Tim du Plessis

Dit gaan nog vrolik raak

2010-02-25 20:56

Ek gesels graag met Flip Buys. Hy’s tegelyk ’n dinker en ’n doener – nogal ’n seldsame kombinasie. Sy brein werk in toekomsprentjies, baie strategies.

Hy’s heeltyd besig om scenario’s te sien en plannetjies te maak.

Omtrent altyd as ons praat, sê Flip: “Iets moet gedoen word om die mense weer te laat glo in die toekoms; hulle te laat moed skep.”

Nou, moed en hoop is nie twee kommoditeite wat uitgedeel kan word soos by ’n sopkombuis nie. Of soos die ANC se service delivery nie. Dis ’n toestand, ’n manier van kyk na die wêreld om jou.

Twee stukke dinkwerk het my die afgelope week in ’n “toestand” in: Hermann Giliomee se artikel eergister oor die lot van Afrikaners ná 16 jaar onder ANC-regering; en die opsomming op die blad langsaan van Frans Cronjé van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge se toespraak onlangs in Pretoria.

Terloops, ek het mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, spesiaal gevra om op Hermann se artikel te reageer. Kom ons kyk wat gebeur.

Die slotsin van Giliomee se artikel lui: “Met die uitlaatklep van emigrasie grootliks toe en met ’n onbekwame, weifelende president in die magsposisie kan Suid-Afrika in die volgende vyf jaar polities ’n baie interessante plek word, waar minderhede, ook die Afrikaners, hulle opnuut kan laat geld. Die Afrikaners se laaste hoofstuk is nog lank nie geskryf nie.”

Dit het nog in my kop gedraal toe ek Cronjé (het hom nog nooit ontmoet nie) se toespraak Dinsdag lees.

Hy argumenteer dat wit mense, ondanks persepsies tot die teendeel, grootliks hul posisie sedert 1994 gehandhaaf, selfs verbeter het. Hulle kry nie meer staatstenders en maklik werk in die staatsdiens nie. Hul bates setel nou in “onafhanklikheid en ondernemerskap”, in hul gemoedstoestand en vaardighede – bates wat die regering nooit kan afvat nie, aldus Cronjé.

Die ekonoom Dawie Roodt sê my gister hy sal nie verbaas wees nie as daar proporsioneel vandag reeds meer wit entrepreneurs in Suid-Afrika is as in die VSA. Daar word reeds gepraat van Suid-Afrika se “nood-entrepreneurs”.

Vir sommige is dit seker nog iets om hande in die lug oor te gooi en uit te roep: Kyk net hoe sleg gaan dit, mense word nou entrepreneurs uit nood!

Verheug jou eerder daarin. Want wat wil jy wees: ’n noodentrepreneur wat oorleef en selfs welvarend raak, of die ontvanger van service delivery, ’n slagoffer met ’n uitgestrekte hand wat staan en wag op die ANC om te “voorsien”? Terwyl gans die wêreld sien die vermoë van die regering om te deliver, verswak, seker nou al by die uur?

Ek het dié week ’n wilsbesluit geneem dat Julius Malema my nie gaan ontstel nie. Die room wat hy so kwistig afskep van tenders, is geld wat eintlik vir service delivery moes gaan.

Sy en Jacob Zuma se mense verloor as gevolg daarvan nie; nie ek nie. Cronjé bevestig wat almal lank­al weet: Wit kinders vaar beter in openbare skole as swart kinders.

Dis deels omdat hul ouers meer hulpbronne het, maar eintlik is dit omdat die ANC-regering SA se openbare onderwys in 16 jaar nie net verwaarloos het nie, maar verwoes het. Ek is by die punt waar ek voel dit traak my nie meer nie.

Soos Giliomee argumenteer: Die ANC het, veral sedert die Mbeki-era, daardie ons-is-saam-in-dié-ding-ons-moet-dit-laat-slaag-in-almal-se-belang, afgetakel en byna vernietig.

’n Paar jaar gelede sou baie witmense droefgeestig geraak het daaroor. Nie meer nie. Cronjé se syfers wys mos: Hulle is oukei.

Dis griewend dat wit mense se bydrae tot SA se ontwikkeling en Afrikaners se erfenis so vertrap en misken word. Ek sal aanhou stry daarteen. Maar selfs dit maak my nie ’n verloorder en ’n slagoffer nie.

Die skryfwerk aan die verdere hoofstuk waarvan Giliomee praat, het begin. Opwindende tye wink.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.