Tim du Plessis

Saluut van die redelikes

2010-02-04 21:15

Gans die wêreld het die afgelope week die hoed gelig vir mnr. FW de Klerk ter herdenking van sy 2 Feb.-toespraak 20 jaar gelede.

Almal behalwe ’n klompie suur, wit regses en die ANC-jeugliga.

Eersgenoemde sê De Klerk het “ons mense” uitverkoop en uitgelewer. Die ANC-jeugliga sê De Klerk verdien geen erkenning nie; dis “ons mense” se kamtige heroïese stryd wat Nelson Mandela bevry het en die ANC ontperk het.

Is dit nie ironies nie dat verbitterdes wie se denke in ’n uitgediende era vasgehaak het dit so roerend eens is met die ANC-jeugliga se skollies? Ook net in Suid-Afrika.

Intussen is daar ’n breë stroom van redelike mense wat vandag, meer as ooit, insien De Klerk het op 2/2/90 beslissend en met oortuiging gehandel. En dit is nogal iets anders as optree bloot omdat daar geen ander opsies was nie.

Abbey Makoe, kommentator en joernalis, het De Klerk gister in The Star bestempel as “die beliggaming van dapperheid”.

“Hy het morele gesag en is in eie reg een van die sterkste pilare waarop ons ontluikende demokrasie rus.”

“Mag God jou ryklik seën, boereseun, vandag en altyd. Amen,” skryf die begeesterde Makoe.

Minder blomryk, maar gewigtiger is die hartlike briewe wat oudpres. Nelson Mandela en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu geskryf het om De Klerk geluk te wens.

“FW, jy het op 2 Feb. 1990 die regte ding gedoen, vir jou land en jou mense. God seën jou daarvoor,” het Tutu geskryf.

In dié geselskap voel ek nogal tuis. Eerder hulle as mense wat wil opgooi op ’n foto van De Klerk en sy destydse kollegas. Klink erg baie soos die ANC-jeugliga, mense wat hul broeke aftrek op kongresse en Helen Zille onder haar rok in beledig.

Dat die ANC-regering vandag ’n monumentale gemors maak van die suksesvolle land wat aan hulle toevertrou is, doen niks afbreuk aan De Klerk se daad van staatsmanskap op 2/2/90 nie.

Sy toespraak was ook wit Suid-Afrikaners, bepaald Afrikaners, se eerste tree op die herstelpad van selfrespek.

As De Klerk aan die mag vasgeklou het, sou wit Suid-Afrikaners vandag die wêreld se mees veragte groep gewees het. Maar nou is die dag baie naby dat die wêreld sal vergeet het van apartheid en ons nie meer die Kainsmerk van “verdrukker” sal dra nie.

Ek wil hê my kinders en kleinkinders moet met hul koppe omhoog loop, hier in Suid-Afrika of enige ander plek op aarde, bevry van die skandvlek van apartheid.

De Klerk se 2 Feb.-toespraak help ook om krag te gee aan die argument dat alles nie nét sleg was in die verlede nie.

Want dit was nie. As ek ’n ligsinnige parallel mag trek met vandag: apartheid was onregverdig, maar FW de Klerk het minstens nie ’n kind gehad by Louis Luyt se dogter nie. As jy verstaan wat ek bedoel.

Die paaie, waarop wit en swart gery het, was nie so vol slaggate nie. Die staatshospitale, vir wit mense en swart mense, was stukke beter as vandag. En swart skoolkinders was beter daaraan toe onder Bantoe-onderwys as onder dit wat tans deurgaan vir openbare onderwys, veral in township-skole.

Kom ons skuif die emosie eenkant en wees ’n slag brutaal prakties: niks van dié probleme en ander, soos regstellende aksie, die uitrangeer van Afrikaans en verbrok- kelende munisipale dienste, gaan verdwyn as De Klerk net lank genoeg uitgekryt word vir ’n ver-raaier nie.

As Suid-Afrika op sy huidige glybaan gestuit moet word – en ek kan nie sê dit sál gebeur nie – sal dieselfde mense wat De Klerk vandeesweek geëer het weer in die voorste linie wees. Ongeag of hulle wit of swart is.

Dis tog ’n veel groter prioriteit om ’n land van ondergang te red as om die verlede te sit en verwens.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
125 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.