Tim du Plessis

Ontgroening ’n neet wat klou

2012-02-02 21:46

Tim du Plessis

Onder die opskrif “Eg Afrikaanse dinge” is daar een ding wat ek nog nooit kon kleinkry nie.

Dit is die gebruik by veral naskoolse onderwysinrigtings om nuwelinge te doop, te ontgroen, in te lyf, te oriënteer, wat ook al.

Deesdae noem hulle dit “verwelkoming”. Hulle sweer hoog en laag dit bevat geen element van vernedering of dwang nie en geskied onder “toesig”.

Regtig? Voorverlede naweek het ’n eerstejaar in ’n universiteitswembad op die Potch-kampus verdrink terwyl hy “onder toesig” en “vrywillig verwelkom” is.

Hy is nie die eerste slagoffer van dié Middeleeuse praktyk nie. Behalwe sterftes word ’n student omtrent elke jaar iewers vermink of verlam terwyl hy “vrywillig en onder toesig verwelkom” word.

Hier is die kern van die saak: Die hele ritueel skep, selfs sonder bedoeling, ’n rangorde waarin die ou aan die ontvangkant van die “verwelkoming” vasgevang word.

Dit terwyl die ou aan die uitdeelkant daar beland op grond van niks anders nie as dat hy na ’n volgende studiejaar aan­beweeg het.

Jy kán nie op ’n ander manier aan ’n universiteit begin studeer as om ’n eerstejaar te wees nie. Die eerstejaar kan dié “toestand” of status nie verander nie.

Dis in beginsel dieselfde as diskriminasie op grond van velkleur of geslag. Dis uitgedien en agter die klip, hier en oral in die beskaafde wêreld. Maak nie saak wat die ANC sê nie.

Dis net so agterlik soos die Universiteit van Kaapstad en van Pretoria wat sekere studente in medies en veeartsenykunde uitsluit net omdat hulle wit is.

Hoekom so vasklou aan iets wat in­herent verkeerd en onregverdigbaar is?

“Studentepret”? Asseblief. Die beste pret gebeur spontaan, dit hoef nie gereël te word nie.

Dan is daar die storie dat dit die eerstejaars op kampus “oriënteer”. Maar daarvoor kan jy die eerste twee weke ’n info-lessenaar in elke koshuis hê.

Buitendien, is dit nie deel van die hele avontuur van universiteit toe gaan om self dié nuwe, groot plek met al sy hoekies en gaatjies te leer ken nie?

Elders ter wêreld kom miljoene “freshmen” elke jaar aan op kampusse veel groter en oorweldigender as sê maar Potchefstroom of Stellenbosch.

Hulle word nie deur seniors “verwelkom” of “georiënteer”nie. Maar hulle raak gou tuis.

Ja, ontgroening is ’n tradisie. En ja, daar is baie ouers wat niks daarmee verkeerd sien nie, bes moontlik die meeste.

Die argument gaan so: Ek is daardeur en het niks oorgekom nie. Dis goed vir “koshuisgees”. En buitendien, die windgat-matrieks se stertvere kan maar ’n bietjie gepluk word.

Totdat jóú? kind verdrink. Of verstik aan ’n deegpil. Of die res van sy lewe in ’n rolstoel sit.

Tradisie is daar om afgeskaf te word wanneer tye verander. Ons klou vas aan die tradisie van ontgroening wat handel dryf as “verwelkoming”, maar het gemaklik die tradisie gelos dat vroue met hoede kerk toe gaan en mans in benoude swart pakke.

Wat’s die verskil?

Die oplossing is maklik: Rektors en rade moet eenvoudig die stang byt en álle programme van verwelkoming vir nuwelinge afskaf.

Die seniors (en ’n paar nostalgiese ouers) sal die eerste jaar mopper en dan aanbeweeg.

 Laat die rektor of die studentedekaan die eerstejaars verwelkom. Dis immers hul kampus en koshuise, nie die seniors s’n nie.

Maak soos in Malcolm Gladwell se boek Tipping Point beskryf word: verander die konteks.

New York het sy moltreine misdaadvry gemaak deur konsekwent al die graffiti op en in die waens te verwyder.

Ek wonder net: Is die eintlike probleem nie straks dat sekere rektors nog heimlik akkoord gaan met ontgroening nie?

Pardon, verwelkoming ...

 


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.