Neels Jackson

’n Geloofstaal wat verskil

2010-02-24 22:04

Ek het grootgeword in ’n kerklike tradisie waar ek geleer het “ons” is reg en “hulle” is verkeerd.

“Ons” was die NG Kerk van die 1960’s en 1970’s en “hulle” was enig­iemand anders, van die Rooms-Katolieke met hul pous tot by die AGS en ander kerke waar mense sommer tydens ’n erediens sou hande klap.

Een van die belangrikste goed wat met my gebeur het sedert ek byna 20 jaar gelede by Beeld as kerksake-verslaggewer begin werk het, was dat ek dié sienswyse kon ontgroei.

Aanvanklik het my skielike kontak met baie uiteenlopende kerke my verwar. Wie se Jesus is die regte Jesus, het ek gewonder.

In my kontak met baie ander kerke het ek egter die wonderlikste mense ontmoet.

Katolieke en Pinkstermense, charismate en gereformeerdes, Anglikane en Metodiste en ortodokse Christene by wie ek almal ’n egtheid van geloof kon aanvoel.

Dit was mense wat elkeen ’n eie perspektief op Jesus gehad het – nooit ’n volledige prentjie nie, maar telkens nogtans ’n geldige perspektief.

By elke stroom en denominasie en tradisie waarmee ek kontak gemaak het, het ek gevoel: Daar is wonderlike goed wat ek by hulle kan leer.

Aan die ander kant het elke groep ook sy leemtes. Ons bly immers maar almal mense.

Oor die jare het ek ook gesien hoe die NG Kerk verander om ruimte te kan maak vir al hoe meer van dié verskillende maniere van glo.

In die proses het ek te make gekry met die kerklike besinning oor verskillende perspektiewe op en aanpak van die geloof.

Ek het geleer dat daar verskillende spiritualiteite is. Dis verskillende benaderings wat saamhang met mense en groepe se persoonlikhede.

Party wil alles met hul denke deurgrond; ander se benadering is meer instinktief en emosioneel.

Party wil so duidelik moontlik probeer verklaar wie en hoe God is; ander is meer aangetrokke tot die onbegryplikheid van God.

Party is denkers; ander doeners.

Sommige gelowiges vind God in lofprysing en jubeling; ander ontmoet Hom in die meditatiewe stilte.

En weer is dit so dat ’n mens in elke benadering, in elke verskillende manier van glo, sterk en swak punte kan onderskei.

Die uiteenlopende spiritualiteite – en daar is verskillende modelle waarmee dit beskryf word – is ook nie ’n kwessie van reg of verkeerd nie.

Dis nie ’n geval dat party ketters is en ander die waarheid beet het nie.

Dis veel eerder soos ’n pa wie se kinders verskillende persoonlik­hede het, en hy kommunikeer op verskillende maniere met hulle.

Hoekom skryf ek dit alles?

Omdat ek ’n bietjie ontsteld is oor sommige gelowiges se reaksies op Louis en Hettie Brittz se getuienis nadat hulle deur rowers in hul huis oorval en sy verkrag is.

Louis en Hettie se spiritualiteit verskil van myne, daarom praat hulle ’n ander geloofstaal as ek.

Danksy my blootstelling aan verskeie maniere van glo het ek geleer om verby die verskille te kyk.

Ek het in Louis en Hettie se oë gekyk en is oortuig van die egtheid en opregtheid van hul getuienis.

Die manier waarop hulle in hul krisis na Hom toe bly draai het, hul ervaring van God se nabyheid – dit ontroer my.

Dit beteken nie almal moet hul krisisse hanteer soos Louis en Hettie nie. Ons hoef nie soos hulle daaroor te praat nie. Ons kan nie. Ons is nie hulle nie.

En as ons dan ons reaksies op ons krisisse in ander geloofstaal giet, is dit nie omdat ons beter of slegter gelowiges as hulle is nie, dis omdat ons spiritualiteite van mekaar verskil.

My wens is dat kerkmense ’n groter besef sal ontwikkel van die verskeidenheid tussen gelowiges.

Dalk sal dit ons help om meer begrip vir mekaar te ontwikkel, om minder veroordelend teenoor mekaar te wees en om ’n beter gesamentlike getuienis aan die wêreld te kan gee.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.