Tim du Plessis

’n Blaaskans vir Joost

2009-11-05 22:05

Die Britse koningshuis het ’n diktum vir daardie moeilike tye wanneer een of meer van hulle se gekwelde private lewe in die media beland: Never complain, never explain.

Lyk my Joost en Amor, maar veral Joost, het dié gesegde aangepas tot “verduidelik baie, verduidelik dikwels en kla ’n bietjie, veral oor die media”.

Joost se media-blitz die afgelope week is soos ’n ma wat dink sy sal haar kind se geneul oor lekkergoed stopsit deur die kind ’n hele sak lekkers te gee in die hoop dat die ooreet die lekkergoedlus vir altyd sal wegneem

Dalk het hy gedink as hy hot en bles onderhoude toestaan en in elke denkbare radio- en TV-program verskyn, sal die media-aptyt vir “Joost in seksvideo” gestil word.

As jy van nature sinies is, sal jy sê hy wil eintlik maar net sy boek verkoop.

Ek dink darem nie so nie. Hy het my Woensdagaand op kykNET se Kwêla oortuig hy is nogal regtig spyt. Maar dan: Hy moet Amor oortuig, nie vir my nie.

Die arme man, dis ’n maritale Everest wat hy moet uitklim. Maar soos hy self sê, dit was sy eie onnoselheid. Nou moet hy nog net een stappie verder gaan en ophou om dwarsklappe na die media te mik.

Hy het nie net vir Amor gelieg nie, maar ook vir ons. Agt maande lank.

Onthou, as jy bekend is met ’n hoë profiel en jy wil iets doen wat jy nie in die media wil sien nie, moenie dit doen nie. Dis so simpel soos dit.

Want as jy die reëls oortree en jy beland in die media, is dit nie die media se skuld nie, dis net jou eie skuld. En ek sê dit nie omdat ek al 33 jaar ’n koerantman is nie, ek sê dit uit dure ondervinding.

Die media sal daardie stories jag en gebruik, want dit is wat hulle doen. Dis soos om ’n drie te gaan druk as die doellyn skielik voor jou oopgaan. Joost behoort te weet.

Ek wil nie en kan nie vir Joost oordeel nie. Wie kan?

Maar daar is ’n paar lesse wat almal kan leer. Een: As jy ’n fout gemaak het, stel dit dadelik reg. Hoe langer die leuen volgehou word, hoe groter is die skade en hoe moeiliker kom die vergifnis.

Twee: Moenie toesmeer nie. (Lees: Bly weg van Bolhuis). En moet niks doen in die hoop dat jou probleem vanself sal verdwyn nie. Dit sal nie. Dit word net erger.

Oud-pres. Richard Nixon van Amerika is nie primêr gekelder omdat sy knoeiers by die Demokratiese Party se kantoor in die Watergate-gebou ingebreek het nie. Die sonde waarvoor die Amerikaanse volk hom nooit vergewe het nie, is dat hy vir hulle gelieg het oor die sameswering en dit wou toesmeer.

As jy regtig wil, kan jy nog die stomme ou Leonard Chuene van Atletiek Suid-Afrika se storie glo dat hy Caster Semenya probeer beskerm het. Maar sy leuens kan jy nie sluk nie.

Met dit alles gesê, dink ek Joost en Amor verdien ’n blaaskans. Veral sy.

Al is dit albei se beroep om bekend en beroemd te wees, is hulle ook mense van vlees en bloed, geregtig op die ruimte om privaat te wees en hul dinge uit te sorteer.

Dis nie om te sê Beeld gaan niks verder skryf oor Joost en Amor nie. As een of albei nuus maak, gaan ons daaroor berig.

Ja, dit was maar ’n rowwe week met Joost, Jurie en Robbie wat pal op die voorblaaie geboer het. Nie juis die soort prentjie wat ons graag van “onse mense” wil sien en vir ons kinders wil wys nie.

Moet seblief tog nie die koerante blameer nie. Dis soos om vir die spieël kwaad te wees as jy nie hou van wat jy sien nie.

Op vandag se voorblad rol die koppe, by wyse van spreke, van Chuene en die beteuterde Eskom-baas, Jacob Maroga.

Was dit nie vir meedoënlose media-aandag nie, sou dié twee pligsversuimers nou nog daar gesit het. Die koerante wat hul bloedhond-rol hier so goed gespeel het, is ook dié wat so knaend oor Joost geskryf het. Dink gerus daaraan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.