Tim du Plessis

Besoedelende raspolitiek

2010-01-07 21:21

Ek was aanvanklik heel verbaas oor die bohaai oor Eerste Nasionale Bank (ENB) se inisiatief om werknemers wat jaarliks minder as R100 000 verdien te help met hul kinders se skoolgeld.

Nie soseer omdat wit werknemers so bruut daarvan uitgesluit was nie, maar omdat dit by ENB, van alle plekke, gebeur het.

Institusionele diskriminasie teen wit mense is lankal die reël. Dit kom so gereeld voor dit maak jou sinies.

Ek gaan ewe min verbaas wees as ek in dié dae lees van ’n wit matrikulant met ses of meer A’s wat nêrens ’n studiebeurs kan kry nie omdat groot ondernemings ’n beleid het om net aan gekleurdes beurse te gee.

Ons sal bes moontlik ook weer hoor van wit aspirant-dokters wat ’n gemiddeld van 90% benodig om toegang te kry tot ’n mediese fakulteit terwyl 75% genoeg is vir ’n kandidaat uit die “aangewese” groepe.

Verstaan goed, ek sanik nie hieroor nie en ek ag my ook nie ’n slagoffer nie. Ander wit mense moet ook nie. Niks is so pateties en stroop innerlike krag soos selfopgelegde slagofferskap nie.

Maar ek het gesukkel om te glo dat daardie cool ouens (jip, dis Afrikaans; gaan kyk in die HAT!) aan die stuur by ENB nie dié slagyster raakgesien het nie.

Skaars drie jaar gelede was die bank ook in die nuus oor “politiek”. Paul Harris, toe die grootbaas van die First Rand-groep, het met ’n verbeeldingryke inisiatief teen misdaad vorendag gekom. Jy onthou hom, die een met die duisende protesbriewe aan mnr. Thabo Mbeki, die destydse president.

Die angs en frustrasie van ENB-werkers in die takke oor misdaad het Harris so geraak dat hy tot aksie oorgegaan het.

’n Skerp en sorgsame baas; in voeling met sy mense, het ek destyds gedink. En met sy kliënte en derduisende gewone Suid-Afrikaners wat siek en sat vir misdaad was.

Daarom dat die nuus oor die onbeholpenheid met die studiehulp vir laer besoldigde ENB-werknemers my verbaas het. Dit het net nie gestrook met my beeld van ENB-leiers soos Harris, Laurie Dippenaar en Michael Jordaan nie.

Die stuk oor die bohaai wat Jordaan op die blad langsaan geskryf het, spreek van opregtheid. Pleks hy dit geskryf het toe die bom gebars het, twee weke gelede. (Nee, ek is nie ’n kliënt nie en ENB bestee deesdae maar skraps aan advertensies by Beeld.)

Toe die aanvanklike berig oor die kwessie op Oukersdag verskyn, het ek nogal gewonder wat die effek daarvan sou wees op ENB se personeelkorps.

En onthou wat Francois Groepe, Media24 se uitvoerende hoof, so twee jaar gelede oor die verkeerde toepassing van regstellende aksie gesê het: Dis nadelig, want dit skep “ ’n dinamiek van ons en hulle”.

Jy hoef maar net die toesighouer van vyf mense te wees om te weet hoe sleg dít is vir enige organisasie of onderneming wie se sukses afhanklik is van spanwerk.

ENB het die regte ding gedoen met sy korreksie wat sal verseker dat wit werknemers wat minder as R100 000 per jaar verdien, ook hulp kan vra met húl kinders se skoolgeld.

En Solidariteit, wat die onding eerste raakgesien het en ’n lawaai opgeskop het? Dié lag seker heelpad bank toe. (Woordspeling bedoel). En bedank ENB vir ’n paar honderd nuwe lede.

Solidariteit en al die kuikens wat hy al uitgebroei het, is ’n verskynsel. Praat nou van boks bokant jou gewigsklas.

Op die SA Kommunistiese Party se Polokwane-konferensie in Desember het mnr. Gwede Mantashe, ANC sekretaris-generaal, Solidariteit as ’n rassistiese ongedierte probeer voorhou. Sy voet.

Die eintlike ondier is die ANC se mislike rassepolitiek wat met soveel intimidasie gevoer word dat selfs magtige sakekorporasies swig daarvoor.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Clerk - SENIOR (Automotiive Industry)

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.