Wilhelm Jordaan

Die omstanders hyg van walging

2010-03-09 22:39

Homo corruptus! wil ’n mens uitroep as jy deur die koerante blaai en byna daagliks berigte lees oor mense wat mag en posisie skandelik vir eie gewin aanwend.

Mense hou nie meer van die woord “sonde” nie. Maar korrupsie – waardeur mag misbruik word om jouself te verryk – is waaragtig ’n sonde teen die mensdom.

Korrupsie kom egter nooit alleen nie. Dit lê sy aan sy met die sogenoemde “sewe doodsondes”: hebsug, hoogmoed, afguns, woede, luiheid, vraatsug en wellus. Kyk maar hoe voed hulle mekaar oor en weer in ons kontrei:

Korrupsie word aangedryf deur hebsug – die begeerte om méér en nog méér te hê. Die ou versoberende identiteitspreuk: Ek dink, daarom is ek, is nóú: Ek versamel, daarom is ek.

Voeg hierby hoogmoed en die versameldrif duur voort in die trant van: Dit wat ék besit, plaas my ’n paar trappies hoër as ander. Kyk hoe blink ek en my motor!

Dít laat die vuurtjies van korrupsie opnuut opvlam by diegene wat die groen draak van afguns vertroetel: Ons het (nog) nie wat hulle het nie! Vryf dan die handjies en kyk grootoog rond na nog dinge wat gevat kan word.

Saam wek hoogmoed en afguns ook woede. Woede by dié wat nie vinnig genoeg kan inoes nie en woede by dié wat vir alles agter in die tou moet staan en aangewys is op beloftes én wag en wag en nog wag ...

Daarmee glip luiheid soos ’n dief in die nag by die agterdeur in. Daar is mos makliker en vinniger maniere om te versamel en glansryk te leef.

Wie kan nou werklik vorder en lekker leef volgens ’n werk-etiek wat praat van harde werk, geduld, spaar­samigheid, selfdissipline, vaardigheidsverwerwing, kennisverbetering en dienslewering aan ander?

So gaan dit jollie-patrollie voort ter wille van ’n sinsgenietende leefstyl. En daarmee stap vraatsug en wellus hand om die lyf by die voordeur in.

Soos Jan Rabie dit beskryf in die makabere verhaal “Drie kaalkoppe eet tesame”:

“(Hulle) swaai op en af in die woeste vaart van hul eet. En terwyl hulle al vinniger eet, kwylend van ongeduld, gebeur ’n vreemde ding: sodra ’n nuwe bord voor hulle neergesit word, neem die inhoud daarvan menslike vorms aan ... Die omstanders hyg van walging, maar die drie kaalkoppe gewaar niks daarvan nie ...

“Hulle eet met ontstellende wellus, en vergeet selfs om die strome vet wat van hulle wange loop af te vee. Hulle gun hulleself geen verposing tussen elke stuk mensvlees nie ...”

Daarmee, meteens, weet ’n mens wat die allesvretende monster homo corruptus beteken: Die mens wat, volgens die oorspronklike Latynse woord, “breek en vernietig”.

Wat vernietig word, is mense se reg op menswaardigheid en die hoop op ’n beter lewe. En saam daarmee skeur die laaste vesels van ’n samelewing se etiese weefsel.

In ’n skildery, Ixion se val, beeld Cornelis van Haarlem (1562-1638) ’n drastiese “oplossing” uit: As simbool van korrupsie en sewemalige sondigheid tuimel ’n groteske, naakte vet man met angsgevulde oë al skreeuend ’n vlammeruimte in.

Dít na aanleiding van koning Ixion, ’n opperste skurk en wellusteling in die Griekse mitologie. Hy kry van Zeus ’n laaste vergunning om tot inkeer te kom, maar slaan dit in die wind en gaan wellustig aan.

As straf laat Zeus hom vasbind aan ’n wiel van vuur en verdoem hom tot ’n ewige wentelgang in die vlammende Onderwêreld.

Ons leef egter nie in ’n goderyk van maklike en wrede oplossings nie.

Te midde van ’n onbeholpe, koers­lose owerheid wat (self-)vernietigend voortstrompel sonder krag of die wil om op te tree, lê die oplossing in onsself – in landsburgers se kollektiewe verset teen elke doodsondige versuim en vergryp. 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.