Tim du Plessis

Danksy die Grondwet...

2010-02-18 22:12

Wat sou dit wees wat die jag op die Grondwet skielik oop verklaar het?

Dalk was dit omdat die land twee weke gelede stilgestaan het om te reflekteer oor FW de Klerk en Nelson Mandela. Maar toe na die hede gekyk het, pleks van die verlede en ’n land gesien het wat koersloos dobber. Toe kry die Grondwet sommer die skuld.

Links van die ANC, in die PAC, Azapo, daai lot, word die Grondwet uitgekryt as ’n onheilige stuk uitverkopery tussen die ANC en die ou NP. Dit beskerm wit mense hopeloos te veel, sê húlle.

“Uitverkoop” is ook die woord waarmee die heel ander kant van die spektrum die 1994-skikking beskryf. Wat ’n mens laat wonder: Albei kan tog nie reg wees nie?

Kritiek teen die Grondwet waaraan ek my nog nooit gesteur het nie, is dié van mense wat destyds die onderhandelinge geboikot het. Slim agterna wys niemand niks.

Hier’s die ou vraag weer: As die ANC-regering nie die politieke wil het om die gees van die huidige Grondwet te eerbiedig nie, watter kans is daar dat hy sou hou by ’n grondwet wat sy mag nóg meer aan bande lê en minderheidsregte nóg sterker verskans? Antwoord: Nul.

Al beskou die ANC 1996 se Grondwet as sy eie, was hy nog altyd skoorvoetend oor die artikels wat onverdunde meerderheidsmag inperk. Hulle sou dus ’n beperkender grondwet nóg minder in stand gehou het as wat tans gebeur.

Oudmin. Pik Botha sê eerder as die legalistiese benadering van die NP-onderhandelaars wat destyds alles in ’n grondwet wou inskryf, moes hulle liewer gegaan het vir ’n omvattende, historiese “grand deal” tussen die Afrikaners en Mandela.

Ek twyfel.

Jacob Zuma se ANC sou géén ooreenkoms eerbiedig het nie. Hulle is politieke sakkerollers vir wie niks heilig is nie.

Hier’s hoekom die Grondwet se arms omhoog gehou moet word: Dit is die raamwerk van en die bolwerk vir die oop samelewing wat ons het.

Ons aanvaar dit hopeloos te vanselfsprekend dat Suid-Afrika nie vandag ’n geslote gemeenskap is soos Zimbabwe of Saoedi-Arabië nie. Danksy die Grondwet en die oop samelewing wat hy daarstel, kan Solidariteit 23 000 briewe teen misdaad mobiliseer. (Het die presidensie nie sy naam behoorlik gat gemaak met dié een nie?)

As Suid-Afrika ’n geslote gemeenskap was, sou dit hoogverraad gewees het om die president te kritiseer. Daardie bloulig-boelies in die Zuma-konvooi wat die outjie in die Kaap so gemoerak het? Dit sou ’n alledaagse verskynsel gewees het.

Nou is die mense woedend.

Zuma se boelies kan egter niks aan Chumani Maxwele doen nie, want die Grondwet beskerm hom. Geen wet is oortree nie.

Net in ’n oop samelewing kan daar ’n bohaai wees omdat die president se vriend, die korrupte bedrieër Schabir Shaik, ’n bedenklike mediese parool kry én dit misbruik.

In Zimbabwe sou Shaik nie eens aangekla gewees het nie.

Sonder art. 16 van die Grondwet wat spraakvryheid verskans, sou ons nou nog nie geweet het van Zuma se amoreuse avonture nie.

Sou Zapiro en die ander ook nie daardie spotprente kon teken wat so liederlik met Zuma en die ANC die draak steek nie. Zapiro sou in die tronk gesit het.

Omdat ons ’n oop samelewing is, vertel Beeld se lesers ons van die verskriklike misdaad wat hulle tref.

Ons berig daaroor en só word die owerhede se doelwit om slegte misdaadnuus stil te hou of te onderspeel, verydel.

Ek dink die ANC verfoei art.?16. Want dis wat hulle sal keer om ’n “mediatribunaal” in te stel om die vrye media te snoer.

Die Grondwet is ’n feilbare, menslike dokument. Hy is net so goed as wat die maghebbers bereid is om hom in stand te hou.

Ons moet hulle daartoe dwing – op elke denkbare manier. Dis waarheen die energie moet gaan, nie na ’n steriele verwensery
van die verlede nie.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.