Tim du Plessis

SA se eie ‘Praagse Lente’

2010-06-17 22:36

Ons beleef tans die SA weergawe van ’n Praagse Lente. Die land voel nogal goed om in te wees.

Die oorspronklike Praagse Lente het in Januarie 1968 begin toe Alexander Dubcek, Tsjeggo-Slowakye se destydse nuwe leier, ’n reeks politieke hervormings ingestel het wat die verdrukkende kommunistiese juk vir sy mense verlig het.

Maar dit het die Kremlin se ystermanne rooi laat sien. In Augustus 1968 het die tenks van die Warskou-verdrag Praag binnegeknars.

Dubcek is afgesit en sy hervormings is herroep. Maar in die sewe maande tussen Januarie en Augustus het Tsjeggo-Slowakye ’n opbloei en voelgoed-tydperk beleef wat later bekend geword het as die “Praagse Lente”.

Sedertdien is die uitdrukking wêreldwye omgangstaal vir ’n kort tydperk van heuglikheid en optimisme.

SA se “Praagse Lente” het op Saterdag 29 Mei in die Orlando-stadion in Soweto aangebreek toe die Bulls in die halfeindstryd van die Super14 teen die Crusaders gespeel en gewen het.

Toe hulle en die Stormers die volgende Saterdag terug is vir die eindstryd, was die ding beseël.

Hulle het die einde ingelui van een van die mislikste, terneerdrukkendste tydperke in post-1994-SA.

’n Tyd waarin baie wit Suid-Afrikaners begin glo het die toekoms lyk soos Julius Malema.

En toe die gedrag van Eugène Terre’Blanche se volgelinge ná die moord op hom swart Suid-Afrikaners maklik onder die indruk kon bring die meeste wit mense is wedergebore AWB’s.

Die Bulls-in-Soweto en die eerste week van WB 2010 het egter aan wit en swart Suid-Afrikaners ’n beter kant van mekaar gewys.

Ons is toe nie almal soos Malema of Terre’- Blanche se aanhangers nie, het ons agtergekom.

Dit was asof ’n mens kon voel hoe die land ontspan en weer tuis raak in sy eie vel.

Ek kan net praat as ’n wit Suid-Afrikaner en daarby ’n stedeling. Maar vir my lyk dit tog of wit en swart weer vir mekaar begin glimlag het, by wyse van spreke.

Dalk is dit my serp in die kleure van die landsvlag, maar oral knoop swart mense geselsies aan, oor Bafana, oor die koue of wat ook al.

Wit Suid-Afrikaners het geesdriftig op die Bafana-wa geklim, veral die jonges.

Hopelik het die ANC-politici wat altyd so vinnig is om te verwyt en te blameer, raakgesien hoe spontaan dit gebeur het.

In ons “Praagse Lente” het die land ’n inspuiting van verdraagsaamheid gekry wat ons bitter nodig gehad het, byna soos ’n adrenalien-inspuiting in ’n gestolde hart.

Die wedergebore AWB’s het teruggekeer na die vergetelheid waar hulle verdien om te wees.

Malema het stil geword. Dalk het die ANC se tugkomitee met hom gedoen wat Delila met Simson se hare gedoen het – sy krag weggevat.

Maar dis meer as dit. In ons “Praagse Lente” is Malema se skreeubek en sy bloeddorstige krete so onvanpas soos ’n vuvuzela by ’n simfoniekonsert.

En die ontelbare faksies in die ANC-alliansie was vir ’n wyle in dieselfde kamp – Bafana Bafana s’n.

Nadat die Russiese tenks die Praagse Lente op 21 Augustus 1968 verdryf het, het ’n winter van Sowjet-oorheersing en dwingelandy vir Tsjeggo-Slowakye aangebreek.

Dit het 22 jaar geduur, tot die val van die Sowjet-ryk in 1990.

Toe is die Praagse Lente herstel.

Twee nuwe lande het uit die puin verrys – die Tsjeggiese Republiek en Slowenië – netjies op die matriks van Dubcek se belangrikste hervorming 22 jaar tevore.

Die kanse is seker daar dat ons “Praagse Lente” sal eindig wanneer WB 2010 verby is, die dag wanneer Fifa en Sepp Blatter beheer van die land teruggee aan pres. Jacob Zuma en die ANC.

Of dit kan aanhou.

Al wat nodig is, is genoeg Suid-Afrikaners wat vasbeslote is om die soort land en gemeenskap te bou wat ons kan wees, die een wat ons was in die herfs/winter van 2010.


Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Luxile 6/18/2010 7:53:12 AM
Dankie Tim, Is self al so moeg vir die mislike politiekery oor ras, klas en kultuur. Ek gee nie om as iemand in sy krale en velletjie wil dans en so sy kultuur uitleef nie so what? Goeie genade, ek wil nie heeldag tyd spandeer om te kyk wie is wat en wat doen wie nie, mag SA werklik groot word en ons almal mekaar verdra self vir my, ek sal daarvan hou om nie 'n ras etiket om my nek te dra nie. VIVA SA!! geniet die sokker.
Deon 6/18/2010 8:00:57 AM
Mens kan seker maar droom Tim
U1 6/18/2010 8:05:49 AM
Wragtig?
johan 6/18/2010 8:06:05 AM
Damn koue lente hierdie....maar dankie vir die realisme - dis 'n verposing in die storm. Dis nie eens 'n wit-swart ding nie, lande met die etniese en sosiale faktore soos in Suid-Afrika, is geprogrameer om Malema's op te lewer, gevolg deur bloedige revolusie. Dis 'n patroon in die geskiedenis, en moenie dit ignoreer nie. Slegte foutjie met die Slowakye ding.......maar ons kry jou punt: Jy lees die geskiedenis, en na die Praagse lente en 'n tydperk van verdrukking, sal die land opbreek in 'n Volkstaat en Mzansi, en almal sal gelukkig wees. Gotcha!
Leon 6/18/2010 8:06:59 AM
Tim, ek dink ons almal weet maar net te goed ons ysige winter begin knap nadat die laaste toeris land-uit is. Dis eintlik maar Afrika Politiek 101 - mense op voetsoolvlak stem voetsoolvlakmense in en ons sak stadig weg in die bodemlose put wat Afrika genoem word.
Awie 6/18/2010 8:10:18 AM
Tim leef in 'n reënboog droomwêreld.Daar is nie 'n manier hoe jy die "Praagse Lente" met huidige SA kan vergelyk nie. ET is vermoor soos ander Boere, wreed vermoor en NASPERS verswyg baie van die feite en nêrens word die gru moorde grafies uitgebeeld nie, sodat dit mense kan skok en bewus maak van die realiteit. Net 'n paar dae terug is 'n wit vrou in PE deur 5 swartes verkrag en moorde vind steeds plaas, maar NuweSA-PERS hang die euforie van Foefoll en uitstappies na SO WhâT OU aan die groot klok, asof sport ons 'nasie" se redding is. Word wakker en ruik die koue koffie, dis beslis nie so nie-dis meer soos een vlietende oomblik soos '95. Nuwe land/e mag ook uit hierdie regime verrys en 'n volkstaat is al wat die "vergetelde" regses vra-wat nog steeds daar is. Ons het nie skielik net verdwyn nie-soos NSA PERS beweer. So ook nie Malema-hy smee nog steeds sy planne, so, Tim jy kan hom nie wegwens nie.
Marius Coertze 6/18/2010 8:26:14 AM
Nou ja, Tim, laat ons ook ’n reeks politieke hervormings instel wat ons van die verdrukkende kommunistiese juk van die ANC/SAKP kan verlig? Hoe lyk dit? Of is dit darem te veel gevra? Hmm, ek het so gedink.
TB 6/18/2010 8:54:36 AM
Die hele land is nou tot die tande toe bewapen met vuvuzelas. Ek dink ou Malema beter van nou af liewer sy bek hou as hy nie sy gehoor, sy spraak en dalk nog n paar uitlaatstelsels wil verloor nie.
jip 6/18/2010 9:01:35 AM
Dankie vir so 'n raak opsomming van wat aan die gebeur is in Suid Afrika. Kom ons wees positief en hoop die verandering gaan aanhou of tenminste dan 'n deel daarvan. Dit sou gehelp het as Bafana Bafana ook hulle kant gebring het..... O ja, die twee lande wat ontstaan het is Tsjeggië en Slowakye. Slowenië is elders in Europa.
ray 6/18/2010 9:25:17 AM
Meneer, ek weet nie wat u rook nie maar dit laat u duidelik yl. Hou op daarmee vir u eie gesondheid se ontwil. Die groot hoeveelheid warm lug wat geblaas word rondom die "socca" is en bly wat dit is:warm lug. Dit verander niks aan die realiteit van die situasie tav die regime of die effek van die regime op Suid-Afrika se ekonomie nie. Jy kan maar jou hele kar vol vlae plak en vuvuzela totdat jy blou is maar die realiteit is BananaBanana gaan nog steeds verloor. Dit is die realiteit in die "socca" en dieselfde beginsel geld wat die politiek en ekonomiese vooruitsig betref.
Christiaan 6/18/2010 9:29:04 AM
Ek is bevrees dat die Praagse Lente self net maar 'n ilussie is. Feit is dat geluide en die wil om as staat op te tree en te hervorm aan die gang moet kom. Mense kan soveel vuvuzela blaas en sokker gesels soos hulle wil. Dit bring ons op dieselfde vlak van die 1995 rugby Wereldbeker. Toe die oorwinnig verby was was dit verby. Daarna het die regering self op die glybaan van rassisme verdeling en verbloemde rasseskeiding geklim.Ek dink werklik, hoe lekker die gevoel is wat die sokker ookal gee, dit dit niks blywends gaan oplewer as die regering self nie omkeer en optree in die belang van AL sy landsburgers nie.
Petrus Potgieter 6/18/2010 9:29:12 AM
Gewoonlik lees ek klein Du Plessis se mislike propaganda nie uit eie beweging nie, maar eers nadat ek in 'n ander forum sien dat hy weer eens 'n gek van hom self maak. Die titel van hierdie rubriek het my egter onder die wanindruk gebring dat die Geert Wilders- en Bart De Wevereffek uit onderskeidelik Nederland en België na SA oorgewaai het en dat die twee groot misleiers, Dan Roodt en Tim du Plessis, uiteindelik hul heimelike misleidingsalliansie openbaarmaak. Dit is toe nie die geval nie en elkeen kraai nog steeds koning op sy eie mishoop. Hoe enigiemand nog enige geloofwaardigheid aan Du Plessis kan heg as hy nie eers kan onderskei tussen Slowenië en Slowakye nie, gaan my verstand te bowe, maar wanneer 'n mens se oë so verblind is deur die aanbidding van Mammon se klatergoud soos die Afrikaner van vandag, dan is dit seker nie moeilik om deur eenogiges oor die afgrond gelei te word nie.
Lizelle 6/18/2010 9:43:22 AM
Suid-Afrika is simbolies die volgende: 'n Man wat baie geld gaan leen het, 'n moerse party hou met die geld, kuier baie lekker met al sy nuutgevonde vriende en word so dronk dat hy nie eens onthou van die verlede, die hede en die toekoms nie. Partytjie al sy geld op, word wakker na die moerse party en vind uit sy geld is op en al sy "nuwe vriende" is weg en wil niks meer van hom af weet nie. Ook hom nie uithelp met sy geldelike verknorsing nie! Almal is eufories gedurende die wereldbeker, soos dronk mense wat vergeet van die realiteit.
Riaan 6/18/2010 10:31:57 AM
Malema stil???????????? Wag tot na die sokker boet.......heloooooooooooo!!!!!!!!
DanieA 6/18/2010 11:13:33 AM
Die Suid-Afrikaanse sprokieagtige weergawe van die Praagse lente wat Tim skilder lyk meer na "Alice in Wonderland" of is dit "Charlie in the Chocalate Factory"? Kyk uit vir die nuwe treffers na die "World Cup" soos The return of the Magnificent Malema and his Loose Cannons, Zuma more African Pie pie en die kultustreffer ANC - African Nude Colonists.
@Petrus Potgieter 6/18/2010 11:59:21 AM
Gooi tog bietjie suiker in jou koffie of staak jou maerword-dieet: iets werk verskriklik negatief in op jou brein!! As jy dan wel wil kommentaar lewer, speel tog dan die bal en nie die man nie. Jou onderrok hang effe uit!
BEN 6/18/2010 12:14:25 PM
Ek wens dit was so maklik
Op 11m Junie terwyl my broer en friende gebraai en kuier het. Is sy friend dood geskiet ,Hy is in die nek geskiet en is nou verlam.Waneer sal die soort praagse lente stop
Conrad 6/18/2010 12:23:10 PM
@Lizelle.....dito
albert 6/18/2010 1:03:00 PM
Mense word gemoor en verkrag terwyl jy 'lente' tik. Ek wed geen sente op hierdie lente. As Beeld sedert 1994 'n adviesburo vir beleggers in SA was, sou die beleggers bankrot wees en die joernalisteadviseurs almal ontslaan. Ek wed op Malema en genote se hebsug, Zuma se vrouewales, en nog vrotter 'veiligheidsmagte'. Tyd om te trek na 'n Kaapse of Europese winter. Of op te hou droom en reg te maak vir die vrieswinter van die magtelose verligte Afrikaners.
MARNUS BEYELEVELD 6/18/2010 1:14:31 PM
U rekening, meneer Tim, Die kostes om die sokkerpartytjie te befonds en die toernooi aan te bied is reeds aangegaan. Finale kostes is nog nie bekend nie, maar strek tussen R40 miljard (40,000,000,000) en R52 miljard (52,000,000,000). Kom ons werk op R40 miljard en ons kyk hoe die rekening daarna uitsien. (2009 SAID-jaarverslagdata verwys.) - Die R40 miljard kostes is ongeveer 6,40% van die hele land se belastinginvorderings in 2009 (R625 miljard) wat indiwidue en besighede insluit. - Jan Publiek, die salaristrekkende belastingbetaler, betaal ongeveer 56% van die hele land se belasting (R196 miljard Inkomstebelasting en R157 miljard BTW = R353 miljard uit die total poel van R625 miljard) - Tussen die Jan Publiek-private-indiwidue is daar ‘n groep van ongeveer 5,7 miljoen indiwidue wat die grootste deel van die inkomstebelasting betaal (R190 miljard van die R196 miljard is jou rekening). Dan is daar nog so 5,6 miljoen mense wat die ander R6 miljard van die R196 miljard dra. Die ander 33,7 miljoen in die land betaal niks inkomstebelasting (IB) nie; Zero, zilch, geen. Dit volg natuurlik dat almal in die land wat iets koop BTW betaal, ook die 33,7 miljoen wat nie IB betaal nie. Maar per afleiding betaal die gemiddelde ou in die 5,7-miljoengroepie egter baie meer BTW op sy internet, selfoon, kruideniersware, ADT-beskerming, Discovery Health-plan en BMW-paaiemente as die ander ouens wat net BTW op pap en sy BMW-paaiement het. (Terloops, daar is nie eers BTW op pap nie).Ek stel dit dan aan u, dat die gemiddelde private belasting betaler, d.m.v. BTW en IB, die meerderheid van die kostes in Mzansi moet dra. Nou as jy dit kan erken, insien en besef, kom ons kyk wat jou 56% van die 40,000,000,000 vir jou gekoop het. - Opgegradeerde en nuwe stadions - Opgegradeerde lughawens - Opgegradeerde infrastruktuur deur die land Jy as private indiwidu het egter geen beheer oor hierdie bates en hulle voordele nie. Dit is in beheer van die staat en sy amptenare (wat gewoonlik hulle gades insluit). - Hulle sal besluit waarvoor die stadions verder aan gebruik gaan word. - Die staat sal besluit wie kan vergaderings by die stadions hou. - Die staat sal besluit wat hierdie infrastruktuur gedoop gaan word. - Die staat sal die doeanebelastings van die nuwe lughawens ontvang. - Die staat sal die meerderheid van die voordele vanuit hierdie nuwe infrastruktuur ontvang. Jy gaan nie nou gratis op Loftus kan sit vir die volgende twee jaar omdat jy hom help betaal het nie. - Dink jy ANC-lede moet toegangsfooie betaal vir ‘n sitplek as hulle ‘n Peter Mokaba-viering in Peter Mokaba-stadion in "Polokwane" bywoon? Nee man, sê jy dalk vir my. Moenie bekommer nie, die land gaan ‘n klomp geld inkry vanaf buitelanse toeriste. Praat ons dalk van die 300,000 van hulle? Ok, ok, ok sê die afleweraar van die rekening. Ten minste gaan die land se internasionale beeld gepoets en gevryf word. Dink net aan die ontasbare waarde van die beeld wat uitgedra word. Gaan vertel dit vir die 13 lande wie se spanne, mediaspanne en toeriste reeds beroof is. En ons is nog nie eers halfpad nie. Gaan vertel dit vir die internasionale kykers wat hulle TV’s afsit om die klank van die versoeningstrompet uit hulle ore te kry. As daar landsburgers is wat gelukkig is met die uitgawes en die aangeskafte bates: “Wonderlik vir julle!" Maar as dit ‘n vrywillige betaling geverg het, twyfel ek sterk of die volle R40 miljard bymekaar gemaak sou kon word. Die klomp hêppie hêppie trompletblasende mense sou maar gesukkel het om die R40 miljard sonder die ander se bydraes bymekaar te maak. So as jy nie vrywillig bygedra het nie, hoe is die geld uit jou uit gekry? Jy is gedwing en subtiel gedreig deur die staat, wat ‘n monopolie op gewapende mag het, om dit te doen. Die skrywers van liefdesbriefies aan juffrou Mandela en meneer Bafana in Naspers se koerante en hulle 33,7 miljoen maatjies het die ander belastingbetalers mooi gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
JP 6/18/2010 1:17:17 PM
Tim die feit dat Naspers niks oor Malema berig het nie, beteken nie dat hy nou skielik stil is nie. Die M&G berig gister dat hy ‘n gehoor in die week verseker het dat nasionalisering voor 2012 ANC beleid sal wees. Miskien lees jy net die verkeerde koerante. Danksy die internet is ons nie meer net op Naspers aangewese vir hul weergawe van die “nuus” nie. Na sokker 2010 sal ons aan ons stoele moet vashou, die ANC terroriste, ag ek bedoel regering, het bloed (geld) geruik en nasionalisering gaan vir die politiek bevoorregtes rykdom bring wat nie eers die tenderpreneurs van kan droom nie. Dit terwyl die res van land ala Afrika sal krepeer en onderdruk word. Soos die Economist berig het: “The hopeless continent”.

‘n Volkstaat is die Afrikanervolk se enigste oplossing……en vinnig!


Hanlie 6/18/2010 1:38:15 PM
Tim, lyk my die geraas van die vuvuzelas doof die stemmetjie van gesonde verstand uit. Maar nou ja, ons mense het 'n geskiedenis daarvan om hulle siel vir sport te verkoop, soos in 1994 nie waar nie? Kan iemand vir my verduidelik hoekom die beeldmateriaal wat in die buiteland gewys is van die openingseremonie geklimaks het met die swart mag se gebalde vuis? Dit, my vriend is nie toevallig nie. Jou lente is 'n lugspieeling!
Generaal 6/18/2010 2:03:43 PM
Die donker nag en koue gaan nie oornag weg nie ou Tim, feel it, it is cold, very dark and cold. Jy slaap gans te lekker en te laat onder jou snoesige vere kombers en verwarmers, kom uit, kom voel dit hier buite...........................
Louise 6/18/2010 2:10:56 PM
Ongelukkig het 'n groep "bikers" die openingswedstryd in 'n Kraaifontein sportspub totaal bederf.
Nie net het hulle luidkeels rassistiese aanmerkings bemaak sodat mens geen kommentaar kon hoor nie, maar hulle het selfs so ver gegaan om diegene wat die sokker tussen Bafana Bafana en Mexico wou sien, te beledig.
Dis soms baie moeilik om 'n blanke afrikaanssprekende te wees - ek skaam my redelik dikwels vir my eie mense.
Calvinis 6/18/2010 2:26:32 PM
Tim: "Twee nuwe lande het uit die puin verrys – die Tsjeggiese Republiek en Slowenië – netjies op die matriks van Dubcek se belangrikste hervorming 22 jaar tevore." Sê die naam Tsjeggo-Slowakye dalk vir jou iets, Tim? Aardrykskundeles aan Tim: Slowakye is die land tussen Oostenryk en Tsjeggië; Slowenië grens aan Italië, Hongarye, Oostenryk en Kroasië. Slowenië en Slowakye is nie een en dieslefde land nie! Wat jou vergelyking aanbetref - die Wêreldbeker het nooit 'n politieke alternatief tot die nagmerrie waarin ons nou onsself bevind nie - dit het net die aandag afgelei. In Tshjeggo-Slowakye was 'n geheel en al ander politieke orde nodig om die Lente te laat voortduur. Wat laat jou dink dit gaan in Suid-Afrika aners wees? Wat laat jou dink een of twee sportoorwinnings sal die nodige effek op die "powers that be" hê. Daar is nie 'n maklike uitweg nie, Tim...

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Line Manager: Water

Gauteng
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...