Wilhelm Jordaan

Die soort lof wat ’n kind se siel kan verhef

2012-01-24 21:41

Wilhelm Jordaan

Die laaste tyd is duisende skoolbeginnertjies “hok toe”, soos Trompie Toerien en sy Kwaggaberg-maters (Rooies, Blikkies en Dawie) graag met deurleefde gelatenheid gesê het.

En duisende ouers het kommer oor wat die “hok” vir hul kinders inhou.

Sal die kinders goeie, lewensvormende onderwys ontvang; sal hulle presteer; en sal hulle gelukkig wees?

Hoe ’n kind se skooljare verloop, het baie te doen met ouers se drome en verwagtings.

Dié dinge hoort tot die hart van ouerskap en het hoë motiveringswaarde.

Tog kan dit kinders op baie maniere verniel, juis omdat ons wêreld so onkrities gefokus is op die spektakulêre en die buitengewone – in die vorm van die verste, die hoogste, die meeste, die rykste, die slimste.

So gebeur dit dan dat ouers via die kind se prestasies prestige en aansien wil verwerf – sodat die slim kind wat so goed vaar eintlik vertel hoe slim en voortreflik die ouers is.

Daaruit kom van vroeg af die tragedie van ’n gevaarlike kompetisiekultus.

Subtiel en minder subtiel kry kinders die boodskap dat hulle móét presteer soos die vriende of kollegas se kinders presteer.

Die verwysingspunt is “die ander” – nie die kind self nie.

’n Dubbele tragedie volg wanneer sulke misplaaste drome en verwagtings ook die septer swaai in die ouer-kind-verhouding.

Soos wanneer prestasie, volgens ouerlike verwagtings, ’n voorwaarde word vir ouers se lof vir en liefdesbetuiging teenoor ’n kind. In die trant van: “Net as jy presteer soos ons dit verlang, verdien jy ons liefde en agting.”

So berekend blatant doen ouers dit natuurlik nie, maar in hul ywer om seker te maak dat die kind “’n wenner” is, word subtiele soorte verwerpings deel van die ouer-kind-verhouding.

Tot skade van die verhouding en die kind se moontlik sluimerende, andersoortige poten­siaal.

Daarom is dit noodsaaklik dat ouers alles doen om ’n realistiese raming van ’n kind se vermoë en talente te kry.

En as jy dít weet, werk daarmee en nie met die maaksels van verbeelding nie. Om dít te doen, is om jou kind te aanvaar soos hy of sy is. Dan werk jy met wat jy het en jy het onvoorwaardelik lief wat jy het.

Dié aanvaarding help om, saam met jou kind, spesifieke mikpunte te stel – in die vorm van realistiese verwagtings en uitdagings waarop die kind, namate selfvertroue en vaardigheid groei, kan verbeter.

Groter selfvertroue en vaardigheid gedy waar ouers én onderwysers bereid is om die mededingende pretasiekultus te besweer – deur sagter om te gaan met ’n kind se mislukkings, minder foutbehep te wees en die klem te laat val op dit wat die kind goed kan doen of regkry.

Want om iemand te loof vir wat hy of sy ís en bereik, hoe gering dit ook al lyk, is ’n sielsverheffende belewenis – vir die een wat loof én die een wat lof ontvang.

Soos ’n kers wat helder brand waar dit donker geword het.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.