Wilhelm Jordaan

Nogmaals: dis nie wetenskap óf godsdiens

2012-02-21 22:34

Met ’n berig en briewe in Beeld (16 en 20 Februarie) debatteer ons al weer godsdiens en wetenskap.

Prof. Danie Veldsman, teoloog aan UP, sê byvoorbeeld in dié debat is dikwels “onkantspel” – deur teologiese en wetenskaplike fundamentaliste wat reken hul onderskeie vakgebiede spreek die laaste woord oor alles wat is.

Miskien help dit om fluitjie te blaas vir rustyd! In dié trant: Wetenskap en godsdiens hoort nie op dieselfde speelveld nie. Hou hulle dus uitmekaar, maar met die veronderstelling hulle hoef nie in konflik te wees nie.

Soos die evolusionêre bioloog Stephen Jay Gould (1941-2002) te kenne gee in Rocks of Ages: Science and Religion in the Fullness of Life.

Volgens dié benadering versamel die wetenskap feitelike kennis en formuleer teorieë oor die natuurlike wêreld. En toets voortdurend teorieë in ag genome nuwe feite.

Evolusie en die ouderdom van die aarde is voorbeelde daarvan.

Gelowiges kan dit met verrukking en verwondering aanvaar as wetenskaplike waarheid wat aangevul en gewysig word soos wat kennis toeneem.

Godsdiens vra egter ander vrae. Nie byvoorbeeld hoe oud die aarde is nie (dit is ’n wetenskaplike vraag), maar vrae soos: Waarom is daar iets pleks van niks? Waarom en waartoe die mens?

Dit het te make met betekenis en singewing – ’n menslike impuls nét so sterk as die wetenskaps­begeerte om steeds meer van die natuurlike wêreld te weet.

Daarom vertel mense stories om geloofs- en lewenswaarhede uit te druk en te ervaar, byvoorbeeld Bybel-stories, Koran-stories en Talmoed-stories. Daarvolgens kan ’n mens dan met oortuiging sê: Ek glo in ’n God omdat dit sin gee aan my bestaan, want dit is vir my die beste antwoord op lewensvrae.

So word ten minste twee dinge ontoelaatbaar in die debat godsdiens en wetenskap:
Eerstens kan jy nie wetenskaplike feite ontken of verdraai en jou geloofsinhoude as ’n alternatief aanbied nie.

Dit is juis wat sommige kreasioniste, aanhangers van “intelligente ontwerp” en ander godsdienstige fundamentalismes doen.

Só byvoorbeeld is dit sinloos om vol te hou die aarde is 6 000 jaar oud, of om te sê die Bybelse skeppingsverhaal is op sigself versoenbaar met evolusie as God se skeppingsmetode.

En dit is ewe sinloos om “natuurlike” siektes se ontstaan, verloop en genesing (en sterftes) toe te skryf aan die wil van God.

Tweedens kan wetenskaplike waarheid nie gebruik word om mense se behoefte aan singewing en lewensbetekenis as onsinnig af te maak nie.

Dit kom neer op wetenskaplike fundamentalisme wat reken die mens se sinsoekende vrae kan nét beoordeel word volgens die wetenskap se toetsstene en bewysreëls. Dit is dwaasheid.

Wetenskaplike en godsdienstige fundamentalisme is ewe onhoudbaar en ewe lewensverskralend.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.