Cheyne laat sy studies staan vir Spele

2012-01-30 21:27

PRETORIA. – Cheyne Rahme is so ernstig oor sy deelname aan die Olimpiese Spele in Londen dat hy sy handboeke vir ’n jaar gaan wegpak sodat hy net op paalspring kan fokus.

Hy het ook in November die stof van Johannesburg van sy voete geskud sodat hy in Stellenbosch onder Joep Loots kan oefen.

Dit was Loots wat Okkert Brits destyds gehelp het om op ’n hoogte van 6 m te slaag.

Rahme het twee jaar gelede in Germiston op 5.50 oor die dwarslat geseil.

Dié vertoning het beteken dat hy nie net sy eie SA ju­nior rekord (5.47) verbeter het nie, maar ook die vyfde Suid-Afrikaner geword het wat 5.50 spring.

Brits (6.03 – 1995), Riaan Botha (5.91 – 1997), Fanie Jacobs (5.60 – 2003) en Pieter Brits (5.50 – 1997) is die ander vier lede van dié uitgelese klub.

Verlede jaar het Rahme ’n sukkel-seisoen beleef. Sy beste hoogte was maar ’n beskeie 5.43.

Dit was volgens Rahme die wekroep wat hy nodig gehad het.

“Ek het besef ek sal iets drasties moet doen as ek wil verbeter. Dis goed en wel om 5.50 te spring, maar in internasionale atletiek beteken dit absoluut niks nie.”

Verlede jaar het altesame 22 paalspringers hoër as die Olimpiese kwalifiserende A-vereiste van 5.72 gespring.

“Vir my is dit ononderhandelbaar. Ek moet doodeenvoudig dié seisoen 5.72 spring. As ek dit nie regkry nie, sal ek ’n groot besluit oor my atletiektoekoms moet neem,” het Rahme gesê.

“Ek is versigtig optimisties dat ek dit wel sal regkry. Ek het vir die eerste keer ’n goeie winterseisoen agter die rug en is beslis sterker en fikser as voorheen.”.

Volgens Rahme is daar ’n kans dat hy volgende maand aan die Europese binnenshuise seisoen kan deelneem.

“Dit sal goeie voorbereiding vir die Spele (in Julie en Augustus) wees.”

Die plan is dat Rahme gisteraand in Stellenbosch aan ’n klein byeenkoms sou deelneem sodat hy ’n hoogte aan die organiseerders van Europese byeenkomste kan stuur.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Solutions Consultant

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
Market Related

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.