Lood se Praatjies

Lood se praatjies

2010-03-17 22:45

“Afrikaners is geweldig gasvry, maar hulle sug dikwels en hulle sug diep.”

Só het ’n buitelander dinge blykbaar opgesom nadat hy ’n tyd lank in die land was. En wie wil nou ontken dat daar baie is om oor te sug?

Dit gaan so erg dat daar blykbaar selfs sprake is dat Bart Nel eersdaags as ’n musiekblyspel opgevoer gaan word, nogal met Casper de Vries in die hoofrol en kostuums deur Simon Rademan. (Die werktitel is Hei-hei-hei, ek IS nog hy!)

In ieder geval: daar is darem ligpunte ook, soos dat die presidensie onder Vader Jacob net twee keer meer aan presidentsvroue bestee as onder Thabo, al is daar drie keer meer vroue as toe.

En ’n sekere jeugleier is beboet met R50 000 vir een van sy tirades (wat ongelukkig ook beteken een of ander stadsraad in Limpopo gaan R50 000 meer moet opdok om slag­gate in sy strate te laat herstel).

Ta’ Anna slaap soos ’n baba

Een van Lood se landelik ontplooide bronne vertel Anna Digoro, burgemeester van ’n lugspieëling bekend as Nokeng tsa Taemane, het vandeesweek kwaai raas gekry toe sy die township Refilwe saam met ’n groep LP’s besoek het.

Die LP’s het haar glo in die loop van vier uur vertel presies hoe nutteloos sy is (sy is nie verniet ’n vorige wenner van die Lood-trofee vir die land se mees verkwistende burgemeester nie).

Lood se bron het ’n paar inwoners Maandag die volgende oor haar hoor sê:

“We ask the mayor to attend a funeral. She arrives wearing Gucci and tells us we are stupid, we are poor, we must learn more.”

“I spoke to the mayor about her language and she said that she had used alcohol that day.”

“The chairperson said we must not just complain, we must also give solutions. Here is mine: Mayor, you must pack your bags and leave. Today.”

Ta’ Anna slaap glo na dese soos ’n baba: twee uur lank onrustig, word wakker, huil ’n uur, drink iets vir krampe, maak ’n bottel leeg, slaap weer ’n bietjie ...

‘Daai inbelsentrum wás hier iewers!’

Die ANC se hoofsweep het ’n veelparty-afvaardiging van parlementslede gereël om gister na die president se inbelsentrum te gaan kyk.

Alles goed en wel, totdat die amptenare verdwaal wat die spulletjie tot by die plek in Centurion moes begelei.

Uiteinde van die saak is dat ’n klomp hoogs geïrriteerde LP’s gistermiddag vroeë vlugte terug Kaapstad toe gehaal het sonder dat hulle die sentrum te sien gekry het.

Van hulle wil die hotline bel om te kla omdat die hoofsweep se kantoor hulle so rondgeneuk het!

Toewyding, selfs in aanhouding!

Die ANC-woordvoerder Jackson Mthembu het verlede Donderdag omstreeks 09:00 ’n lang telefoniese onderhoud oor Malema se mal lied met ’n verslaggewer van die nuusagentskap Sapa gevoer – sonder om te laat blyk dat hy in die Mowbraypolisieselle in aanhouding was weens beweerde dronkbestuur!

Toe die verslaggewer hom later weer bel om te hoor of dit waar is dat hy gearresteer is, was hy skielik minder spraaksaam: “Ek kan nie kommentaar lewer nie.”

Dalk verklaar dit waarom hy tydens die eerste oproep die liedjie vir die verslaggewer begin sing het?

lood@beeld.com
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...