Lood se Praatjies

Lood se praatjies

2010-03-10 22:11

Dit gaan nou so woes in die “regerende” alliansie dat sommige mense al hardop wonder of Vader Jacob nie maar Thabo Mbeki mooi moet vra om asseblief weer die land te kom lei nie.
 
“Polokwane? Ag nee, Thabo, kan ons nie maar vergewe en vergeet nie?”

Dis nogal ’n gewilde vraag: Wie ís nou eintlik deesdae die mag agter die skerms? Want dis duidelik vóór die skerms gaan daar niks aan nie.

Sommige mense sê dis Gwede Mantashe. Ander sê nee, hou gerus die andersins vergete Kgalema Mo­tlanthe dop.

Of is dit waar dat ’n sekere jeugligaleier in die geheim remediërende houtwerklesse kry om hom voor te berei vir die land se hoogste gestoelte?

Of dalk herstel een van Phosa, Sexwale en Ramaphosa eendag nog van hul destydse eunugisering en herontdek hulle die knaters wat hulle skynbaar eens gehad het?

’n Walliese simbool

Van kroonjuwele gepraat: Selfs Lood het Vader Jacob verlede week begin jammer kry oor alles wat sommige Britse koerante oor hom te skryf gehad het.

Come on chaps, julle kan darem nie ons president sommer net ’n barbaar noem nie – los dit vir ons hier in Suid-Afrika wat weet waarvan ons praat!

Terloops, Lood verneem daar’s ’n goeie rede waarom ons leier prins Charles nie ontmoet het nie: Zuma het glo verneem dit sou die verkeerde sein uitstuur as hy en die Prins van Wellus saam afgeneem word ...

Dis ’n agglutinasie

Kyk dié pragtige woord wat nogal die onenige alliansie goed beskryf: “agglutinasie”.

Dit beskryf iets wat deur “aanmekaarlyming of sameklewing” in een stuk gehou word. Soos in: “Die regerende alliansie is ’n agglutinasie waarbinne selfs direk teenstrydige standpunte geduld word.”

Een van die dinge wat gebeur as die gom van apartheid nie meer so lekker kleef nie, is dat jy soms selfs jou kamerade se motiewe begin bevraagteken.

So het Zwelinzima Vavi blykbaar nou ook begin wonder of dit nie dalk tóg waar is dat die ANC-front bekend as Chancellor House aandele besit in ’n maatskappy wat moet help bou aan ons duur nuwe kragsentrales nie.

“As dit waar is dat die ANC-maatskappy in Eskom belê het ... mag God ons help,” het dié invloedryke leier van die alliansie verlede week gesê.

Lood weet nie of Vavi kwaad is omdat hy besef het die ANC is die pad byster en of hy kwaad is dat Cosatu nie vertel is van dié spesifieke vleispotjie nie, maar die punt is: Iewers gaan iemand moet verduidelik.

Plus Minus Spies

Die VF+ is nou oplaas minus hul Spies en dis ’n pynlike ontwapening. “Die party het sy morele bodem verloor,” het Willie laat hoor terwyl hy op pad uit die VF+ se laaste kersie doodgeblaas het.

Dis die A en die B

Just
Another
Creator
Of
Babies with
Zero
Understanding of
Marriage and
Aids

lood@beeld.com
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical BI Analyst

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R700000

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.