Tim du Plessis

’n Tahrir-plein vir Pretoria ...

2012-01-19 22:29

Tim du Plessis

’n Vreemde stilte heers ná die skoot wat die Tshwane-burgemeester laat verlede jaar oor die boeg gevuur het oor die pleknaam Pretoria.

Mnr. Kgosientso Ramokgopa het in November aangekondig die ANC sál die naam Pretoria in 2012 in die ban doen, maar dit sal “sensitief”? gedoen word.

Seker so “sensitief” soos die gedwonge verskuiwings onder apartheid.

Dis nie moeilik om te verstaan hoekom Pretoria, uit die bloute, weer ’n kwessie gemaak is nie.

Aanvanklik het ek gedink dis maar net nog ’n uitbarsting van die ANC se chroniese wrokkigheid jeens alles Afrikaans.

Maar dit is nie. Dis die politiek van bymotiewe.

Wanneer politici een ding doen in die hoop dit sal ’n effek op ’n ander plek hê.

Dis nie noodwendig altyd kwaadaardig nie.

In 1982 het premier Margaret Thatcher die Falklands-oorlog teen Argentinië ontketen.

Die redding van die sowat 1 500 Britse onderdane op die nuttelose, afgeleë eiland wat die Argentyne ingeneem het, was die verste van haar gemoed toe sy oorlog verklaar.

Nee, sy het daardie oorlog gesien en aangegryp as ’n godgegewe geleentheid om haar beeld as sterkvrou te vestig - in Brittanje en daarbuite.

Want kort ná die Falklands-sege het Thatcher Brittanje se destruktiewe vakbonde gepak en beslissend verslaan.

Daarna het sy en oudpres. Ronald Reagan van die VSA in voorsitterstoele op die wêreldverhoog gesit en kyk hoe die eens gevreesde Sowjet-ryk intuimel. Ystervrou vir altyd - danksy die Falklands-oorlog.

Ramokgopa se aanslag op Pretoria se stadsnaam is ’n kwaadaardige weergawe van dieselfde politiek met bymotiewe.

Dit het niks te doen met die twak dat Pretoria die “bastion” van apartheid was nie.

Dit gaan eerder oor die verterende faksiegevegte in die ANC.

En natuurlik om die aandag af te trek van die nare werklikheid dat Tshwane/Pretoria eintlik maar vrot regeer word.

Begroot ruimskoots om vanjaar baie daarvan te sien. Die leë drankbottels ná die groot paartie in Mangaung is nog nie eens weggesmyt nie en hulle het mekaar reeds aan die strotte beet.

Wat beter dan as die politiek van bymotiewe om die fokus van die faksiegevegte af te trek ... en tog net iets te kry waaroor hulle mekaar nié verskeur nie.

Niks en niemand sal ontsien word nie.

Moontlike teikens: Afrikaanse plekname, Afrikaanse skole en universiteite (wat van hulle oor is), die wit boere, “ongetransformeerde” sportliggame, die sakesektor, “coconuts” en “Westerse imperialisme”.

Hulle gaan almal bygedam word, soos ’n verslete skoolboelie doen wat weet sy skrikbewind wankel.

Ramokgopa moet maar kom met sy fatwa oor Pretoria. Twee jaar voor die volgende verkiesing gaan hy ’n anti-ANC-front in Pretoria in die lewe bring wat sy gal vir hom sal werk.

Dink net hoe die opportunistiese AfriForum gaan baljaar, die rande laat inrol en die lidmaatskap opjaag.

Die VF+ sal ’n broodnodige reddingsboei kry en die DA ’n geleentheid om weer “to bond” met Afrikaanse kiesers.

Om van die media nie te praat nie.

Koerante is altyd op die uitkyk vir ’n saak, ’n veldtog wat hulle kan opneem, wat lesers saamsnoer en verenig rondom die koerant. Hulle noem dit goeie besigheid.

En ingeval iemand nog dink mooipraat met die ANC is beter as verset: Daardie tyd is verby.

Magsug voer nou die botoon in die ANC; nie nasiebou nie. Om Kerkplein Pretoria se Tahrir-plein te maak, is al opsie nou.

Ja, die ANC hét die getalle om die ding deur te moker.

Nes Brittanje die middele gehad het om die Boere ’n nederlaag toe te dien in die Tweede Vryheidsoorlog - een wat oor dekades heen Suid-Afrika se politiek dramaties beïnvloed het.

Want jy kan ’n veldslag wen, maar ’n oorlog verloor ...

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Copywriter

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.