Wilhelm Jordaan

Die tongpunt waar aards en goddelik een is

2012-02-07 22:35

Wilhelm Jordaan

Dis ’n jaarlikse ritueel dié – hoe Valentynsdag se bemarkers woeker en smous met die eeue oue verband tussen kos en liefde.

Daarvan getuig die horde Valentynsdinees met die belofte dat goedgekose kos die smaaksintuig sal oorrompel en liefdespassie blosend hygend hert sal opwek.

Alles so saam met dowwe kerslig, soet sjokolade, rooi rose, die boeket van wyn en strelende musiek.

Dié verband kom al eeue lank met ons saam. So byvoorbeeld vertel die kunste die verhaal van geliefdes se aptyt vir mekaar; dat hulle mekaar wil verslind en opeet van liefde.

In Henry Fielding se Tom Jones is daar skreeusnaakse, eroties gelade tonele waarin die “fair warrior” (Mrs. Waters) met haar “volle amoreuse artillerie” tydens ’n ete poog om die held (Tom Jones) se hart te verower.

En hoe het hulle nie saam geswig nie! Soos die gelyknamige 1963-fliek gewys het toe hulle gulsig aan hoenderdytjies gesmul het; met hul oë blink, vasgenael op mekaar.

Isabel Allende se boek Afrodita is gewy aan die erotiese verband tussen kos en liefde.

Meer verstandig moet mens vra of kos en liefdespassie inderdaad saamhang.

Die Amerikaanse regering reken “daar is geen wetenskaplike bewys dat enige soort kos die libido verhoog nie”.

So, nou weet ons die anekdotes oor die erotiese prikkelwaarde van kos is praatjies vir die vaak.

Seekos, (liefdes)appels, aarbeie, granate, sjokolade, truffels, neute en speserye doen nie die liefdesdinge vír jou nie.

Sal mens dan maar liewer konsentreer op liggaamsorg, kalorietellings en gesonde goeters in kos? En op Valentynsdag die geliefde verlei met:

“My lief, kry ’n bietjie van die omega 3 saam met ’n knertsie visolie en ’n happie kelp. En wat van ’n antioksidant, magnesium met stadige vrystelling en ’n hand vol vitamiene?”

Ja, ter wille van die gesondheid, maar duisend maal nee ter wille van die liefde!

Want die verband tussen kos en liefde, hoe onbewysbaar ook al, is ’n feesviering van die mens op sy simboolmakende beste; dat ons die hooglied van passievolle liefde goed genoeg begryp om elke greintjie en krieseltjie lewens­inhoud daarmee in verband te bring – insluitend geure, kleure, vorm en teksture. Alles saam die wulpsheid en wellustigheid van kos.

Valentynsdag is weliswaar ’n kommersiële uitbuiting daarvan, maar bevestig terselfdertyd durende liefde tussen liefdesmaats het “voeding nodig – in die altyd skommelende bestanddele (bestande dele) van passie, vriendskap en toewyding aan mekaar”.

Daarom kan mens maar op Valentynsdag gaan uiteet in afwagting van ’n nagereg, of tuis bly en saam met die geliefde geregte (én nageregte) voorberei.

Want om in liefde saam te eet, is mos ’n soort geestelike ritueel waardeur dit wat aards is en dit wat goddelik is mekaar ontmoet in die lyf se spraak en in die siel se taal.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.