Lood se Praatjies

Lood se praatjies

2010-07-14 22:34

Die koste van ’n hoëspoed-beeld

Limpopo se nuwe provinsiale verkeershoof is toe Saterdagaand aangewys nadat hy ’n gemiddelde spoed van 279 km/h geklok het op die main drag tussen Louis Trichardt en die Blues Room in Sandton.

Die naaswenner se 273 km/h besorg aan hom die pos as verkeershoof van Polokwane, terwyl die bronsmedaljewenner (265 km/h) tevrede sal moet wees om die provinsiale verkeersdepartement se skakelbeampte met die ANC-jeugliga te word.

Al drie wen benewens hul nuwe poste ook ’n 10%-aandeel in die padwaardigheidsentrum van hul keuse. Geluk, julle!

’n Voorste SA ambassadeur (1)


Die land se voorste kenner van Huigel se teorie oor disleksiese materialisme, dr. Blade Nzimande, laat nie toe dat die rampspoedige situasie in sy onderwysportefeulje hom keer om die land se lastige koerante te probeer bykom nie.

Dr. Blade, wat ook een van ons belastingbetalers se pragtige BMW 750’s bestuur, het heelwat te sê oor ’n voormalige joernalis van die Cape Argus wat gebieg het dat hy as verslaggewer geld gekry het om die destydse ANC-premier van die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, goed te laat lyk.

(Of dalk net minder sleg te laat lyk – ’n mens moenie die invloed van die media oorskat nie).

Terselfdertyd lyk dit nie of die ANC nou juis ’n probleem daarmee het dat einste Rasool steeds ons ambassadeur in Washington word nie.

Miskien kan Rasool vir ons in Amerika gaan doen wat Jackie Selebi vir ons by Interpol reggekry het?

’n Voorste SA ambassadeur (2)

Nog ’n Suid-Afrikaner wat ’n bie­tjie by die Amerikaners gaan naam weggooi het, is die premier van Danfern, dr. Dan Roodt, wat dit reggekry het om ’n ellelange onderhoud met die satiriese Amerikaanse program The Daily Show se John Oliver te voer sonder om agter te kom die man hou hom vir ’n gek.

In die proses het hy sommer ook sy gebruiklike kwasi-intellektuele rassesnert aan die Yanks voorgehou.

Sou Roodt en Rasool nou nie ’n wenkombinasie as ambassadeurs gewees het nie?

Mugabe: Klein, maar goed getrein


S’bu Ndebele, minister van vervoer, vertel gister aan joernaliste hoe hy, Bob Mugabe en Morgan Tsvangirai tydens WB 2010 die trein van Pretoria tot by Soccer City gehaal het vir ’n wedstryd, en van die lieflike kameraderie tussen hulle.

Bogenoemde klink net soos ’n grap – dit het werklik gebeur.

’n Geval van Azanofobie?

In ’n woedende verklaring (gedateer 7 Januarie, maar vandeesweek uitgereik) deur die “Office of the president of the Pan Africanist Congress Youth League of Azania” word uitgevaar teen wat genoem word “inciters and perpetrators of Afrophobia”.

Sien, as jy ’n Azaniër is, klop die konsep van xenofobie nie so lekker met die res van jou denke nie.

Dan moet jy maar ’n nuwe term daarvoor uitdink: “Afrofobie”!

Dit klink na ’n heel nuttige term; een wat Dan Roodt en Thabo Mbeki seker albei wens hulle eerste aan gedink het ...

lood@beeld.com
 

Net een van die mense op dié foto het die grap gevang.
Skermgreep: The Daily Show

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...