Dis nou jou tyd, hoor Azarenka

2012-01-29 21:34

Die kampioen van die Australiese Ope, Victoria Azarenka van Belarus, spog Saterdag met haar trofee in Melbourne.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

MELBOURNE. – Belarus se triomferende tennisster, Victoria Azarenka, het in ongeloof op haar knieë neergesak toe sy Saterdag haar eerste Grand Slam-enkelspeltitel gewen het.

Dit was ’n eensydige vroue-eindstryd hier in die Australiese Ope. Die 22-jarige Azarenka het die Rus Maria Sharapova in 82 minute met 6-3, 6-0 verniel.

Wanneer die nuwe wêreldranglys vandag bekend gemaak word, sal Azarenka se oorheersing van die Australiese Ope duidelik weerspieël word.

Sy sal die nommereen-posisie by Denemarke se Caroline Wozniacki oorneem.

Die eindstryd is vooraf bestempel as die stryd tussen die twee groot lawaaimakers wat oorverdowend kreun wanneer hulle houe slaan.

Gedurende die toernooi het die toeskouers Azarenka ’n moeilike tyd oor haar gesteun en -kreun gegee. Sy het egter hul guns met haar spel gewen.

Toe die oorwinning beklink is, het sy op haar knieë neergeval, na die skare gedraai en gevra: “Wat het gebeur, ek weet nie wat aangaan nie?”

Sy het toe haar afrigter, Sam Sumyk, ’n drukkie gaan gee. “Dit is nou jou tyd,” het hy vir haar gesê.

Azarenka het die wedstryd op ’n koel aand nie goed begin nie en was gou met 0-2 agter. Sy het met geen ritme in haar spel nie weggespring.

Daarna het sy egter stewige spel opgedis om 12 van die volgende 13 potte te wen.

Sharapova het in dié tydperk al hoe meer ongedwonge foute begin begaan. Sy het met haar grondhoue en wankelrige afslane gesukkel.

Sy kon Azarenka nooit weer in die kragmeting onder druk plaas nie.

Sharapova sou die voorste posisie op die wêreldranglys vir die eerste keer sedert 2008 ingeneem het as sy gewen het. Sy skuif wel nog op tot die derde plek.

Leander Paes en Radek Stepanek het die mans-dubbelspeltitel gewen deur die gunsteling-kombinasie van die tweeling-broers, Bob en Mike, in die eindstryd te klop.

Die telling was 7-6, 6-2.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.