verleentheid tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Sal ons oor ’n jaar steeds die goeie doktor kan bedank dat Pretoria nog Pretoria heet?

lood@beeld.com 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.