Daly laat sy stokke ’n slag praatwerk doen

2012-02-02 21:44

John Daly: slordig, maar tussen die voorlopers. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Gholf se stoutste seun, John Daly, het die horlosie gister in Doha teruggedraai en die eerste ronde van die Katar-meesterstoernooi een hou agter die voorloper afgesluit.

Daly – wat agt jaar laas ’n toernooi gewen het en meer in die nuus was vir sy egskeidings of sy gewoonte om in die middel van ’n rondte die handdoek in te gooi – het gister ’n foutlose 67 (vyf houe minder as die baansyfer) aangeteken.

Hy is net een hou agter die Spanjaard Gonzalo Fernandez-Castaño.

Daly was lank die klubhuis-voorloper, ná ’n oggend waar die wind die spelers heelwat frustreer het.

“Dis een van die beste rondtes wat ek nog ooit in sulke wind gespeel het,” het Daly aan die Europese reeks se media-afdeling gesê.

“Jy voel of jy vreeslik baie sand eet – dit was brutaal. Ek is eintlik nogal geskok oor my vertoning.

“Ek was vyf en ’n half weke af en het nie veel aan my gholfstokke geraak nie.”

Dié 45-jarige Amerikaner se rondte het vyf voëltjies ingesluit.

Sy bofhoue was klokslag verder as 300 meter en net drie keer het die bal nie op die skoonveld beland nie.

Hy het ook net drie keer nie die setperk in regulasie-houe bereik nie. Daarby het hy 28 keer geset.

Fernandez-Castaño het in selfs taaier toestande as Daly gespeel, midde-in ’n woestynstorm, maar het geweier om hom daardeur te laat onderkry.

Sy rondte het ’n merkwaardige nege voëltjies (afgewissel met drie brouhoue) ingesluit, waaronder voëltjies op vier van die laaste vyf putjies.

Die Rustenburger James Kingston en die Pretorianer George Coetzee, het die beste van die Suid-Afrikaners gevaar met rondtes van 70.

Daar was min skouspelagtige spel in Kingston se rondte, wat agtereenvolgende voëltjies op die vierde en vyfde putjies en syfers op die 16 ander putjies ingesluit het.

Hy het hopelik die swak peil wat hom in die Suid-Afrikaanse somer drie uit vier afsnypunte laat misloop het, nou afgeskud.

Jaco van Zyl is ’n verdere hou terug en Retief Goosen, wat vyf jaar gelede in Katar sy laaste Europese titel gewen het, het ’n 73 (+1) op sy telkaart ingevul.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.