Tim du Plessis

Selfs al is hy verkeerd...

2009-10-29 21:13

’n Helder stukkie skryfwerk oor die Reitz-vier is verlede week gelewer deur prof. Pierre de Vos, bekende grondwetkenner van Ikeys.

De Vos verskil met prof. Jonathan Jansen oor sy begenadiging van die vier. Maar hy deel Jansen se siening dat die eintlike probleem die omgewing is wat aanleiding gegee het tot hul optrede. 

De Vos se elegante essay kan gelees word by http://constitutionallyspeaking.co.za/jansens-reitz-decision-an-attack-on-the-rule-of-law/ . 

Hy sê dis ’n fout om Reitz te verstaan bloot as “individuele patologie”. Die institusionele kultuur wat die vier laat glo het hul gedrag is in die haak, speel ’n ewe belangrike rol. Dit lyk of De Vos saamstem met Jansen dat daardie kultuur gekuur moet word, maar hy dink dis drasties verkeerd dat Jansen die vier op die oog af sonder straf laat wegkom omdat hy meen die bevorderlike kultuur is die eintlike sondaar. 

“Hoekom stop by die vier wit ou­tjies van Reitz? Hoekom nie ook die polisie-offisier verskoon wat hom laat omkoop sodat hy sy dogter se skoolgeld kan betaal nie?” vra De Vos. Dêm goeie vraag. 

“Respek vir menswaardigheid kan net floreer as ons probeer verstaan waarom individue hulle gedra soos hulle doen, wanneer ons die omstandighede verander wat gelei het tot daardie gedrag, maar nié probeer om die gedrag te verskoon nie,” skryf De Vos. 

Soos ek Jansen verstaan, is dit so ongeveer wat hy wil doen. Hy wil die “omstandighede” verander. En hy glo seker ’n grootse gebaar jeens die vier sal die inkoop verseker van die hele “Reitz-kiesafdeling”?–?wyer as die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV). 

Jansen se “Reitz-rebellie” het oornag van hom ’n soort volksheld gemaak, veral in die wit Afrikaanse gemeenskap. 

Dis nie moeilik om te verstaan hoekom nie. Hy word gesien as iemand wat “opstaan” teen die ANC, wat nie sy mond laat toeklap deur bloeddorstige demagoë soos Julius Malema en Blade Nzimande nie. 

Dis ook hoekom ek Jansen se besluit steun. Dit breek die dwingelandy van die ANC se hegemonie. En ook omdat dit sy en sy bestuur se reg is om te besluit hoe dinge ingerig word op die kampus. Dit sluit die reg in om verkeerde besluite te neem. Jansen se moed beïndruk. 

Sy planne om die UV te “transformeer” gaan daardie universiteit vinniger verengels as wat onder sy voorgangers gebeur het. Dis ’n tragedie en rampspoedig vir Afrikaans, maar dis sy en die bestuur se prerogatief om die universiteit op daardie koers te vat. 

Jansen sê hy wil die UV se wonde van die verlede heel. Wel, hy probeer ten minste iets doen, veral aan die groter kwessie van groeiende polarisasie by Suid-Afrikaners. 

Die ANC doen weinig meer as fulmineer, blameer en verwyt. 

Los Jansen uit sodat hy sy ding op sy manier doen, selfs al pak hy dit ietwat agterstevoor aan, soos wat hier gebeur het. 

Dis twak dat alles in dié land volgens die ANC se resepte moet gebeur. Want uit die katarsis van Polokwane het nie ’n gesuiwerde, beter gefokusde ANC na vore getree nie. Inteendeel, die ANC lyk vandag meer gehawend as ooit tevore. En sonder ’n leier wat die toon kan aangee en ’n stempel kan afdruk. 

Pres. Jacob Zuma weet dit dalk nie, maar dis toenemend nie meer hy, die hoofleier, wat die ANC definieer nie. Dis nou Malema – ’n verbale vandaal wat in matriek ’n F vir houtwerk en ’n E vir Pedi, sy moedertaal, kon behaal.

In die ANC dink hulle skynbaar dis maar in die haak dat so ’n leë dop met ’n groot mond ’n gevestigde akademikus met ’n leeftyd se werk agter hom belaster en slegsê.

En dan kom Zuma nog en verklaar ewe kruiperig Malema gaan nog ’n “groot” leier van die ANC word. Behoede ons. 

Jansen het die regte ding gedoen, dalk op die verkeerde manier. Maar ’n party so moreel en intellektueel bankrot soos die ANC is in geen posisie om vir hom te preek nie.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.