Tim du Plessis

Hoe lank nog vir Zuma?

2010-03-05 00:29

'n Swart redakteur wat baie weet van die ANC se geskiedenis en kultuur het eendag gesê al die ANC se hoofleiers het aan drie vereistes voldoen: Hulle was mense van integriteit, hulle was besonder intelligent en hulle het uit ’n familie gekom wat gereken is in die plaaslike gemeenskap.

So was dit met al die ANC-leiers van die onlangse tyd: Albert Luthuli, Oliver Tambo, Nelson Mandela en Thabo Mbeki.

Toe ek en my vriend dié gesprek gehad het, was Mbeki nog president van die ANC en die land. Ons het gesit en wonder wie hom sou opvolg. Zuma voldoen nie aan dié drie vereistes nie en dit gaan hom pootjie op pad Uniegebou toe, het hy gesê.

Ek dink Zuma kom een van die voorwaardes na: Hy is slim. Soos in uitgeslape, eerder as skrander. Of “slu”, soos die Britse koerant The Guardian hom vandeesweek genoem het. ’n Mens maak maklik die fout om te dink omdat Zuma nie boek­geleerd is nie en nie goed kan lees nie, hy dom is.
Hy is nie.
As hy dom was, sou hy nie die hiperintelligente Thabo Mbeki so omvattend uitoorlê het soos wat in Polokwane gebeur het nie.

Wat die sosiale stand van Zuma se familie betref: Mense word deesdae nie meer op grond daarvan geoordeel nie. Tog is dit soms belangrik om te weet van watter hout iemand gesny is.

Dis seker disrespekvol om te sê Zuma het geen integriteit nie. Bes moontlik is hy ’n goeie man.
Maar kom ek sê dit: Iemand van integriteit sou nie sake van enige aard gedoen het met Schabir Shaik nie, selfs al was hulle saam in die bevrydingstryd.
Oudpres. Nelson Mandela het Zuma gewaarsku om nie met die Shaiks deurmekaar te raak nie.
Zuma het nie ag geslaan daarop nie.

Iemand met integriteit sou nie gehuiwer het om hof toe te gaan om sy onskuld te bewys as hy werklik in sy onskuld geglo het nie.

Pleks daarvan is soveel politieke druk uitgeoefen dat die vervolgingsgesag inligting wat op ’n ongerymde wyse bekom is as verskoning gebruik het om die vervolging teen Zuma te staak.

Dit sou iemand met integriteit gegrief het dat Shaik ’n hoogs verdagte mediese parool kry terwyl almal weet Shaik is heeltemal gesond genoeg om in die tronk te wees.

Iemand met integriteit sou nie Julius Malema se bombasme en openbare ploertigheid verduur het nie. So ’n mens sou ook nie die
Mafia-agtige wyse verdedig waarop Malema hom verryk deur tenderpreneurskap nie.

’n Leier van integriteit sou tewens nooit eens toegelaat het dat Malema die politieke monster word wat hy vandag is nie.
Net ’n president met ’n integriteitsprobleem sou ’n gediskrediteerde amptenaar soos Menzi Simelane aangestel het in die kritiek belangrike pos van vervolgingshoof.

Dis so helder soos daglig Simelane is nie daar op verdienste nie; hy is bloot daar om seker te maak Zuma kry nie verdere regsprobleme nie.

Zuma se magsbasis is aan die wankel. Mnr. Zwelinzima Vavi van Cosatu maak geen geheim daarvan nie dat hy ontnugter is deur Zuma. Die held van Polokwane kon toe uiteindelik weinig lewer vir die linkses en hul utopiese drome.

Malema is nog op die Zuma-wa, maar hy is erg verwond, miskien self noodlottig. Die onthullings oor sy bedenklike saketransaksies kom van binne die ANC, nie van die DA, die “wit”-beheerde media of die “magte van duisternis” nie.

Zuma voer die gesag oor ’n wanfunksionele party, verlam deur ’n rits faksies. Nie een van daardie faksies sal iets ontsien om sy sin te kry nie.
Drie weke gelede het Zuma die ANC skaam gemaak met sy patetiese openingsrede in die parlement.
In Londen het dit vandeesweek nie veel beter gegaan nie.
G’n wonder daar word gesê Zuma sal nie die jaar uitsien nie.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.