Ali se legendariese afrigter dood

2012-02-02 12:20

TAMPA. - Angelo Dundee, die briljante motiveerder van boks-grotes soos Muhammad Ali en Sugar Ray Leonard, is Woensdag hier in die ouderdom van 90 jaar dood.

Dundee was veral daarvoor bekend dat hy byna regdeur Ali se loopbaan in dié swaargewig-legende se hoek was.

Maar die boksgemeenskap het Dundee ook geken as 'n ambassadeur vir die sport en 'n man met integriteit in 'n sportsoort wat dikwels 'n gebrek daaraan gehad het.

Sy seun, Jimmy, sê Dundee se familie was langs sy pa se sterfbed.

Dundee kon darem Ali se 70ste verjaardagpartytjie verlede maand in Louisville, Kentucky bywoon.

"Dit is soos hy wou sterf," het Jimmy Dundee gesê. "Hy het alles gedoen wat hy wou."

Hy het gesê sy pa is verlede week weens 'n bloedklont in die hospitaal opgeneem. Hy was daarna vir 'n kort rukkie in 'n rehabilitasiesentrum voordat hy na sy woonstel teruggekeer het.

"Hy het goed herstel, maar gister het hy asemhalingsprobleme ondervind. Ons het ons almal daarheen gehaas. Al die kleinkinders was daar. Hy wou nie stadig sterf nie," het sy seun gesê.

"Hy was die hele pakket," het die promotor Bob Arum gesê.

"Angelo was die grootste motiveerder van alle tye. Maak nie saak hoe sleg dit gegaan het nie, Angelo het dinge altyd in 'n positiewe lig gestel. Dít is waarvan Ali veral gehou het."

Arum sê dit was Dundee wat Ali oorreed het om vas te byt in sy derde geveg teen Joe Frazier in die sogenaamde Thrilla in Manilla.

Sonder Dundee, het Arum gesê, sou Ali dalk nie die krag gehad het om Frazier te klop nie.

Dundee was ook in Leonard se hoek in sy geveg in 1981 teen Tommy Hearns. Toe Leonard noustrop getrek het, het Dundee aan hom geskree: "Jy smyt dit weg, ou seun. Jy smyt dit weg."

Leonard het eindelik met 'n uitklophou gewen. - Sapa-AP

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.